EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 16-Apr-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
BUY ISSUE
R25,60
SUBSCRIBE
R998,40
51 Issues

in this issue

7 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘ONS HET SAAM OP SKYPE GEFLIEK’ Hulle was laerskoolliefies voor hulle later in ’n langafstandverhouding van sewe jaar was. Nou het Hendri Dippenaar en Bianca Brandt getrou en nesgeskop Hoe lekker is dit nie om julle ná al die jare weer so saam te sien nie. God se rykste seën op ’n gelukkige lewe saam. Van juffrou Hanlie (Van Wouwtjie-skool).HANLIE Baie geluk. Mag julle vreugde in mekaar vind. My man was my laerskoolliefde. Op 22 April is ons 20 jaar getroud. Het hom al gejaag, maar hy is te lui om sy tas te pak!ANNELIZE Ek het lanklaas so ’n mooi verhaal gelees. Mag jul huwelik geseën wees. Ek is met my skoolliefde getroud en was nog nooit een enkele dag daaroor spyt nie.ELMARIE Ek en my man was skoolliefdes. Ons was 50 jaar…

12 min.
verward – en nog op soek …

KAALVOET in ’n swart kortbroek en sonder ’n hemp het die bruingebrande, gespierde sitrusboer pas langs die mooi blondine op ’n rusbank kom inskuif. Verlede Oktober was hulle nog twee liefdesduifies wat tussen pienk en wit lentebloeisels op Huisgenoot se voorblad vir mekaar gekoer het. Nou is die atmosfeer tussen Rox-Zee Veldhuizen en JJ Stander gespanne hier in haar ouerhuis in Hillcrest, Durban. Die 25-jarige boer van Citrusdal in die Wes-Kaap het die drie weke van inperking saam met haar by haar ouers kom deurbring. Hy help fluks in die huis en het pas een van die vertrekke gestofsuig. “Dit is jóú keuse of jy hier wil rondhang. As jy wil loop, kan jy loop. Maar jy hou duidelik van my geselskap; daarom is jy nog hier,” sê sy en kyk ’n oomblik…

7 min.
my hel in wuhan

SOOS altyd voor sy vir haar werk moes reis, het sy haar seuns elkeen op sy eie manier gegroet – vir jong Aidan (9) met ’n soen en sy ouboet, Danford (18), met ’n stewige druk. Daar was niks buitengewoons aan dié afskeid nie. Of so het hulle gedink … Die 39-jarige Nadia Verhoog het daardie dag geen idee gehad watter nagmerrie by haar bestemming op haar wag nie. Nog minder dat sy eers ná ’n ontbering van meer as twee maande weer tuis sou wees. Want dié ma van Centurion was op reis na Wuhan in China, wat toe kort daarna bekend sou word as die ground zero van die wêreldwye coronaviruspandemie. Nadia, ’n verkoopsbestuurder in die telekommunikasiebedryf, en haar baas, Pieter Viljoen van Johannesburg, is in Januarie vanjaar vir ’n konferensie…

12 min.
gereed vir die ergste?

SOOS in ’n onheilspellende stilte voor ’n donderstorm met alle geweld losbars, het strate leeggeloop, ondernemings hul deure gesluit en Suid-Afrikaners hulle in hul tuistes teruggetrek. Maar terwyl mense landwyd 21 dae lank ingeperk is in ’n poging om die verspreiding van die gevreesde coronavirus te probeer stuit, staal medici hulle vir ’n verwagte stortvloed pasiënte met simptome van COVID-19 wat op plaaslike hospitale kan toesak. En in hul gemoed brand die vraag: As ontwikkelde lande soos Amerika, China en Italië oorweldig is deur ’n magdom pasiënte wat mediese hulp nodig het, hoe gaan Suid-Afrika met sy brose gesondheidsorgstelsel die mas opkom? “Senuweeagtig, angstig en bang,” beskryf dr. Leonel de Caires van Kaapstad sy emosies. “Dit is soos om op die strand te staan en te kyk hoe die gety drasties terugtrek en…

10 min.
warm harte in ’n tyd van nood

HULLE noem dit woonwaens, maar dis eintlik luukse suites op wiele wat al vir Hollywoodsterre soos Charlize Theron en Vin Diesel goed genoeg was. Maar maak jy nou die deur oop, word jy begroet deur ’n stertswaaiende steekhaarbrak wat andersins op straat sou moes oorleef. En dis maar een van die maniere waarop Suid-Afrikaners in dié tyd van nood saamstaan. Weke lank het ons verstom op televisie gekyk hoe die grootste stede in China, die land met die wêreld se grootste bevolking, die een ná die ander in spookstede verander weens die coronavirus wat sy tentakels versprei. Eindelik ook Hongkong, Rome, Parys, Berlyn, Madrid, Londen, Sydney … Nou het die woeligste strate en toeristebestemmings stil geword weens ongekende noodregulasies wat mense dwing om binnenshuis te bly in ’n poging om die…

6 min.
ons wapen: die sa ‘spirit’

‘EK BEGIN onttrekkingsimptome kry – ek het weke laas aan ’n rugbybal geraak …” Dit klink dalk of hy spot, maar Stedman Gans is heel ernstig toe Huisgenoot met hom gesels op die Donderdagmiddag net voor Suid-Afrika se inperking om middernag op 26 Maart sou begin. Vir iemand wat gewoond is aan die adrenalien van sewesrugby en wat nog onlangs die Blitsbokke aangevoer het in een van die ongelooflikste terugvegpogings in sport – hul dramatiese eindstrydsege in ekstra tyd oor Fidji in Los Angeles – is dit g’n grap om tuis te sit nie. Maar Stedman (23) en sy Blitsbokspanmaats se jaar is ook deur die coronaviruskrisis omvergewerp – dié dat hy nou by sy ma, Charlotte, se huis op Vredenburg uitspan eerder as om sy stempel op rugbyvelde af te druk. Sedert dié…