EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Business & Finance
Finweek - AfrikaansFinweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans

23 May 2019

Finweek is Suid-Afrika se voorste finansiële weeklikse tydskrif wat hom op belegging toespits. Met sy lewendige, kreatiewe en gesaghebbende ontleding van sake- en beleggingskwessies is dit ’n noodsaaklike sakemiddel in die daaglikse stryd om mededingende voordeel. Vandag se besluitnemers moet meer druk op hul tyd kan verwerk en daar word nou meer as ooit van hulle verwag om suksesvol te wees, ongeag feller mededinging. Finweek bied relevante inligting in vinnig verteerbare porsies, met bekroonde beleggingsadvies as die nagereg.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
R24,16
SUBSCRIBE
R511,89
25 Issues

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
die redakteur sê

president Cyril Ramaphosa is na berig word ’n glas-is-half-vol soort mens.Terwyl dié uitgawe op 15 Mei persklaar gemaak is, het hy ’n uiters ontspanne (en reguit) gesprekgevoer byGoldman Sachs se beleggingskonferensie in Johannesburg. Hy het nie van moeilike onderwerpe weggeskram nie. Hy het kwaai kritiekop staatsondernemings geleweren gesê hoe dringend dit is om hulle reg te ruk. Hy het spitsvondige grappe gemaak. Hy het gepraat oor privatisering, visumregulasies en die “oopstel van die land”. Hy het erken dat die regulatoriese omgewing, “ongelukkig”, sakebedrywighede aan bande lê.Hy het oor die grondkwessie gepraat. Ramaphosa het al voorheen daarna as “die erfsonde” verwys en herhaal dat dit opgelos moet word. Hy het egter beklemtoon: “Ons het ’n grondwet. Ons gaan daarop aandring dat als ingevolge ons grondwet en die oppergesag van die reg…

access_time4 min.
om armoede vir altyd uit te skakel

(Foto: Shutterstock)Wat is die beste manier om iemand wat armoedig is, te help? ’n Stewige aalmoes? ’n Werk? Of iets heel anders? Dit is wat ontwikkelingsekonome wil weet. Ook nie net ontwikkelingsekonome nie: Politici sê dikwels hulle wil beleid instel wat die armes bevoordeel. Maar watter beleidsmaatreëls sal waarskynlik die grootste invloed hê?’n Belangrike denkskool het die afgelope dekade met ’n eenvoudige antwoord vorendag gekom: gee mense meer kontant. Individue weet wat vir hulle die beste is, lui dié argument, en sou hulle ’n bedrag geld ontvang, sal hulle hul lewe na goeddunke kan verbeter.Party belê dit miskien in hul kinders se opvoeding (virtalle in die ontwikkelende wêreld ’n soort pensioenfonds), ander begin dalk ’n besigheid, betaal skuld af, koop ’n huis, of koop kos met meer voedingswaarde (om hul…

access_time1 min.
finweek - afrikaans

REDAKSIONEEL & VERKOPERedakteur Anneli Groenewald Besturende redakteur Jana Jacobs Medewerkers Simon Brown, Lucas de Lange, Johan Fourie, Moxima Gama, Glenneis Kriel, Schalk Louw, David McKay, Maarten Mittner, Brendan Peacock, Timothy Rangongo, Peet Serfontein, Melusi Tshabalala, Amanda Visser, Glenda Williams Subredakteur Maarten Roos Redaksionele assistent Thato Marolen Uitleg David Kyslinger, Beku Mbotoli Advertensieverkope Paul Goddard 082 650 9231/paul@fivetwelve.co.za Clive Kotze 082 335 4957/clive@mediamatic.co.za Tanya Finch 082 961 9429/tanya@fivetwelve.co.za Uitgewer Sandra Ladas sandra.ladas@newmedia. co.za Hoofbestuurder Dev Naidoo Produksie Angela Silver angela.silver@newmedia.co.za, Pam Moodley pam.moodley@newmedia.co.zaUitgegee deur New Media, ’n afdeling van Media24 (Edms.) Bpk. Johannesburg-kantoor: Grondverdieping, Mediapark, Kingsway 69, Auckland Park 2092 Posadres: Posbus 784698, Sandton, Johannesburg 2146 Tel: +27 (0)11 713 9601 Hoofkantoor: New Media House, Breestraat 19, Kaapstad 8001 Posadres: Posbus 440, Groenpunt, Kaapstad 8051 Tel: +27 (0)21 417 1111 Faks: +27 (0)21…

access_time5 min.
kortliks

(Foto: Gallo/Getty Images)“HIERDIE AANVAL HET AL DIE KENMERKE VAN ’N PRIVATE MAATSKAPPYWAT MET REGERINGS SAAMWERK OM AFLUISTERPRO-GRAMMATUUR TE LEWER WAT DIE FUNKSIES VAN MOBIELEBEDRYFSTELSELS OORNEEM.”– WhatsApp erken daar is tekortkominge in die boodskaptoepassing wat aanvallers toegelaat het om kommersiële Israeliese afluisterprogrammatuur in fone te plaas, berig Financial Times. Die maatskappy sê hy het vroeg in Mei ontdek dat aanvallers afluisterprogrammatuur op iPhones én Android-fone kan installeer deur teikens met die toepassing te bel. WhatsApp het sy 1,5 miljard gebruikers wêreldwyd aangemoedig om op te gradeer na die nuutste weergawe van die toepassing, asook om mobielebedryfstelsels op datum te hou, om hulself te beskerm teen potensiële uitbuiting wat ontwerp is om inligting oor mobiele toestelle in gevaar te stel.“ONS WERK AS ’N KOLLEKTIEWE.”– Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het die…

access_time4 min.
versekering met werklike belonings

toe Matthew Elan, Ndabenhle Ngulube en Marnus van Heerden in 2016 deelgeneem het aan ’n innovasiekompetisie wat deur Hannover Reinsurance gereël is, het hulle die idee gekry om ’n ware “gemeenskapsgegronde” diens te begin om weer vertroue in versekeringsprodukte te vestig.“Daar is ’n duidelike botsing van belange in die tradisionele versekeringsmodel, omdat versekeraars besluit of eise betaal moet word en ook wins uit lae uitbetalings verdien. Om hierdie konflik uit te wis, het ons ’n sakemodel ontwikkel volgens die tradisionele stokvel-spaarmodel, waar die bydraers voordeel trek uit lae uitbetalings,” sê Van Heerden.Pineapple is as maatskappynaam gekies vanweë dié gemeenskapsgegronde benadering. ’n Pynappel is ’n vrug wat bestaan uit ’n versameling bessies wat ’n struktuurvorm waar elkeen die ander beskerm, verduidelikVan Heerden. Met Pineapple wou hulle ’n platform skep waar kliënte…

access_time4 min.
wie sal anglogold ashanti se goud opraap?

angloGold Ashanti se besluit om die laaste van sy oorblywende goudbates in Suid-Afrika te verkoop, kom ná ses maande van Kelvin Dushnisky se dienstermyn as uitvoerende hoof van die maatskappy. Hy het Srinivasan Venkatakrishnan opgevolg. Dushnisky het dus taamlik gou ’n besluit geneem oor wat die groep se standpunt oor Suid-Afrika is.“Die bedryf Suid-Afrika kies in die algemeen nooit die regte tyd nie,” sê Dushnisky oor wanneer bates verkoop behoort te word. “Hulle wring die laaste bietjie waarde uit. Hoekom sal iemand dan ’n bate koop?” sê hy aan finweek tydens ’n onderhoud kort ná die groep se aankondiging dat hy Mponeng, wat vanjaar sowat 360 000 onse goud uit sy nabygeleë oppervlakbedrywighede sal produseer – dis volgens die geannualiseerde syfers virdieeerste kwartaal – wil verkoop.Daar is geen vanselfsprekende kopers…

help