MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 PRINSES CHARLENE WEER TERUG IN MONACO Die prinses is weer in die paleis verenig met haar man, prins Albert, en hul kinders. Maar die stories dat sy sielsongelukkig is, wil nie gaan lê nie Ek hoop en bid dit gaan nou goed met haar. Ek hoop ook prins Albert maak dit makliker vir haar. ’n Mens skei nie net nie; hulle het kinders saam. Sy moet ’n weg vind om dit vir haarself makliker te maak. Ek lief haar. RIA Dit is ’n keuse wat sy gemaak het. Sy was voor hul huwelik lank genoeg betrokke by hom om te weet wat die implikasies sou wees. Maar sy kan weer kies. Diana het gekies om te skei; sy kan ook. GERTJIE Dis nie so maklik nie. Sy sal nie die kinders kan landuit neem nie,…