ZINIO logo

Die Tuinier Tydskrif June 2021

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
SPECIAL: Save 20% on your subscription!
R 37
R 250R 200
12 Issues

in this issue

2 min
welkom

Êrens op my tuinmaakreis het ek bekend geraak as die “Hater van Rose”… Kom nou, voor julle almal hardop se: “Ja, ek het dit ook al gehoor,” moet ek vir julle ʼn storietjie vertel: Hier gaan ons: Baie baie mane gelede in my grootwordjare was daar duidelik afgebakende tuingebiede wat aan my ma en aan my pa behoort het. Daar was ʼn onsigbare lyn wat sekere tuinareas sodanig geskei het dat ons sou se: “Ma is in haar tuin”, “Pa is by sy groente”, en so meer. Natuurlik het ons tyd saam met hulle albei in hul onderskeie gebiede deurgebring, veral as ons ʼn dringende antwoord wou he op die vraag: “Wat’s vir aandeteʼn” Dit het in elk geval die grondslag gele vir dit wat ons geleer het om voor lief…

f0001-01
1 min
weelderige leliegrasse

Liriopes, wat algemeen as leliegras bekend staan, is immergroen blomplante wat dik polle grasagtige loof maak. Hulle is unieke grondbedekkers wat gelukkig die grond met hul vlesige wortels bind en ewe fleurig in volson of skadu groei. Liriopes groei in die meeste gematigde klimaatstreke en vaar redelik goed in warm, vogtige subtropiese streke. Hulle is ook bestand teen taamlik baie koue en ryp. Dit maak nie saak in watter grondsoort hulle geplant word nie solank dit met ruim hoeveelhede kompos en beenmeel verryk word om die vlesige wortels te voed. Waterbehoeftes is matig en kort droogtetye sal nie groot skade aanrig nie omdat die dik wortels water kan berg. Plant dit in groot plate in son of skadu en voed twee maal gedurende die somermaande met ʼn algemene misstof. Verdeel…

f0004-01
4 min
tuinmark

Hellebore Helde Jy sal jou pa nooit vergeet nie. Bederf hom hierdie Vadersdag met iets wat hy nooit sal vergeet nie – ʼn pragtige Hellebore! Hellebore het dit alles: Dis immergroen meerjarige plante, is maklik om te kweek, gehard en blom in die winter. Die groot variasie van blomme in asemrowende kleure sluit in spoggerige kartels, eksotiese spikkels, strepe, kolle en fyn beaarde kroonblare. Hellebore blomme kom voor in enkel, dubbel of anemoon vorm blomme, en die kleure wissel van spierwit, skakerings en tinte van pienk, geel, rooi en verruklike pruimpers, silwerswart en selfs appelgroen! Hellebores is geskik vir potte sowel as direk in die grond. In Suid-Afrika blom die Hellebore-hibriede (orientalis) oorvloediglik vir sowat drie maande van Julie tot September. Hierdie meerjarige plante word dikwels as die “koningin van die winter blomme”…

f0006-02
4 min
sielstuin

KORTLIKS: Tuingrootte: 1 ha Tuinstyl: Eklekties Suid-Afrikaans Grondsoort: Ouklip en klei met kolle graniet en kwarts Ontwerper: Donovan Robinson, landskapargitek van Nature and Beyond Toe Donovan en Leon hul kleinhoewe koop in Mnandi, wat “lekker”, “soet” en “aangenaam” in isiZulu beteken, was daar slegs veld op die eiendom. “Ons het gras gehad wat letterlik tot by die huis gegroei het en net twee bome, ʼn Searsia lancea (karee) wat deur weerlig raakgeslaan is maar oorleef het en een klein stokkie wat ʼn akasia geword het,” glimlag Donovan. Die Ontwerp Die landskapargitek in Donovan was hoegenaamd nie geintimideer deur die enorme taak voor hom nie. Hy het hom eerder verlustig in die oop doek wat voor hom gele het. “Ek het op Vrouedag in 2016 binne minute die ontwerp gekry, en ons bou sedertdien steeds daarop…

f0008-01
4 min
verklein blaargrootte

Een van die belangrike aspekte van die skep van mooi bonsai is die verkleining van die blaargrootte. Dit is heel maklik om in te sien dat die voorkoms van ʼn miniatuurboompie verbeter word deur die aanwesigheid van kleiner, talryker blare eerder as ʼn paar groot blare. Dit is ook voordeliger vir die boom om talryke kleiner blare eerder as ʼn paar groot blare te he omdat dit minder vog sal verloor met veel kleiner blaartjies. Ook, as van die blare deur diere of insekte gevreet word, sal daar steeds genoeg oor wees vir die plant om te oorleef. Trouens, een van die sleutelbenaderings om blaargrootte te verminder is om die afvreet van blare deur diere na te boots. Die natuur produseer oorvloedig, wat daartoe lei dat as ʼn paar blare van…

f0016-01
2 min
maak jou grond weer natuurlik wild

Een van die stylgiere vir 2021 is om grond weer wild te maak en daar word baie gegons oor hoe om dit aan te pak (die artikel hierna het ʼn paar idees hieroor). Sommige kundiges beweer dat dit selfs belangriker is om die grond weer wild te maak as om die grond (“land” in Engels) self te laat herstel. Ons kan begryp dat ons deur die vernietiging van ongerepte wildernis soos reenwoude vir monokultuurboerdery biodiversiteit verloor het en die grond in so ʼn mate uitgeput het dat ʼn wereldwye verskuiwing in vernuwende boerderymetodes noodsaaklik is om grondbiologie te herstel. Trouens, wetenskaplikes voorspel dat ons minder as 50 oeste oor het voor grondvrugbaarheid sulke uiters lae vlakke bereik dat toekomstige oeste in gevaar is, en dit sal vanselfsprekend voedselsekuriteit wereldwyd beinvloed. Dis…

f0017-01