Briewe
MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM 1 ‘EK KRY MY MA JAMMER’ So sê die dogter van Yolande Maritz, die Pretoriase vroedvrou wat deur die Suid-Afrikaanse Verplegingsraad van die rol geskrap is weens wanpraktyke Albei my kinders is in ons huis gebore. Die einste Yolande was my vroedvrou met my jongste seuntjie, nou agt jaar gelede. Ek is jammer as sy ander leed aangedoen het, maar ons het wel ’n goeie ervaring gehad. DIANA Waag dit asseblief om te appelleer. Net vyf sake van baie ander is aangehoor by die Suid-Afrikaanse Verplegingsraad. Ek sal persoonlik sorg dat alle sake aangehoor word, al moet ek dag en nag daar gaan sit tot dit gebeur. JACKY Daar is baie vroedvroue wat droogmaak. Hier by ons is talle mammas wat hul babas verloor het ná ’n dag of twee as gevolg…