MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 ‘DEPRESSIE IS WERKLIK’ Haar lewe is ’n emosionele wipplank weens die druk om haar beroep-en gesinslewe te balanseer, skryf die sangeres Charlize Berg Niemand wat dit nie self deurmaak, besef hoe erg dit is nie. Ek was twee jaar op medikasie en het asemhalingstegnieke gebruik. Vier jaar later, is ek ’n ander mens en van medikasie af. Ek bid jy kom gou daardeur. SHANTAL Ek mis jou mooi stem. Al hardop gewonder hoekom ons niks liedjies kry nie. Jy is ’n pragtige omgeemens. Dié wat jou nie geluk en sukses gun nie, is nie die moeite werd nie. Go girl, jy is pragtig en talentvol. MARITHA Charlize, ek weet waardeur jy gaan. Dis die ergste plek om te wees. Deur Gods genade en my tannie wat my na ’n privaat dokter geneem het, voel ek…