ZINIO logo

Die Tuinier Tydskrif July 2021

Die Tuinier Tydskrif verskyn maandeliks landswyd en is daaraan toegewy om tuiniers te inspireer deur praktiese raad te gee en tuinprojekte stap vir stap te wys. Ons maandartikels sluit in tuinontwerp, diepteplantartikels, die kweek van groente en kruie, watertuinmaak, tuinwildlewe en troeteldiere, spesialisplantartikels en veel meer. Ons het ‘n omvattende databasis op ons webwerf wat daagliks groei.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Lonehill Trading (PTY) LTD
Frequency:
Monthly
R 37
R 250
12 Issues

in this issue

3 min
welkom

Vroeg in Mei sit ons op die stoep na ‘n lang maar heerlike en vuil dag in die tuin. Al die aanplanting en laaste voorbereidings vir die Kloof-bewaararea Oop Tuine was op tyd, en ek sou my laaste paar plantjies die Sondag insit. Volgens my planne het ons dus ʼn volle maand gehad om te kyk hoe alles groei en om bloot uit te knyp en in te stop waar dit nodig is. Wel, en hoe verkeerd was ek toe nie! Moeder Natuur kan selfs die grootste planne in die wereld binne net 25 minute laat ontspoor … ʼn Ontsaglike donderstorm het van die see af ingekom en die reen het begin val. Soos altyd was ons verheug oor die reen, maar toe hoor ons die kenmerkende klonk en toe nog…

f0001-01
1 min
mooi tussen die ander!

Leucadendron ‘Cream Delight’ Hierdie hibried van L. salignum is ʼn kompakte middelgroot struik met ʼn volwasse grootte van ongeveer 2 m by 1 m. Stewige maroen stingels dra roomkleurige keels met ʼn sweempie pienk aan die punte in Julie en Augustus. ʼn Wonderlike snyblom. Aulax ‘Bronze Haze’ Die varieteit van A. cancellata groei tot 2 m hoog en 1,5 m wyd en kry ʼn skouspelagtige diepbrons loofkleur in die herfs en winter. Veeragtige heldergeel blomme verskyn vroeglente. ʼn Wonderlike snyblom. Leucospermum ‘Sweet Lucy’ Die varieteit van L. bolusii word tot 1 m hoog en wyd. Hierdie soetgeurige klein struikie lok voels en heuningbye en sal perfek in ʼn pot groei. Blomknoppe is in donkerpienk skutblare gehul en ontvou in die lente in trosse piepklein roomwit blommetjies. Geurig op koel aande. Ons drietal mengplante verdra volson, ligte…

f0004-01
5 min
prag in die berge

KORTLIKS: Waar: Kokstad Grootte: 4000m2 Grond: Skalie Ontwerper: Eienaar As jy ʼn tuinier in die omgewing is, het jy beslis al iets gekry by Glynis Smith, wat aan haar vriende bekend is as “Glyni” of bloot “Glyn”. Ek het menige namiddae al die voorreg gehad om in hierdie toevlugsoord deur te bring en koppies koffie te drink op die stoep wat uitkyk op berg Currie en die weidende skape wat wederhelf, Geoff, se passie is. Om in hierdie gebied ʼn tuin van 4 000 vierkante meter te onderhou, is geen geringe prestasie as die elemente in ag geneem word nie, en dis moeilik om te glo dat die goed gevestigde tuin slegs nege jaar oud is. Kokstad is bekend vir sy droe winters met moredou wat in ryp verander en sneeu af en toe. In die…

f0006-01
4 min
plaveiselontwerp is ’n kuns

Hier is ʼn paar sleuteloorwegings: Prakties – Is dit byvoorbeeld prakties om ʼn steil helling te plavei, of moet dit eerder ʼn terras wees? Watter verskil sal dit maak as daar vir ʼn bepaalde gebied keistene bo groot plaveistene gekies word? Moet die plaveistene glyvas wees, of maak dit nie saak nie? Kan die sny van plaveistene tot so min moontlik beperk word deur die afmetings in veelvoude van die plaveisteengrootte te ontwerp? In watter rigting moet stormwater van die geplaveide oppervlak gelei word as waterafloop oorweeg word? Kan grasplaveistene as keuse gebruik word, en is dit sinvol as die doel oorweeg word en ook uit ʼn waterslim oogpunt? Doel – Gaan daar oor die geplaveide gebied gery of geloop word, of gaan dit as onthaalruimte gebruik word? Is dit bloot esteties…

f0014-01
5 min
dwerg-aalwyne

As jy opgewonde is oor om vetplante te begin versamel wat meestal inheems op ons vasteland is, waarom nie al die dwergaalwyne kies wat maklik op die kommersiele plantmark te kry is nie? Ons is geseen met die allerbeste plaaslike planttelers wat passievol is oor aalwyne, van die grotes en statiges tot die werklike ou piepkleintjies. Uit hul vakkundige kennis en vlugge vingers ontstaan die mooiste klein aalwynhibriede en-seleksies vir versamelaars en diegene wat net in potte of in baie beperkte ruimte kan tuinmaak. Aalwynspesies is van nature uiters taai en vergewensgesinde vetplante wat min sorg verlang, maar moderne tuiniers vereis ʼn bietjie meer van hul plante, waaraan aalwyntelers aandag gegee het. Hulle het vinnig groeiende dwerghibriede met meer as een blomtyd in skouspelagtige oorvloed, mooi en interessante loof en beter siektebestandheid…

f0020-01
1 min
mini-aalwyn-tuin

Jy het nodig • ʼn Lae ronde bak• Stukke terracottapotskerwe of klippe• Vetplantpotmedium (Maak jou eie deur 60% potgrond, 10% akadama*, 10% fyn silikasand, 10% growwe gruis en 10% organiese misstof soos Atlantic Bio Ocean saam te meng.)• Groot klippe of klippies• Siergruis• Aalwyne (Ons het die volgende aalwyne gebruik.) ‘Twice as Nice’, ‘Spotty’, ‘Pink Blush’, ‘Tuffy var SP128 GA’, Aloe descoingsii, Aloe juvenna.• Sit klippe of stukke potskerwe oor die pot se dreineergat en maak dit halfpad vol grond.• Plant die grootste aalwyn uitmiddelpuntig en groepeer die kleiner aalwyne in groepe rondom.• Vul tussenin op met grond en druk vas.• Sit groot klippe of klippies in openinge om ʼn natuurlike landskap na te boots en rond dit af deur die grond met siergruis te bedek.• Maak goed nat en sit…

f0026-01