EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Women's Lifestyle
Goeie HuishoudingGoeie Huishouding

Goeie Huishouding

March 2019

Goeie Huishouding is gerig op vroue wat gehalte en waarde in elke faset van hul lewe soek. Good Housekeeping en sy Afrikaanse eweknie, Goeie Huishouding, bied vroue leesstof wat inspirasie vir hul besige lewens bied — van gesondheid tot kos en fiksheid, skoonheid en mode tot tuisteskepping en ouerskap. Die tydskrif se redaksionele belofte is om inhoud te verskaf wat "beproef, getoets en betroubaar" is, gerugsteun deur Goeie Huishouding se stempel van goedkeuring.Neem asseblief kennis: die digitale weergawe van die tydskrif sluit nie die gratis produkte in wat gewoonlik saam met gedrukte tydskrifte op tydskrifrakke verpak word nie.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Associated Magazines (Pty) Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down

IN THIS ISSUE

access_time2 min.
die pad vorentoe

OOR DIE AFGELOPE SEWE JAAR en 86 uitgawes van Goeie Huishouding en Good Housekeeping was ons hoofdoel om julle besige lewe elke dag makliker te maak. Ek het ’n paar vinnige sommetjies gemaak en gesien dat ons met ons maandelikse spesiale 101-artikels 8 686 slim wenke, kunsies en kopies met julle gedeel het; ons het meer as 1 500 heerlike resepte op ons kosblaaie gepubliseer; ons het naastenby 1 000 produkte getoets en beproef sodat julle slim inkopies kan doen; en natuurlik al daai fantastiese mode-, huisen skoonheidskopies aanbeveel en jou kundige gesondheids- en lewensraad gegee . . . Die Good Housekeeping-span sal steeds die heel beste inhoud vir jou aanlyn en in die tydskrif bied, maar ongelukkig sal ons dit nie meer in Afrikaans doen nie. Ek moet ons Afrikaanse…

access_time1 min.
maart kopies

BEDERF JOUSELF VIR R179 EN MINDER LIEWE LAWWE LLAMAS Dis nie meer reënboë en eenhorings wat die kollig steel nie, maar llamas! Jy sal dié foelieballon by Lucky Lulu kry. R150 ME(N)T LIEFDE Koop sommer ’n hele paar van dié blikkies pepermentlekkers van Jenam Online. R21 elk SOKKIEJOL Hierdie oulike panda-sokkies van Woolworths sal jou elke keer laat glimlag! R55 GOUD WERD Hierdie mooi bakkie van Superbalist sal ’n bietjie glans aan enige spieël- of koffietafel verleen. R179 PRAGTIGE PLAKKERS Versier geskenke, dagboekinskrywings of notakaartjies met hierdie see-geïnspireerde plakkers van Macaroon. R140 vir twee velle STRAAL BEHOORLIK! Kikker jou voorkoms in ’n oogwink op deur ’n bietjie aksentgrimering aan te wend. Jy sal NYX Professional Makeupprodukte by Clicks kry. R159,95 elk LIPLEKLEKKER Hierdie geurige Lip Juicer-salwe van The Body Shop is deur vrugtesmoothies geïnspireer. R95 elk NET ’N KNERTSIE Dié pikante klein dubbelsopie van Sugarbird Cape…

access_time1 min.
dierepatrone

Gebruik dierepatrone as ’n neutrale element wat jy saam met bykans enige iets kan dra. Voeg hierdie slangvelhakskoene by jou skoenversameling – dis ssso mooi! R1 599, ALDO Dra hierdie syagtige romp met patrone saam met ’n swart bloes as ’n alternatief vir ’n swart rokkie. R379, H&M Gee jou jeans ekstra oemf met hierdie kunsslangvelbelt. R59,99, MRP Hierdie drasak met kolle is ’n prettige keuse vir werk, maar steeds sjiek en afgerond. R940, COLETTE BY COLETTE HAYMAN Dié getailleerde broek met ’n mediumhoë middel is gemaklik én elegant. R679, ZARA ’n Luukse serp is ’n veelsydige bykomstigheid wat aan jou handsak gebind of om jou nek gedra kan word. R189, ZARA Dié klassieke katpak sal die oog tref. Jy kan dit bedags én saans dra. R599, FOSCHINI Hierdie slangvelpalmhandsak is ’n astrante toevoeging tot jou aandvoorkoms. R199, MANGO BY SUPERBALIST Dié rok met ’n luiperdvelpatroon…

access_time12 min.
“g’n uitdaging is te groot vir vandag se jong vroue nie”

Michelle Obama, voormalige presidentsvrou van die VSA, het onlangs haar memoires, Becoming (Penguin Random House), gepubliseer waarin sy die ervaringe deel wat haar gehelp het om die mens te word wat sy vandag is. Die boek vertel van haar kinderjare in South Side Chicago, haar jare as ’n beroepsvrou wat die eise van werk, die huwelik en ma-wees moes balanseer, asook haar tyd in die Withuis. Sy beskryf haar hoogtepunte en teleurstellings met warmte. Sy sê sy hoop die boek laat lesers oor hul eie storie dink, “en ek hoop dit sal hulle help om die mens te word waarna hulle streef om te wees. Jou storie is joune, en dit sal altyd joune wees. Dis iets wat jy jou eie kan maak.” Aan die vooraand van die boek se…

access_time9 min.
“ek en barack is rolmodelle, of ons nou wil wees of nie”

OPRAH WINFREY: Laat ek net eers sê dat niks my gelukkiger maak as om met ’n goeie boek te gaan sit nie. Toe ek dus – in die voorskrif al! – besef hoe goed hierdie boek gaan wees, was ek so trots op jou. Welgedaan. Die boek is sag, dis boeiend, dis kragtig, en dis rou. MICHELLE OBAMA: Dankie. OW: Hoekom Becoming? MO: Ons het eintlik ’n hele lys name gehad wat ek nou nie hier sal herhaal nie, maar Becoming het alles mooi opgesom. ’n Vraag wat grootmense dikwels vir kinders vra – en ek dink dis die verkeerdste vraag in die wêreld – is: “Wat wil jy eendag wees wanneer jy groot is?”Asof grootword ’n einde het. Asof jy iets word en dan is dit klaar. OW: As jy grootword, is jy…

access_time1 min.
waaroor ons dié maand gaande is

WEBNUUS POPSTRUKT.COM Popstrukt is ’n plaaslike maatskappy wat spesialiseer in die vervaardiging van kontemporêre platverpakte meubels vir feitlik enige huishoudelike behoefte. Van bedkassies tot lessenaars, eetkamertafels, stylvolle stoele en sitbankies – daar is iets van alles. Bestel dit aanlyn en sit dit by die huis aanmekaar. HUISWENK Is jou badkamer baie klein? Hang ’n skoensak van seilmateriaal agter die deur om toiletware in te bêre. NUWE TENDENS KORAAL KRAAI KONING Vrolik jou huis op met Living Coral, Pantone se kleur van die jaar vir 2019 1 ’n Spatsel kleur is dalk net wat jou gastebadkamer nodig het! Handdoek R69,95, Woolworths 2 Dek ’n koraalkleur beker saam met blou-en-wit tafelgerei. R49,99, MRP Home 3 Doen jou deel vir die planeet deur ’n herbruikbare waterbottel te gebruik. R199, @home 4 Hou jou ingangsportaal netjies met hierdie Knotty Miro-haak. R1 500, Dokter and Misses MAAK DIT KAARTJIEHOUER Omskep…

help