EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 14-Nov-19

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
R22,40
SUBSCRIBE
R873,60
51 Issues

IN THIS ISSUE

2 min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay…

8 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘EK KAN DIT NIE HELP NIE; EK LEEF MY SO IN’ Dis van pure trots dat sy so huil, vertel die 88-jarige Emmie Booysens oor ’n video waarin sy aan haar emosies uiting gee ná die Bokke se oorwinning teen Wallis Tannie, dis die mooiste ding wat ek al ooit gesien het. Jy is beslis g’n “skandemaker” nie. Trots om te sien hoeveel dit vir jou beteken. Die Bokke sal ook trots wees. RENCHA Ai, tannie. Ek is self erg oor rugby en huil ook wanneer hulle die landsliedjies sing. Tannie maak nie skandes nie. Dis mos ons land, en ons is trots op die Springbokke. SUSAN As ons maar almal meer dikwels sulke trane van blydskap kon stort. Ek moet erken ek moes self ook hard sluk om van die knop in my keel…

13 min.
’n reënboog-triomftog

‘In Suid-Afrika beteken druk om nie ’n werk te hê nie. Druk is as een van jou nabye familielede vermoor word. In Suid-Afrika is daar baie probleme – dít is regte druk. Rugby moenie iets wees wat druk veroorsaak nie; rugby moet iets wees wat hoop skep. Ons het die voorreg om vir mense hoop te gee’– RASSIE ERASMUS, afrigter‘Ons kom van verskillende agtergronde, verskillende rasse, en ons het bymekaargekom met een doelwit – en ons wou dit bereik. Ek hoop regtig ons het dit vir Suid-Afrika gedoen: om te wys ons kan saamwerk wanneer ons wil en iets bereik. Die afrigter het vir ons gesê ons speel nie meer vir onsself nie; ons speel vir die mense by die huis. Ons is lief vir jou, Suid-Afrika, en ons kan…

3 min.
ons kaptein van harte

IN DIE sportstadion in Zwide, buite Port Elizabeth, sit die mense vroeg Saterdag al voor die groot skerm ingeryg. En toe die Bokke uit die kleedkamer daar in die verre Japan te voorskyn kom, eggo hul juigkrete oor die dakke van die omliggende townshiphuise. Want die man wat die Amabokoboko op die veld lei, is Siya Kolisi, ’n seun van Zwide. Hy is die gemeenskap se trots, die bewys dat enigiemand bo armoede kan uitstyg. Want die Bokkaptein (28) het dit nie altyd maklik gehad nie – nes die meeste mense van Zwide. Siya is deur sy ouma Nolulamile Kolisi in haar tweeslaapkamerhuisie grootgemaak waar soms meer as vyf mense gewoon het. Sy was ’n huiswerker en moes hom soms suikerwater gee vir sy hongerpyne. “Dan het sy gesê: ‘Maak jou oë…

1 min.
siya en rassie: ’n spesiale vriendskap

“Siya was die beste provinsiale kaptein in Suid-Afrika. Dís hoekom hy ook Bokkaptein is,” vertel Rassie Erasmus (47). “Ek het nie geweet dit sal so ’n groot ding word omdat hy die eerste swart kaptein is nie. Al die emosionele dinge daaroor het my en Siya onkant betrap.” Aanvanklik het die verantwoordelikheid swaar geweeg, vertel Siya. “My spel het heelwat versleg; ek moes hard daaraan werk.” Rassie het in Siya bly glo, selfs ná ’n kniebesering vroeg vanjaar. En Siya het Rassie se planne volkome gesteun. “Dit het nou ingesink hoe groot dit is – die eerste swart Springbokkaptein in ’n Wêreldbekerrugby- eindstryd,” sê Rassie. “Dis ’n wonderlike storie.”…

1 min.
ons sterre se seer draaie

MAKAZOLE MAPIMPI Dié vlugvoetige vleuel (29) van Mdantsane in die Oos-Kaap se ma is in 2004 oorlede toe hy net 14 was. Daarna was dit net hy, sy broer en suster. Sy pa was nooit in sy lewe betrokke nie. Sy broer is in 2009 weens ’n motorongeluk dood en sy suster is in 2012 oorlede. DUANE VERMEULEN Die agtsteman en pa van twee (33) leef sy pa, André, se rugbydroom. “Ek doen dit als vir my pa,” het hy aan Netwerk24 gesê. “Hy is oorlede toe ek agt jaar jonk was,” vertel Duane. Sy ma, Estelien, wat hom alleen grootgemaak het, se oë was vol trane toe hy as speler van die eindstryd aangewys is. FRANCO MOSTERT Die Bokslot (28) speel sy hart uit vir sy ouboet, die voormalige Valke-rugbykaptein JP Mostert (31), wat verlam…