MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 ‘WIE IS MY SKENKERPA?’ Ná ’n siekte brand Esmeralda Swart, ’n jong Kaapse vrou, om meer te weet oor die anonieme spermskenker met wie se hulp sy in die lewe gebring is Die mans kies mos om juis anonieme skenkers te wees. Ek meen hulle doen dit so omdat hulle nie ná die tyd die emosionele verantwoordelikheid hoef te dra nie. Ek glo nie die man wil opgespoor word nie. LAURIKA Ek ken Esmeralda Swart op ’n persoonlike vlak. Nie net is Esmeralda ’n baie goeie mens nie; sy het werklik ’n mooi en opregte hart. Ek hoop dat sy nou eindelik die antwoorde sal kry waarna sy soek. ANWAR Daar is mos ’n rede waarom hierdie skenkings anoniem gedoen word. En waarom die skenker se identiteit, volgens sy wens, daarna vertroulik gehou word. Hoekom sal…