EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 14-May-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
BUY ISSUE
R25,60
SUBSCRIBE
R998,40
51 Issues

in this issue

7 min.
geselssaam

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM 1 OM AFSKEID TE NEEM TYDENS INPERKING Met’n maand van inperking agter die rug deel talle lesers hul verhale van hartseer oor geliefdes wat hulle in dié tyd verloor het en nie behoorlik kon groet nie Dis hartseer om oor ’n telefoon met jou pa te praat, te hoor hy is nie meer dieselfde nie. Ek wou by hom gewees het. Die volgende oggend, 12 April, is hy oorlede. MORNÉ My kinders se pa is pas ná ’n kort siekte oorlede. Ek kon hulle nie van Mpumalanga na KwaZulu-Natal vat nie. Hy is veras; roudiens later. Hoe verduidelik jy vir kinders? JURIKA Mams is op 14 April oorlede. Net ons dogters en kleindogters en Pa was daar, met gesigmaskers op – so onpersoonlik. Ná die inperking sal ons ’n gedenkdiens hou. KARIN Sterkte. Ek…

6 min.
raaisel van die stortdood

LANK voor die inperking het sy al aanlyn op ’n gasteplaas afgekom waar ’n tweeslaap-kamerkliphuis teen ’n krans nestel met ’n prentjiemooi uitsig op die Kougarivier naby Kareedouw in die Oos-Kaap. Toe Mari Hoon (28) en haar verloofde, Jéan Vosloo (25), die kans kry om vir die laaste naweek in April daarheen weg te breek, het hulle dit ten spyte van die inperking aangegryp. Maar die paartjie, wat in Maart volgende jaar sou getrou het, het die laaste ure van hul jong lewe daar deurgebring. Die oggend ná hul aankoms is albei se lyke in die stort aangetref waar hulle in raaiselagtige omstandighede saam gesterf het. “Hulle was so lief vir mekaar. Hulle was soos peanut butter en stroop. Hulle het álles saam gedoen,” vertel Mari se suster, Suné (29). Vir haar was die…

6 min.
soveel vrae oor my seun

DIT is die verhaal van ’n haas ondenkbare gesinstragedie: ’n gekwelde jong man uit ’n gebroke huis wat deur sy eie pa doodgeskiet is toe dié hom vir ’n inbreker aangesien het, en sy verpletterde ma se soeke na ’n swaarder straf nadat haar eksman met slegs ’n waarskuwing uit die hof gestap het. Maar dit is ook ’n hofdrama waarin die coronavirus ’n onvoorsiene speler geword het. Die 49jarige Sharon Taylor was platgeslaan toe haar eksman, Coert Kruger (51), verlede September as ’n vry man uit die streekhof in Vanderbijlpark gestap het nadat hy skuldig bevind is aan die moord op hul seun, Coert jr. (30). “Die landdros het gesê hy kan aan geen erger straf dink as dié dat Coert elke dag in die spieël in sy seun se moordenaar gaan…

8 min.
gehaltetyd saam met charlotte

KORT-KORT flits ’n blonde krulkop soos ’n warrelwind op die skerm verby of kom klouter op haar bekende ma se skoot. Sy is net so mooi soos haar ma, en net so mooi aangetrek – al is dit net nóg ’n dag by die huis; ’n dag waarop nie een van die twee ’n voet by die deur sal kan uitsit nie. Voor die skootrekenaar sit die aktrise Rolanda Marais, fleurig uitgevat in ’n helderkleurige bloes. Al bring sy die inperking tuis deur saammet haar vervaardiger- regisseur-man, Jozua Malherbe, en hul driejarige dogtertjie, Charlotte, kan jy haar steeds deur ’n ring trek. “Dit maak my lus vir die dag,” sê sy. Al noem sy haar klerestyl beskeie “antieksjiek met ’n humorsin”, is sy al as een van die stylvolste vroue in die…

11 min.
covid-19 deur ’n kennersoog

NET ’n paar maande gelede was die woord “coronavirus” iets waaroor Suid-Afrikaners skaars gewonder het; nou is dit byna al waaroor ons praat en waaraan ons dink… Al neem dit ons gesprekke en gedagtes oor, bly daar baie onbeantwoorde vrae oor die virus en siekte wat die ganse wêreld op hol het. Huisgenoot het van dié vrae aan van die voorste plaaslike leiers in die stryd teen die pandemie gestel, en hulle het ingestem om hul ingeligte mening te deel. Twee van dié kenners is prof. Salim Abdool Karim en prof. Nombulelo Magula, lede van pres. Cyril Ramaphosa se ministeriële advieskomitee oor die COVID-19-virussiekte en -pandemie. Die derde is dr. Richard Lessells, ’n lid van die Universiteit van KwaZulu-Natal se span wat die plaaslike en internasionale reaksie op die pandemie steun. Hier…

1 min.
wie is die kenners?