EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 28-May-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
BUY ISSUE
R25,60
SUBSCRIBE
R998,40
51 Issues

in this issue

8 min.
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘EK WOU WEET VOOR EK DOODGAAN’ Leon Adolf Brits van Piketberg het vrede gekry nadat hy 71 jaar lank probeer vasstel het wie sy ma was. Sy soektog het by Lettie vanVuuren se graf in Klerksdorp geëindig Trots om te sê sy was die moeder wat ek so liefgehad het. Nooit geweet van die hartseer wat sy versteek het nie en dankbaar vir die ouboet wat ons kon verwelkom. ELNA Dit was ’n voorreg om my ouma Lettie te geken het. Sy was ’n wonderlike mens. En ook om jou te kon leer ken, oom Leon. So bly dat Oom se verhaal eindelik die lig kon sien. LETRICIA Oom Leon, ek is bly jy kon Ouma kry. Ek was ook Aletta Sophia Steyn, genoem na ouma Lettie. Dit was ’n voorreg om groot te word…

10 min.
‘lockdown’ agter tralies

BYNA twee maande lank is die hele land al as’t ware in huisarres. Selfs die gelukkigstes onder ons, in gerieflike woonplekke met tuisvermaak en ons gesinne by ons, kla soms omdat ons nie na willekeur kan rondbeweeg nie. Sommige van ons raak rebels omdat daar vir ons voorgeskryf word wat ons mag doen, hoe laat ons dit mag doen en waar. Ons beleef die emosionele toestand bekend as kajuitkoors en verlang na vriende of verre familielede. “Ek kan gek word; wanneer gaan dit end kry?” hoor jy gereeld . . . Kortom, ons het tydens die afgelope weke van inperking begin besef wat die gevangenes in ons tronke reeds weet: Om jou vryheid ontneem te word is moeilik en traumaties. Volgens die departement van korrektiewe dienste (DKD) se jongste jaarverslag is daar minstens 163 000…

1 min.
inperking binne die inperking

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) wil alle gevangenes beskerm; daarom is besoeke “tot verdere kennisgewing opgeskort”, sê ’n DKD-woordvoerder, Singabakho Nxumalo. Tronkowerhede het nog nie die kapasiteit om alle besoekers vir simptome van COVID-19 te skandeer nie. “Ons wil dit eindelik wel doen sodat besoeke kan hervat, maar weet nie wanneer dit sal wees nie.” Dié owerhede het ook nog nie die kapasiteit om pakkies te ontsmet voor dit aan gevangenes oorhandig word nie. Hy sê die departement probeer die gevangenes bystaan deur vir hulle bankrekeninge te open waarin hul geliefdes geld kan deponeer vir basiese aankope by tronkwinkels. Singabakho sê dit is “onsin” dat geen telefoonoproepe moontlik is nie. “Gevangenes word steeds toegelaat om hul geliefdes te bel.” Die DKD stel nie die syfers bekend van die tronke waar mense positief getoets…

7 min.
as diejawoord maar moet wag

‘Ons het daarna gesmag om oplaas man en vrou te wees’ HUL troudag sou wees soos die slottoneel in ’n liefdesverhaalwaarin die paartjie eers baie struikelblokke op hul pad na mekaar moes oorkom. Hulle het gedroom van ’n groot troue aan die Kaapse Weskus en ’n wittebrood so reg uit ’n sprokie: Amsterdam, Parys, België en Switserland . . . Maar toe word die troue gekanselleer, en nie omdat die sepiester en sanger Reynardt Hugo of sy donkerkopverloofde, An-Maré Roothman, kleinkoppie genie. Nee, dit was alles die skuld trek het van ’n ongenooide gas – die coronavirus. En waar die twee teen dié tyd byna twee maande van die getroude lewe sou kon vier, is hulle nou n oodgedwonge steeds ongetroud en moet hulle opnuut droom van die groot dag wat nou eintlik…

6 min.
1 jaaroud –eneindeliktuis

MET haar geboorte was sy so groot soos ’n koeldrankblikkie en het sy net 440 g geweeg – minder as ’n blok botter. Die dokters het vir haar ouers gesê klein Ruaché – die kind op wie hulle meer as twee jaar lank gewag het – gaan dit nie oorleef nie. Keer op keer moes Mari (30) en Johan Botha (37) toekyk hoe sy spook om asem te haal wanneer haar longetjies platval, hoe haar hartjie gaan staan, en hoe verpleegsters en dokters skarrel om dit weer aan die klop te kry. “Ek het ophou tel by 10 keer wat haar hart gaan staan het. Die pediater het vir ons gesê ons moet ons regmaak vir die ergste. Toe ek en my skoonma sê ons sal bid, het hy gesê ons gaan ons…

6 min.
oor lockdown en die liefde

HY IS nie ’n man wat swyg of huiwer om mond uit te spoel nie. Hy word gereeld in nuusberigte as ekonoom aangehaal en deel graag sy mening op sy Facebookblad – dikwels met statistieke en grafieke om sy saak te staaf. Die afgelope tyd is sy stem een van dié in ’n koor wat pleit dat Suid-Afrika se inperkingsmaatreëls verslap word omdat die ekonomie toenemend bloed sweet. Werkloosheid, armoede en hongersnood groei by die dag, waarsku Mike Schüssler. Die ekonomie is nou op ’n ventilator, sê hy op sy Facebookblad Dit is hier – in die sosiale media – wat hy die afgelope tyd kaalvuis inklim om die streng inperkmaatreëls aan te vat. Maar dit was ook hier waar dié voormalige wenner van Netwerk24 en die Afrikaanse dagblaaie se Ekonoom van die Jaar-kompetisie…