EXPLOREMY LIBRARYMAGAZINES
CATEGORIES
  • Art & Architecture
  • Boating & Aviation
  • Business & Finance
  • Cars & Motorcycles
  • Celebrity & Gossip
  • Comics & Manga
  • Crafts
  • Culture & Literature
  • Family & Parenting
  • Fashion
  • Food & Wine
  • Health & Fitness
  • Home & Garden
  • Hunting & Fishing
  • Kids & Teens
  • Luxury
  • Men's Lifestyle
  • Movies, TV & Music
  • News & Politics
  • Photography
  • Science
  • Sports
  • Tech & Gaming
  • Travel & Outdoor
  • Women's Lifestyle
  • Adult
FEATURED
EXPLOREMY LIBRARY
 / Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 5-Dec-19

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read More
BUY ISSUE
R22,40
SUBSCRIBE
R873,60
51 Issues

IN THIS ISSUE

2 min.
huisgenoot

REDAKSIE Kaapstad 021-406-2115 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEUR Almari Wessels GAUTENG-NUUSREDAKTEUR Hilda van Dyk TEKSEINDREDAKTEUR Hugo Loubser ASSISTENTREDAKTEUR Lara Atson HERSKRYWERS Anine Capraro, Suzaan Hall, Deon Lamprecht, Elretha Louw TEKSREDAKTEURS Marius Visser (hoof), Janine Morris, Lana Coetzee, Lauri King, Susan Samuel KAAPSE SKRYWERS Charlea Sieberhagen-Grey, Colin Hendricks, Joanie Bergh, Marelize Grbich, Marisa Fockema, Pieter van Zyl, Richard van Rensburg GAUTENGSE SKRYWERS Carla Coetzee, Cyril Blackburn, Franco Havenga, Jaco Hough-Coetzee, Jacques Myburgh, Jana van der Merwe VERTALERS Brenda Pienaar, Edna Ellman PRODUKSIEREDAKTEUR Alfie Steyn ONTWERPREDAKTEUR André Smith BLADUITLEG EN ONTWERP Adele Brinkhuis, Azeemud-Deen Jacobs, Kelly Grande, Melanie Smook, Neil Krynauw, Nicole Jones, Shanice Daniels, Tertia du Plessis INLIGTINGSGRAFIKA EN ILLUSTRASIES Michael de Lucchi KOPIEKOÖRDINEERDER Jeremy Petersen LEEFSTYLREDAKTEUR Petro-Anne Vlok KOS Carmen Niehaus (redakteur), Esther Malan (asst.-red.), Carmen Petersen MODE Wagheeba January (redakteur), Jarred de Kock (assistent) SKOONHEID Nthabiseng Makhokha BOEKE Elna van der Merwe VERHALE Edna Ellman, e-pos stories@huisgenoot.com OPVOEDKUNDE Sandra Visser TIENERS Colin Hendricks GLANSBLAAIE Lindsay…

7 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘SCHUMI SE VROU STEEK WAARHEID OOR HOM WEG’ Willi Weber, voormalige bestuurder van Michael Schumacher, is onsteld omdat die eksrenkampioen se vrou, Corinna, hom glo van Schumi weghou Schumi, 11 jaar lank was jy die beroemdste gesig in motorsport. Jy was en is steeds my groot held. Ek gun jou nou hierdie privaat tyd saam met jou familie. ZULEIKA Sy hoef nie foto’s uit te reik nie. Maar om soms in ’n mediaverklaring te sê hoe dit met hom gaan, sal nie skade doen nie. Dis goeie maniere teenoor sy ondersteuners. WILMA Gun en respekteer hul privaatheid. Jare lank was Schumi die “eiendom” van aanhangers. Sy familie was op die agtergrond. Hy het voor sy ongeluk uitgetree. LOUISE Ek versorg ’n dogter sedert haar motorongeluk in 2005. Deur mense ingelig te hou oor haar kon ons hul…

11 min.
ontmaskering van die ware ‘jimmy’

SO IETS het Suid-Afrika nog nooit beleef nie. Week ná week ontvou die dramatiese verhaal in die een episode ná die ander, en gou het dit die land aan die gons. Dis geen dramareeks wat uit die verbeelding van ’n draaiboekskrywer opgetower is nie, maar die lewensverhaal van ’n 39-jarige man wat nie langer met sy donker geheim wil saamleef nie. My only story, noem die Johannesburgse kopieskrywer Deon Wiggett sy podsending van vier episodes wat op die webnuusdiens News24 gepubliseer word. Hy beskryf dit as ’n “regstreekse ondersoek” na die man wat hom na bewering 22 jaar gelede verkrag het toe hy 17 jaar oud was. In die eerste twee episodes noem hy sy vermeende verkragter “Jimmy”, ’n skuilnaam. Maar met die derde uitsending op 21 November bars die bom toe Deon…

2 min.
wat sê die wet?

Meestal word iemand wat van seksuele misdrywe beskuldig word eers geïdentifiseer nadat hy aangekla en in ‘n hof skuldig of onskuldig gepleit het. Daarom beskou die strafregkenner Llewelyn Curlewis dit as “ ‘n uitsonderlike geval’’ dat Willem Breytenbach reeds as ’n beskuldigde in ’n seksuele oortredingsaak geïdentifiseer is. “Dis ’n regstegniese aspek wat daaroor gaan dat ’n slagoffer in baie gevalle moontlik geïndentifiseer kan word wanneer die beskuldigde se identiteit bekendgemaak word,” verduidelik hy. Nog ’n knelpunt as ’n beskuldige geïdentifiseer word nog voor hy in die hof gepleit het, is dat die kans bestaan dat die persoon moontlik nie vervolg sal word nie. Beskuldig jy iemand in die openbaar van ’n ernstige oortreding soos verkragting, loop jy die gevaar om jou aan laster skuldig te maak. Laster word gekoppel aan die skade…

6 min.
trane oor die ‘skelms’

IN DIESELFDE huis waar baie trane drie maande gelede gestort is, waar ’n ouerpaar gevrees het hulle sal nooit weer hul klein haasbekkie sien nie, pryk ’n Kersboom nou in die hoek van die televisiekamer. Daar is nog nie geskenke onder die boom nie, maar Amy’Leigh de Jager (6) en haar boetie, Jayden (4), het reeds briefies aan Kersvader geskryf en in hul Kerskouse gebêre. Soos ’n sorgelose feetjie huppel die meisie met die lang ligbruin hare nou na haar Kerskous. Sy haal haar brief aan Kersvader uit. “Ek wil baie graag dié pop hê,” sê sy en wys met haar vinger na ’n uitknipsel van ’n speelpop. Boaan die bladsy, in skewe letters, het sy haar naam en van geskryf. Met prentjies van ’n kombuisstel vir ’n pophuis en Nutella-sjokoladesmeer vir haar…

8 min.
my ‘eiland’ by die see

JY KAN maar sê dit was liefde met die eerste oogopslag toe Snotkop oor die drumpel van die luukse dubbelverdiepinghuis in Southbroom in Kwa-Zulu-Natal stap. “Ek het ingestap en eers die uitsig oor die see bewonder, en in my geestesoog het ek net gesien: vriende, familie, parties en Kersfees,” vertel die sanger waar hy nou op die houtdek van dié huis op die see sit en uitkyk. Hy móés dit eenvoudig hê – en nou ís hy ook die eienaar van hierdie indrukwekkende strandhuis. “Ek is mal oor Bali en Thailand, en ek wil hier voel of ek op ’n eiland is,” vertel hy oor die kleurryke dekor. Met die intrapslag lyk dit inderdaad soos ’n tropiese paradys. Palmtakke vorm ’n motief deur die huis – jy sien dit op ’n mat, teen die…