MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 ‘EK VERRUIL MY LEWE VIR NIKS’ Hy is lelike dinge toegesnou omdat hy ’n swerwersbestaan voer, vertel die kunstenaar Rudolph Clench. Maar hy is dol oor sy lewe op die pad Die oom het een jaar hier by ons op Volksrust ook ’n draai kom maak. Hy het toe ons dogtertjie geskilder. Wat ’n awesome oom is hy nie! En dit was so vinnig klaar geskilder. Weereens baie dankie. VALESKA Ja-nee, my oom. Of jy nou reg lewe of verkeerd lewe, die ou mensdom sal tog altyd ’n eier wil lê. Alle voorspoed met jou skilderye en geniet wat jy doen. Ons het elkeen by God ’n ambag ontvang. RENE Ag, daai alewige aanmerkings van die mense. Ek hoop regtig dit loop al by jou soos water van ’n eend se rug af. Ons is…