EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 26-Mar-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
BUY ISSUE
R25,60
SUBSCRIBE
R998,40
51 Issues

in this issue

7 min.
gesels saam

1 ‘PA, MOENIE WORRIE NIE; DIS NIE JOU SKULD NIE’ Hy het alle veiligheidsaanwysings gevolg, sê ’n gebroke Ivan de Villiers. Nogtans is sy dogter oorlede weens brandwonde ná ’n ongeluk met vuurjel MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM Dit is baie hartseer oor Adri. Ek ken die familie goed. Ek en Sarie was saam by ’n sendingsorganisasie en het langs mekaar op ’n plaas in Noorder-Paarl gewoon. ELMIEN Ons gebruik self die jel, maar hervul net wanneer ons seker is die vlam is dood. Ek voel jammer vir die gesin. Vir almal wat met vuurjel werk, maak seker die vlam is dood. DAPHNE Ek begin nou self skrikkerig raak vir vuurjel. Wat het geword van die dae toe ons vuuraanstekerblokkies, fynhout en vuurhoutjies gebruik het om vuur te maak? ADRIAAN Die afgelope Maandagaand het drie mense van ons bidgroep…

16 min.
ons nuwe werklikheid

SOOS ’n golf wat ál groter swel en ál kragtiger voortstu, het die moontlike bedreiging van die coronavirus Covid-19 stadig maar seker na Suid-Afrika aangerol gekom. Eers is berig dat ’n nuwe virale siekte – aansteekliker en dodeliker as ’n gewone seisoensgriep – daar ver in Wuhan, China, kop uitgesteek het. Toe volg die ontstellende nuus dat dit oor die hele aardbol versprei, ook tot aan die suidpunt van Afrika. En skaars ’n week nadat die eerste Suid-Afrikaner op eie bodem positief vir die nuwe coronavirus getoets het, het pres. Cyril Ramaphosa in ’n regstreekse televisieuitsending ’n nasionale ramptoestand afgekondig. Toe was daar reeds 61 bevestigde gevalle van mense in die land wat met die virus besmet is, en meer as 162 000 mense wêreldwyd. “Nog nooit tevore in die geskiedenis van ons…

6 min.
gesteel, my kosbare ure

HY KAN vir jou presies vertel hoe lank hy nou al as ’n beweerde pedofiel gebrandmerk is: 580 dae. En 580 dae lank baklei hy om sy naam in ere te herstel. Maar soms voel dit asof hy dié skandvlek teen sy naam vir ewig sal moet verduur. “Hoe verdedig jy jouself teen sulke aantygings?” vra hy terwyl sy ysblou oë vol trane skiet. Hier waar ons in die middagson van die sitkamer van sy aftreehuis in Pretoria-Oos gesels, is ons meer as 1 000 km ver van ’n nou berugte eiland aan die Oos-Kaapse kus. Maar die beweerde grugebeure op daardie eiland, drie dekades gelede, eggo vandag soos die skril gekrys van seemeeue in die gemoed van oudmin. Barend du Plessis (80). Die bewerings in die boek Die seuns van Bird Island…

7 min.
ons huis van mooie chaos

HULLE het baie slapelose nagte agter die rug. Honderde doeke en net soveel bottels. Maar hier sit hulle. “Ons het dit oorleef, maar dit was so hittete,” sê Ian Roberts met daardie bekende geamuseerde glimlag. Ses maande gelede het die 68-jarige akteur en Francoisnette le Roux (37) se lewe soos handomkeer verander toe twee piepklein lyfies hul eerste asemteue in die wêreld gee. Nie net het hulle nou ’n tweeling wat teen dié tyd wil-wil begin sit nie; Ian het ook by Francoisnette en haar dogter uit ’n vorige verhouding, Ava (8), ingetrek. En dit op Lydenburg, byna 400 km van Johannesburg, die stad wat hy dekades lank huis genoem het. Soveel aspekte van sy lewe het op die rype ouderdom van byna 70 verander. Maar die mense wat dalk skepties was oor die groot…

7 min.
‘sy maak my heel’

OP DIÉ warm Saterdagmiddag lyk die vroegherfshemel blouer as gewoonlik en die gemanikuurde grasperk van die Serengetigholflandgoed in Kempton Park selfs groener as wat jy gedink het moontlik is. Maar selfs opvallender as die blouste blou en groenste groen is die glimlag van die bruidegom – ook dít lyk na iets in sy intensiewe vorm. Want Hykie Berg stráál. Die Binnelanders-akteur (42) gaan sweerlik van afwagting en vreugde uit sy stylvolle donkerblou troupak se nate bars hier waar hy binnekort ewige trou gaan beloof aan die vrou van sy drome, die prokureur Gerridene de Vries (30). Die sowat 250 gaste het reeds hul plekke op die rye wit stoele ingeneem en wag ook dat die bruid haar verskyning maak. Teen drieuur daag sy op in ’n antieke Volvo 122S. Toe sy uit die klassieke…

3 min.
hy’s mýne – kom wat wil

SY HET genoeg gehad van liefdesteleurstellings en die lewe as alleenloper. Dis dié dat Pasha dos Santos besluit het sy gaan alles uithaal toe sy die kans kry om aan The Bachelor SA deel te neem . . . Kom wat wil, sy gaan sorg dat die land se hubaarste vrygesel nie veel langer ’n vrygesel bly nie – al maak dit haar hóé ongewild onder die ander mededingers om die aantreklike Marc Buckner se hart. Kykers van M-Net se werklikheidsreeks kon skaars hul kon oë glo toe die 27-jarige brunet die wit “troefkaartroos” aan die begin van die reeks wen en dit sommer dadelik gebruik om ’n romantiese afspraak voor ’n ander meisie se neus weg te raap. Mark (36) het Marisia van Wyk (24) toe pas vir sy eerste afspraak gekies.…