EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 7-Nov-19

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
R22,40
SUBSCRIBE
R873,60
51 Issues

IN THIS ISSUE

2 min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay…

7 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 BOER FLIP SE VROU: ‘EK MIS HOM ONTSAGLIK’ Wenda Kotzé deel haar hartseer oor die kankerdood van haar man, boer Flip van Boer soek ’n vrou, ná hul agt jaar saam Ja, dis maar baie moeilik vir al sy geliefdes. Flip se seun, Kobus, mis hom ook baie. Dit is ’n baie hartseer storie. Verlange word mettertyd draaglik. ROSA Dit is beslis nie ’n lekker pad om te loop nie. My man is al amper ’n jaar dood, maar dit voel nog soos gister dat ek hom verloor het. Ek mis hom elke dag. MARIE Tyd moet die wonde heel. Onthou die klein dingetjies wat julle saam geniet het. My man is vier jaar gelede oorlede; dit verander jou lewe in ’n oogwink. MARIETTA Ai, dit is so hartseer. Julle was so ’n pragtige paartjie. Wenda, ek…

6 min.
vrae ná water-graf

JONG kinders speel in die vlak branders op Heroldsbaai se strand. Dit ruik en lyk soos vakansie met mense wat loop en roomys eet of sonbaai. Tog is dit nie net nog ’n luilekker Saterdagmiddag by die see op dié Suid-Kaapse kusdorpie nie. Daarvan getuig die somber toneel wat op die gras agter die lewens-redders se hoë stoel afspeel. Ettienne Scheepers (36), die plaaslike kafee-eienaar en elektrisiën, wag saam met vriende en van sy personeellede op die strand op die terugkeer van ’n rubberbootjie van die Nasionale Seereddings-instituut. Hulle het vermoedelik afgekom op die liggaam van sy blonde vrou, Heidi (35), wat vier dae tevore saam met hul twee kinders, Cuzette (6) en Hugo (2), vermis geraak het. Polisieduikers het hul seun twee dae ná hul verdwyning in die see by Voëlklip ’n ent…

6 min.
duiwels? nie mý werke

DIE skraal tienerseun met die gejelde kuif dra byna swaar aan die rye en rye balkies vir akademiese prestasie aan sy skoolbaadjie. Hy’s die verpersoonliking van ’n boekwurm – en die soveelste keer bestyg hy die verhoog onder die toejuiging van sy medeleerders en onderwysers toe sy naam hier in die skoolsaal as toppresteerder onder die matrieks uitgelees word. Gary Louw (18) het sy arms vol toe die dux-trofee aan hom oorhandig word. Waar hy dit met ’n skaam glimlag vashou, lyk hy geensins soos iemand wat ’n stortvloed haatboodskappe en selfs doodsdreigemente sou kon uitlok nie. Maar binnekort gaan die bom bars . . . Ook in die skoolsaal teenwoordig tydens die prysuitdelingsgeleentheid van die Grantleigh-skool – ’n gegoede Christelike skool net buite Richardsbaai – is past. Andrew Anderson, ’n skoolouer en…

6 min.
die twis oor ons seun se as

IN DIE lewe was hy ’n gewilde ou, geliefd onder sy familie en sy vriende. So gewild en geliefd dat daar ná sy dood ’n bittere tweespalt oor sy laaste groet en selfs sy oorskot ontstaan het . . . Eers is oor sy as baklei. En oplaas is twee verskillende roudienste gehou vir die 28-jarige Gerhardus Fourie van Bloemfontein. Maar nie voor beskuldigings van gesteelde begrafnisbriewe en beweerde dreigemente van geweld deur een groep rouklaers teenoor die ander gemaak is nie. In die een kamp is wyle Gerhardus se ma, Marié Smal (60), en stiefpa, Tommy (61). In die ander kamp is Gerhardus se hegte vriendin, Ané Myburgh (27), en haar ma, Alida (46). Gerhardus se ma se woonstel, waar hy grootgeword het, is ’n skrale 3 km weg van Ané s’n, saam…

6 min.
wat ’n jaar – en nou ’n seun

DIT was die oomblik waarop almal gewag het sedert die nuus bekend geword het dat die beroemdste paartjie in die Afrikaanse rolprentbedryf hul eersteling verwag. Is dit ’n babaseun of-dogter wat vir Ivan Botha en Donnalee Roberts op pad is? het hul aanhangers gewonder. Toe verklap die akteurspaar: Dis ’n seuntjie! By ’n sonarvideo van hul baba wat die akteurspaar onlangs in die kuberruim gedeel het, skryf Ivan: “Die dokter sê jy waai, maar ek weet jy oefen al jou high fives: vir jou eerste stap, jou eerste fietsry, jou eerste soen, jou eerste reis, jou eerste werk, jou eerste kind, en so gaan die lys aan. My seun, ek kan nie wag om jou te ontmoet nie!” Donnalee het ewe opgewonde haar emosies op Instagram verwoord: “Ek het nog nooit in…