MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 ‘EK HET DIE ANGS PROBEER WEGSTEEK’ Ontrouheid, vernedering, angsnagte … Dis wat agter die skerms van sy huwelik met Julius Swart geskuil het, sê Hannon Bothma My mening, Hannon: Hy het in elk geval glad nie by jou gepas nie. Daar was net iets. Good riddance. Bly die stunning mens wat jy is, maak daardie boek toe en gaan aan met jou suksesvolle onderneming en lewe. ROSA Hannon, glo my: As daardie spieël gekraak het, kry jy hom nie reg nie. Eenkeer oor die draad, altyd oor die draad. Dis ’n bitter seer, maar dit word beter. Sterkte. Vertroue gaan nie weer maklik wees nie. LALIE Jy is die een in ons hart en jy sal dit altyd wees, liewe Hannon. Beslis nie jou eks nie. Weet net dat hy dit nooit sal kan regkry…