EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 4-Jun-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
BUY ISSUE
R 25,60
SUBSCRIBE
R 998,40
51 Issues

in this issue

1 min.
my storie

Die dag toe iets my pa prikkel om uit die bloute ’n gentleman te word TYDENS die inperking ry ek maar weer die onthoupaaie . . . Ons gaan kuier by my ouers op hul kusdorpie. Net twee dae omdat ons troeteldiere tuis het. En ek en Dad het eenderse persoonlikhede. Kuier ons te lank, dan krap ons aan mekaar. Ons vroue wil die winkels en tuisnywerhede invaar. Die mans wil bier en aas koop, en seun soek lekkergoed en ’n visstok. Ons stop by die winkelsentrum, beginne uitklim. Nou moet julle weet, die mans in die motor is nie juis van gentlemanstoffasie gemaak nie. Ons vroue het mos arms gekry om self deure oop en toe te maak. En vandag se motors klink of hulle uitmekaarval as jy die deur te hard toemaak. Maar…

3 min.
gesels saam

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM 1 ‘EK’T NIE GEDINK SO BAIE PYN IS MOONTLIK’ Dit is al ’n jaar sedert John Bothma (23) se verdwyning in Viëtnam. Sy bedroefde ma, Colleen Bothma, het nog geen taal of tyding oor hom gehad nie Ek het my seun verloor, en die pyn gaan nie weg nie. Maar om nie te weet of jou kind lewe of dood is nie, is veel erger. Ten minste kon ons afskeid neem. SUSAN Geen mens wat nog nie self deur so iets is, kan weet hoe erg dit moet wees nie! Colleen, ek hoop jy sal op die een of ander manier uitsluitsel of afsluiting kan kry. THERINA Ek voel vir almal wat ’n kind verloor het. Ek het een van my tweeling in ’n motorongeluk verloor, en my oudste seun weens kanker.…

1 min.
briewe

Mag die restaurant- en vermaakbedryf uit die as van hierdie tyd opstaan DIE inperking weens die virus bring ongekende ontwrigting, menslike lyding en emosionele trauma weens die verlies van dinge wat so lank ’n belangrike deel van ons lewe was. Die afgelope 26 jaar was ek baie bevoorreg om gereeld by die gewildste restaurant in ons kontrei as sanger te kon optree. Ek en die restaurant het saam gegroei; dit het ’n groot deel van my bestaan geword. Toe kom die pandemie en die gevolglike inperking. En net soos ander gelyksoortige instansies is die eens gewilde, gesellige restaurant gesluit. Donker en stil. Dit is vreeslik hartseer. WENBRIEF Sal dit ooit herleef as die gesellige en geliefde plek van saamwees wat dit dekades lank in ons gemeenskap was? Sal ek ooit weer so geseënd wees om…

1 min.
skryf aan ons

E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300. SMS’E Ek verstaan nie al die drama en belaglike regulasies wat COVID-19 hier veroorsaak nie. Is daar ooit sulke drastiese stappe gedoen teen al die padslagtings en geweldsmisdade? Los die dekselse virus en kom ons gaan aan met ons lewe. ANONIEM Ek lag heerlik vir Frank en Gerda se fotomanewales tydens die inperking (’n Kuur vir die verveling – 21 Mei). Dis mos prettige terapie teen al die depressie en gee ’n mens sommer weer moed om deur die dag te kom. Doen so voort. CHRISTINE Oor die artikel ’n Tyd vir heel word (21 Mei): Gretha Wiid, dít kan jy maar weet: ’n Man wat een keer rondgeloop het, gaan dit weer doen.…

1 min.
editor

OP SAKDAG woed ’n storm in Kaapstad. Dit reën en die wind ruk aan die ruite. Twee jaar gelede hierdie tyd, onthou ek, het ons nog desperaat gewag op reën met die damme wat ál leër word en Dag Zero wat ál nader kruip. Dit voel so ver; byna vergete. Die jaar het verbygeblits; toe nog een. En nou is dit byna Junie van 2020. Die jaar is al byna by sy halfpadmerk en almal in hierdie land is bekommerd, besorg en gespanne. Oor die stil skerpskutter van COVID- 19, maar ook oor die landskap wat sal agterbly ná die oorlog teen ’n onsigbare virus. Alles het so vinnig verander, dink ek. In ’n oogwink, eintlik. Ons wag op vlak 3, vlak 2, vlak 1 van die inperking en droom van ’n…

7 min.
so séér oor die berg tussen ons

‘Ek sou happy wees om onder ’n olienhoutboom saam met haar te bly. Vir my was die liefde genoeg’ HY HET al baie gehuil. Daar is steeds dae dat hy soggens wakker word met trane in sy ysblou oë. Die reus van oor die 2 m lank, die man met die hees rasperstem wat hom een van die bekendste sangers in die land gemaak het, is nie skaam om te erken sy hart is gebreek nie. “Dit is die seerste seer wat ek nog gehad het,” sê Dozi oor sy derde huwelik wat ná skaars ’n jaar van die getroude lewe in ’n doodloopstraat beland het. Die skor stem klink mismoedig. “Ek het vas geglo this is it, maar ek kon net nie wees wie sy wil hê nie.” Hy praat van Kim Viljoen (29),…