MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 ‘JY KÁN LEEF MET MEERVOUDIGE SKLEROSE’ As die lewe klappe uitdeel moet jy opstaan, sê Thys die Bosveldklong. En dis presies wat die sanger doen, want hy is weer terug op die verhoog Dit is sulke ware en wyse woorde. Die lewe klap ’n mens soms so hard dat jy val dat jy hik, maar bly lê kan jy nie. Die lewe wil gelewe word. Baie sterkte en beste wense vir jou, Thys. ELSABE Thysie, jy lyk stunning! Jy is en bly ’n wenner. Hou jy net aan om so sterk te wees, asseblief, en ons sal aanhou om jou te ondersteun en vas te hou en in ons gebede te hou. ANITA Hou aan veg, Thys. Ek is in 2013 gediagnoseer. My neuroloog het vir my gesê MS gaan saam met my…