EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 11-Jun-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
BUY ISSUE
R 25,60
SUBSCRIBE
R 998,40
51 Issues

in this issue

1 min.
my storie

NOU die oggend luister ek na Lynette Francis-Puren se program Praat saam op RSG. Dit gaan oor welwillendheid, mededeelsaamheid en onmeetlike liefde. Dié vier woorde bly in my kop maal, want selde was dit so relevant soos juis nou in hierdie onseker tyd van inperking. Ek luister na al die hartseer stories van inbellers; mense wie se behoeftes so groot is, maar ook mense met so ’n inspirerende passie om hul medemens by te staan. Ek wil elkeen persoonlik bedank vir wat hulle vir ons behoeftige families beteken en doen. Ek self is ’n mens wat baie vir die behoeftige mense in ons gemeenskap omgee. Vandat ons weer kan oefen, stap ek elke oggend so ’n paar kilometer, want ek glo die oefening is die beste verweer teen die virus – vir sowel…

1 min.
gesels saam

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM 1 WYN VIR ONS INPERKINGSPYN Op vlak 3 van die inperking kan jy weer ’n ietsie aankoop, maar net van Maandag tot Donderdag, en jy mag nie saam met jou vrinne oor ’n glasie verkeer nie Ná 12-uurskofte in die COVID-waaksaal is die vooruitsig van ’n Vrydagaand met ’n glas rooiwyn en sigaret te lekker. Dit ontlaai stres. Nie almal is verslaaf nie. YUSERA Ons werk om te kan rook of ’n ietsie te geniet wanneer ons by die huis kom. Baie van ons weet hoe om verantwoordelik te rook of drink. Elkeen kan vir hulself besluit. BARBARA Laat dit julle nie aan die “ou dae” dink nie? Toe ondernemings op ’n Vrydag toegemaak het tot Maandag. Saterdae was net sekere winkels tot eenuur oop. HEIN Nie almal wat ’n drankie geniet, is verslaaf…

2 min.
briewe

WAT het ek in hierdie inperking geleer? Dat ’n huiswerker die moeilikste dagtaak van almal het; dat elke huiswerker verdien om elke jaar sommer ’n groot bonus te kry en dat hulle almal boonop vir die een of ander spesiale prys benoem moet word. Ek het die afgelope tyd eerstehands geleer hoe vermoeiend huiswerk is. Dit kos beplanning om deur die dag se werk te kom. En boonop is dit ’n ondankbare werk en word ons huiswerkers alte dikwels nie na waarde geskat nie. Gun asseblief jou huiswerker in die toekoms ’n behoorlike ontbyt-, tee-en etensuur, want sy werk bitter hard. Huiswerk, het ek besef, is nimmereindigend en uitputtend. Betaal haar ook behoorlik. Ek gaan my huiswerker met vreugde en ope arms bederf wanneer sy eendag kan terugkeer. Ek gaan ’n groot banier maak…

1 min.
skryf aan ons

SMS’E As die jawoord maar moet wag (28 Mei): Ja, julle is reg; daar is geen haas om die jawoord te kry nie. Jul verhouding moet die pandemie kan oorleef. Huwelikseremonies, partytjies, alles kan wag. Daar is geen rede om julle in die huwelik in te haas nie. STORM Die artikel “Minister van kwaad stook” (28 Mei): Daar staan Nkosazana Dlamini-Zuma lyk altyd ernstig en dat min mense weet hoe haar glimlag lyk. My mening, nadat ek die foto’s gesien het, is dat sy dalk maar liewer nie moet glimlag nie. ONTNUGTER, KAAPSTAD Ek is so bly ander mense voel ook soos ek oor die sepies. Die Afrikaanse sepies Suidooster en Binnelanders is die grootste klomp snert. Ek kyk nie eens meer nie. Wanneer gaan Annelise met vakansie? Sy irriteer ’n mens so met haar…

1 min.
editor

EK DINK die laaste paar dae baie aan hoe ek dinge vir my kinders gaan verduidelik wanneer hulle terugkeer skool toe. Die afgelope twee maande het ons baie gepraat oor die coronavirus en die redes vir die inperking, maar hoe verduidelik ek vir hulle dat hulle moet teruggaan skool toe al het die virus nog nie gewyk nie? Hulle praat al die taal van maskers dra en handjies was en verstaan hoekom mense nou versigtig is en liefs tuisbly. Ek verwonder my daaraan dat hulle soms pragmatieser as hul ouers is – hulle aanvaar dinge eenvoudig en pas aan. Maar iewers is daar ’n stukkie bang in elkeen se binnekant. En een van die dae sal ek moet verduidelik dat dit tyd is om weer skool toe te gaan, selfs al is…

8 min.
nét hoop in die storm

WEG is alles – elke plan wat hy met soveel omsigtigheid uitgelê het; elke droom wat hy so lank gekoester het. En ja, selfs die baard. Verby is dit met al die “ou dinge” – dalk selfs met die ou Jo Black … Sy skip vaar – nes die een waarvan hy in sy trefferliedjie “Skepe” sing – in stormwaters. Dis asof die horlosie teruggedraai is – terug na die tye toe hy elke sent moes omdraai; toe hoop ál was wat hy met hom saamgedra het. Hy betwis dit nie: Dit ís ’n onseker tyd, sê die gewilde sanger. Maar onbekend? Helaas nie. Daarom kan nie eens die coronaviruspandemie Jo (38) van alle hoop ontneem nie – al tree hy weens die inperking al drie maande lank nie meer op nie. “Hoe ironies dat…