EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 21-Nov-19

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
R22,40
SUBSCRIBE
R873,60
51 Issues

IN THIS ISSUE

2 min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Meaghan Davids (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay de Freitas SINDIKASIE Jennifer…

7 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘ONS HET VIR ALMAL IN SUID-AFRIKA GEWEN’ Die Springbokkaptein, Siya Kolisi, en sy span bring die Web Ellis-trofee huis toe – en van ’n beter verjaardag kon Rassie Erasmus nie gedroom het nie Baie geluk met jou verjaardag, Rassie. Jy het darem ’n baie groot geskenk van jou spelers gekry. En ons hier by die huis het saam met julle almal partytjie gehou. ELEONOR Baie trots. Dit wys watter verskil ’n goeie afrigter, goeie bestuur en goeie leierskap maak. Dit laat ’n span as ’n eenheid speel. Welgedaan, Bokke en Rassie. WK Ek het van begin tot einde trane afgevee. Ek het so gebid julle moet wen; ons land het die bemoediging so nodig. Dankie, Bokke, en dankie, Vader. NAOMI Baie geluk, Rassie, met jou verjaardag en die groot sege. Baie dankie vir wat jy vir die…

7 min.
die dag toe hoop huis toe kom

DIS ’n gryserige Sondagoggend met die belofte van reën in die lug – eintlik ’n gewone naweekdag in die eenvormige landskap van dié Oos-Kaapse township. Daar is min wat bo die dakke van die huise uitstaan: net die dak van die Dora Nginza-staatshospitaal, waar sowat 11 000 babas per jaar in dié gemeenskap gebore word, en die grys betonpaviljoene van die Dan Qe Qesportstadion met sy bruin, klipperige speelveld vol duwweltjies. Uit ’n groot tentkerk bulder die stem van ’n pastoor. Buite in die hoofstraat uier ’n troppie boerbokke met “mehlo” (“oë” in Xhosa) in blou aan hul lywe gespuitverf. Maar hier in Zwide, langs die R75 tussen Port Elizabeth en Uitenhage, is dit inderwaarheid g’n gewone Sondagoggend nie. Dit is 10 November, en die opwinding is tasbaar. Want Zwide se beroemdste seun,…

7 min.
toe rugby se seer vreugde word . . .

LANGS sy sterfbed in die huis op die spoorwegdorpie Touwsrivier in die Wes-Kaap – daar waar haar man op ’n herfsdag dood is nadat dokters oortuig was hy sou nog maande lank leef – het die werklikheidsbesef haar getref: Sy sal nou vroualleen álles vir haar kinders moet wees. Dit was 25 jaar gelede, en sy was maar in haar 20’s – dié dag toe haar man daar in hul slaapkamer sy stryd teen kanker verloor het, vertel Estelien Vermeulen. Deur die rou smart het sy op daardie dag aan haarself ’n belofte gemaak: Haar kinders sou niks kortkom nie – al sou sy haar seuntjie en sy sussie, klein Duane en Leandi (toe 7 en 2 jaar oud), as enkelma alleen moes grootmaak. “En hulle het nie,” sê Estelien trots. “Al…

6 min.
ons faf in net ’n lappie

HY WAS nog ’n kannetjie op laerskool toe hy vir almal vertel hy gaan eendag ’n beroepsportman word. Maar niemand sou kon raai in watter sport nie, want Faf de Klerk (28) het sommer in alles uitgeblink: atletiek, krieket, gimnastiek, rugby. Min sou hy of sy trotse ouers toe kon voorspel dat die blonde buksie eendag groot naam sou maak as die vreeslose, vrolike skrumskakel in die seëvierende Springbok-wêreldbekerspan van 2019 en dat hy die hele wêreld aan die gons – en giggel – sou hê nadat hy daarna in net ’n skrapse swembroekie in die kleure van die landsvlag prins Harry in die Bokke se kleedkamer ontmoet het. Dié petalje het ma Corrie aan Faf se eerstejaarkonsert as ’n onderwysstudent aan die Universiteit van Johannesburg laat terugdink. “Hy het nogal ’n…

6 min.
dít kan ons by die bokke leer

DIs iets wat Suid-Afrikaners se harte steeds van trots laat swel en waarmee Springbok-aanhangers tot in die lengte van dae sal spog: Suid-Afrika 32, Engeland 12 in die eindstryd van die Wêreldbeker in Japan. Want al het die Bokke hul groepwedstryd teen Nieu-Seeland se All Blacks verloor en het die Engelse Rose die All Blacks in hul halfeindstryd vermorsel, kon die Springbokke ’n triomfantelike terugkeer maak. So het Suid-Afrika die eerste rugbyspan ooit geword wat die Webb Ellis-trofee omhoog kon lig nadat hulle ’n groepwedstryd verloor het en naas die All Blacks die enigste span wat al drie Wêreldbekertitels kon wen. Maar dit het nie maklik gekom nie. Tot 18 maande gelede was rugbyliefhebbers dikwels skaamkwaad oor die Bokke se spel, en selfs tydens die toernooi was daar soms vrae en frustrasie…