MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 PRINS ANDREW WEER IN DIE KOLLIG ’n Skandaal hang steeds oor sy kop, maar tydens die gedenkdiens vir prins Philip was Andrew prominent aan die sy van sy ma, koningin Elizabeth Prins Andrew was nog altyd haar gunstelingseun. So ek weet nie hoekom mense gedink het dit sou verander nie. Ten spyte van wat hy glo gedoen het, bly sy sy ma en sal sy mos nooit haar band met hom verbreek nie. CARINA Hulle bly ná alles tog net ’n ma en haar seun. Wat my seun ook al sou doen, dit is die daad wat ek sal haat en ja, hy sal ook die gevolge daarvan moet dra, maar dis bewys ’n ma sal altyd lief bly vir haar kind. ANASTASIA Andrew lyk opvallend gestroop van al sy kentekens. Niks, nie eens ’n…