menu
shopping_cart
SARIE

MOND VOL LEKKER

Foto’s Donna Lewis

Spek-en-pap-balle

Maak sommer baie hiervan en hou dit in GLAD se Zip Seal-sakkies in jou vrieskas. Jy kan die balle net so gevries in warm olie braai tot dit gaar is en voorsit met mosterd.

genoeg vir 24

45 ml olyfolie
250 g-pak gekapte spek
2 liter hoenderaftreksel
500 g (590 ml) wit mieliemeel
70 g (250 ml) parmesaankaas, gerasper
1 takkie roosmaryn, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
3 groot GLAD Zip Seal-sakkies
250 ml koekmeel
4 eiers, geklits
250 ml fyn broodkrummels
olie vir diepbraai

Verhit olyfolie tot warm in groot pot. Braai spek so 3-5 minute tot goudbruin. Skep spek uit pot en hou eenkant. Bring aftreksel tot kookpunt in dieselfde pot as gebraaide spek. Voeg mieliemeel by terwyl jy met houtlepel roer. Verlaag hitte en roer tot pap gaar is, so 8-10 minute. Voeg parmesaan, roosmaryn, gebraaide spek, sout en peper by en meng. Spuit ’n bakplaat van 30 x 20 cm met kleefwerende kossproei. Skep pap op bakplaat en smeer gelyk (sodat dit nie dikker as 1,5 cm is nie). Laat stol in yskas. Skep lepels vol van gestolde pap en rol in balle so groot soos jy verkies. Plaas koekmeel, eier en broodkrummels afsonderlik in groot

GLAD Zip Seal -sakkies. Plaas gerolde balle eers in meelsakkie, maak sakkie toe en skud rond. Haal balle uit meel en plaas in eiersakkie. Skud weer rond. Plaas balle laaste in krummelsakkie. Verhit olie in skoon pot tot warm en diepbraai balle tot goudbruin en bros. Sit warm voor met mosterd.

help