MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 ‘NIE ALLES IS ’N LEUEN’ Zephany Nurse, oftewel Miché Solomon, skryf roerend aan ’n ander vrou wat nes sy ná dekades ontdek het haar ma is nie haar biologiese ma nie Dis baie trauma waardeur hierdie jong vrou moet gaan. Wat gebeur het, was nie waarvoor sy gevra het nie. Dit kon so anders vir Zephany uitgedraai het, maar God het iemand gebruik om haar te beskerm. THERENSIA Dis so hartseer vir die ouers en dogter. Ek kan net bid dat God in jul harte werk vir vergifnis, vrede en liefde. Vir die dogter: Jy het nou twee mammas wat regtig baie lief is vir jou. Ek bid vir genoeg vrede in jou hart. GLYN Ek was so geskok toe dit destyds met Zephany gebeur het. Ek self was ’n jong ma, en het altyd…