EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Family & Parenting
Huisgenoot: Min SuikerHuisgenoot: Min Suiker

Huisgenoot: Min Suiker

Huisgenoot Min Suiker

Suiker is so lekker, maar tog ook so sleg vir ons. Huisgenoot se Min Suiker-tydskrif bevat die nuutste inligting oor suiker soos die uitwerking van te veel daarvan op die liggaam en hoe jy beheer kan neem. Ons vind uit hoeveel suiker in kos en drankies skuil, dieetkundiges verduidelik hoe om van emosionele etery weg te breek en ons bekyk die voor- en nadele van verskillende versoeters. Ons sluit ook 96 heerlike resepte vir soetgoed in – elkeen met minder suiker of versoeter berei – wat dit makliker sal maak om met ’n laesuiker-leefstyl vol te hou.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
R29,99

IN THIS ISSUE

access_time1 min.
van die redakteur

ELKE dag, sodra ons klaar aandete geëet het, wil my jongste weet: “Wat is daar vir poeding?” Dis suiker se verleiding wat so praat. Soetgoed eet word so vinnig ’n gewoonte omdat suiker so lekker smaak en omdat dit blitsvinnig goedvoelhormone deur ons lyf stuur. Nog ’n rede is dat suiker met ons idee van liefde verweef is. Hoeveel keer het jy al sjokolade vir ander gekoop om vir hulle te sê dankie, ek’s lief vir jou of mooi so? Dis ook ’n manier waarop ons onsself beloon of bederf. Toe ek ’n kind was, was poeding iets waarmee ons die Sondag-middagete afgesluit het. Net af en toe was daar in die week ’n soet bederfie, maar vir seker nie elke dag nie. My seun se vraag wat elke dag soos…

access_time1 min.
huisgenoot min suiker

REDAKSIE Redakteur: Huisgenoot Yvonne Beyers Redakteur: HG Min Suiker Wendy Stelzmann Hoof: Handelsmerkuitbreidings en kreatiewe hoof Mari van der Berg Eindredakteur Joan van Zyl Teksredakteur Marthie Hand Ontwerpers Clint Visser, Elmarie Meyer, Mari van der Berg Fotonavorser Martinique Clayton Produksiebestuurders Jacques du Plooy (hoof), Kurt Ohlson Reproduksie Jéan Koegelenberg KOSSPAN Kosredakteur Carmen Niehaus Resepontwikkeling Carmen Niehaus, Esther Malan, Carmen Petersen Stiliste Lisa Clark, Brita du Plessis, Jacques Erasmus en Sonja Jordt Fotograwe David Briers, Misha Jordaan, Megan Miller, Jacques Stander MEDIA24 LEEFSTYL Hoof: Weeklikse Tydskrifte Minette Ferreira Publikasiebestuurders Edwina Lyners Kategoriebestuurder Armand Kasselman Handelsbestuurder Bea van der Vyver 011-217-3049 Nasionale advertensieverkope Wendy Clegg, 083-228-9025, cleggy@mweb.co.za Advertensiekoördineerder Christine Smith Bestellings Johan Terblanche 021-406-4962, johan.terblanche@media24.com Uitvoerende hoof: Media24 Ishmet Davidson Uitvoerende hoof: Gedrukte Media Rika Swart Hoofbestuurder: Leefstyl Minette Ferreira Finansiële hoof: Leefstyl Jameelah Conway…

access_time6 min.
wit verleiding

AI, SUIKER is so lekker, maar tog ook so sleg vir ons. Te veel daarvan laat die kilogramme opstapel en vreet boonop aan jou tande. Maar dis moeilik om soetgoed te laat staan, want dit laat ons smaakknoppies behoorlik tintel. En dis ook nie asof ’n mens suiker kan vermy deur net soetgoed uit te skakel nie, want suiker is oral – in mayonnaise, blatjang, slaaisous en selfs in kos wat gesond klink soos jogurt, muesli en gegeurde water. Wetenskaplikes verkondig egter ál meer die boodskap: Suiker beduiwel jou gesondheid. Nog ’n stem wat teen die gebruik van suiker opklink, is dié van die vooraanstaande Britse kardioloog dr. Aseem Malhotra, wat self aanvanklik ’n dieet met baie koolhidrate (suiker is natuurlik ’n koolhidraat) gevolg het. “Versoete ontbytgraan, roosterbrood en lemoensap vir ontbyt, ’n broodjie…

access_time3 min.
syfers wat skok

Suid-Afrikaners sluk gemiddeld tussen 12 en 24 teelepels suiker per dag, volgens ’n 2016-studie aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sowat’n derde hiervan kom van suikerversoete drankies. VETSUG IN SUID-AFRIKA 7% Soveel SA volwassenes tussen 21 en 79 jaar (sowat 3,85 miljoen mense) ly aan diabetes, volgens die Internasionale Diabetesfederasie. HET JY GEWEET? Suid-Afrikaanse kinders neem tussen 40 & 60 g suiker per dag in. Die drink van net een suikerversoete drankie per dag verhoog ’n volwassene se kans om oorgewig te word met 27%. Dit is met hoeveel jou risiko om tipe 2-diabetes te kry verhoog as jy elke dag een suikerversoete drankie drink. 5% Dis met hoeveel die verkope van suikerversoete drankies in SA van 2017 tot 2018 gedaal het – daar word gemeen dis danksy suikerbelasting, ’n heffing op dié drankies wat in April…

access_time3 min.
jou liggaam en suiker

TE VEEL suiker is nie net ’n probleem omdat dit jou tande laat bederf en jou gewig laat aansit nie. Die vernietigende uitwerking strek veel verder. Hier is wat dit aan jou lyf doen. BREIN Suiker aktiveer die brein se beloningsentrum sodat die goedvoelstof dopamien vrygestel word. Dwelms doen dieselfde, en volgens sommige studies is suiker meer verslawend as kokaïen! Al het die brein energie in die vorm van glukose nodig om te werk, is te veel suiker sleg daarvoor. ’n Oormaat suiker tas boonop die geheue en verstandelike werking ook aan. OË Hoë bloedsuiker kan die lens van die oog laat swel en tydelik wasige sig veroorsaak. Retinopatie (siekte van die retina) is ’n ander ernstige komplikasie wat veral diabetes-lyers tref. Dit ontstaan wanneer die bloedsuikervlak so dikwels hoog is dat die bloedvate…

access_time3 min.
te veel van ’n goeie ding

WAT gebeur in jou lyf wanneer jy herhaaldelik te veel suiker inneem? Die twee hoofbestanddele van suiker – glukose en fruktose – word verskillend deur jou lyf verwerk en het verskillende gevolge vir jou gesondheid as jy te veel daarvan inkry. WANNEER JY SUIKER EET Die meeste van die suiker wat ons inneem is óf sukrose (tafelsuiker) óf hoëfruktose-mieliestroop (in baie verwerkte kosse). Albei bevat byna gelyke dele glukose en fruktose, wat in die dunderm deur die bloedstroom geabsorbeer word. Die liggaam verwerk glukose anders as fruktose, dus skei hul paadjies hier. FRUKTOSE WAT GEBEUR MET FRUKTOSE? Terwyl fruktose in feitlik al die liggaam se selle vir energie gebruik word, kan dit net in die lewer gemetaboliseer word. Dit verhoog nie die bloedsuiker op die manier wat glukose dit verhoog nie. Dit is waarom party…

help