EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 2-Apr-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
BUY ISSUE
R25,60
SUBSCRIBE
R998,40
51 Issues

in this issue

7 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘CORONA VERG BUITEN-GEWONE OPTREDE’ Pres. Cyril Ramaphosa se noodstappe om die coronavirus hok te slaan het ons almal se lewe in ’n oogwink drasties verander. Hier is ’n paar lesers se gedagtes Ek en my man bedryf ons onderneming soos normaal. Ons was gereeld hande en die toonbank ná elke kliënt. As ons nie werk nie, het ons geen inkomste nie.GERMARIE Ek kry ouers jammer wat nie tuis kan werk om na hul kinders om te sien nie. Kleuterskoolgeld is reeds betaal en nie almal kan nog ’n kinderoppasser bekostig nie.SERETA Ek het my eie salon en dis skokkend stil. Hoe moet ek huur betaal en kos op die tafel sit sonder besigheid? Ek kan nie my landlord sê ek kan nie betaal weens die virus nie.LEANNE Moenie bang wees om staatshospitale toe te…

10 min.
dolverlief op my 2 seuns

IN DIE dae dat sy die kroon as die wêreld se heel mooiste gedra het, het sy talle laat aande beleef wanneer sy glansgeleenthede oor die aardbol moes bywoon. Maar deesdae is dit ’n klein mensie – of eintlik twee van hulle – wat Rolene Strauss uit die slaap hou. En nes enige ma van ’n baba én ’n kleuter wens ons voormalige Mej. Wêreld sy het meer arms gehad en dreig die eise van moederskap soms om haar te oorweldig. “Jy wonder of jy as mamma goed genoeg is; of jy genoeg aandag aan almal gee en of daar genoeg gesonde kos is,” erken die 27-jarige ma wat ’n mediese graad agter haar naam kan skryf. Ondanks die rustelose nagte wanneer haar driejarige kleuter tussen die baba se borsvoedings deur daarop…

6 min.
koninklike afsondering

’NSIEKTE wat g’n mens ontsien nie – nie eens koninklikes nie, ten spyte van al hul rykdom en toegang tot die beste beskerming en mediese sorg denkbaar. Toe prins Albert van Monaco onlangs aankondig hy het positief getoets vir COVID-19, het die wêreld opnuut besef die nuwe coronavirus kan enigiemand tref. Hy is die eerste staatshoof wat die gevreesde virus opdoen. Albert (62) word nou in die Prins Se Paleis in Monaco deur ’n span spesialiste van die Prinses Grace-hospitaal behandel terwyl sy vrou, prinses Charlene, en hul vyfjarige tweeling, prinses Gabriella en prins Jacques, in afsondering in Roc Agel, die gesin se huis op die Franse platteland, is. Sodra die dokters hom heeltemal gesond verklaar, sal Albert by hulle aansluit. Maar intussen het prinses Charlene (42) aan Huisgenoot vertel hoe die gesin…

7 min.
die koors tussen my en vryheid

BYNA twee maande lank was sy ’n gyselaar van die virus wat die wêreld in sy wurggreep het. Ver anderkant die waters was sy dagin, daguit, weekin, weekuit vasgekeer in haar woonstel in die land waar COVID-19 in Desember die eerste keer sy kop uitgesteek het. Terwyl haar geliefdes in Suid-Afrika moes toekyk hoe die siekte oor grense heen versprei terwyl dié grense toenemend gesluit word en ál meer vlugte gekanselleer word, was die jong mediese student van Limpopo in Suid-Afrika saam met miljoene ander mense in kwarantyn in die stad Jingzhou in China. Sê nou net sy word ver van haar mense siek in die vreemde, het sy gevrees. Toe swaai Unarine Jessica Rakole (22) se tronkdeur as’t ware vir haar oop – sy kry ’n e-pos van die Suid-Afrikaanse regering wat…

17 min.
jou gids vir die tuisblylewe

SOOS ’n onsigbare indringer het die coronavirus die land binnegesluip en die lewe soos ons dit ken op sy kop kom keer. En nadat pres. Cyril Ramaphosa ’n 21 dae lange totale inperking ingestel het, is die eens besige strate vreemd verlate. Van sportgebeurtenisse tot kerkdienste en kunstefeeste is reeds vroeër gekanselleer, en met skole, universiteite en kantore wat gesluit is, trek oud en jonk hulle in hul huise terug en wag dat die bedreiging van die gevreesde virussiekte COVID-19 hokgeslaan word. Want nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het mense mag van 26 Maart om middernag tot 16 April om middernag slegs hul huise verlaat vir mediese sorg, om kos te koop of maatskaplike toelaes te ontvang, volg mense oor die land dié streng reëls wat deur die owerhede geïmplementeer word. Diegene…

7 min.
joe van die oerwoud

MET sy bruin en gespierde lyf, lang lokke en tradisionele tatoeëermerke lyk hy soos ’n ware woudbewoner. Dis op foto’s duidelik die atletiese man met die breë skouers is ’n vrygees en op sy gelukkigste in die natuur. In video’s wat hy in die sosiale media deel, filosofeer hy oor identiteit, selfliefde en vreugde. En as jy dink iets aan hom lyk bekend, misgis jy jou nie … Ja, dié adonis in die reënwoud van Costa Rica was eens op ’n tyd een van ons rugbywêreld se belowendste jong Springbokke. ‘Ek moes ophou met die harde partytjies oor naweke’ Johann van Niekerk, of eerder “Big Joe” van Niekerk, soos hy in sy glorietyd bekendgestaan het, se lewe het ’n heel nuwe koers ingeslaan sedert ons hom byna twee dekades gelede die eerste keer as…