EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 18-Jun-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
BUY ISSUE
R 25,60
SUBSCRIBE
R 998,40
51 Issues

in this issue

7 min.
gesels saam

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM 1 DIS ASOF NIEMAND 1 DAAROOR PRAAT NIE’ Sy soek nie simpatie vir haar stryd teen depressie in lockdown nie, sê die sangeres Irene-Louise van Wyk. Ander depressielyers moet net besef hulle is nie alleen nie Ek dink baie mense sukkel met dieselfde probleem. Dit raak nou te veel; ons wil ons lewens terughê. Ons moet aanhou bid en glo alles sal regkom. SARAH Geluk met jul baba se geboorte. Dis erg sonder die familie. Glo, en geniet jul baba. Tel die foon op en bel as jy alleen voel. Ek weet ook hoe dit voel. ELIZABETH Baie mense sukkel daarmee. Ek is nou deur my derde fase van lockdown-depressie. Ons moet dit dag vir dag vat. So sal ons dit klop. Ek hoop dit help. ROCHEL Depressie is ’n siektetoestand soos enige ander.…

6 min.
’n sielsgenoot ná al die pyn

HY WAS gebroke en alleen toe hy die aand in ’n stil pizzarestaurant op Margate aan die suidkus van KwaZulu-Natal instap. Mike Vosloo het soos ’n eietydse Job gevoel nadat ’n tweede tragedie hom binne minder as twee jaar getref het. Net vier dae tevore, op Sondag 11 November 2018, het sy jongste seun, Marnuwico (13), met sy splinternuwe veldfiets op ’n motorfietsrenbaan verongeluk. Hy moes dieselfde smart deurmaak as toe sy dogter, Mundolene (17), skielik tydens ’n gesinsvakansie in Oktober 2016 op Mauritius dood is kort nadat haar stiefma, Marietjie (toe 33), haar in ’n rusie geklap het. Maar net toe die geskeide pa voel hy is finaal van alle vreugde in sy lewe gestroop, word sy gebede verhoor – om ’n sielsgenoot te vind. Dit was eers vriendskap, maar ek kon…

7 min.
sterker ná radiomoles

DIE liedjie “Love Is in the Air” was moontlik jare laas op Bok Radio se speellys, maar van praatjies oor romanse in die lug is daar oorgenoeg. Of sal ’n mens dit eerder “Love in a Time of Lockdown” noem? Boonop word drie kollegas by dié Kaapse kontreiradiostasie – nie een van hulle ongetroud nie – by bewerings oor egbreuk en huismoles betrek. In die hart van die drama is die stigter van Bok Radio, Wimpie van der Sandt, en sy omroeper-vrou, Le-Lue. Dié twee se aanvanklike werkverhouding het twee jaar gelede in iets heel anders verander toe hulle tydens ’n Bok Radio-bootvaart getrou het. Hulle het hul eie vroegdagprogram, BokBrêkfis, waar hulle oor hul lewe saam klets. Daar’s liefde in die lug en op die lug. Maar in die wandelgange van Bok Radio,…

6 min.
samesyn bo sukses

NAMATE elkeen se ster helderder geskyn het, het hul kosbare dae en ure saam eintlik ál minder geraak. En toe, byna soos ’n onverwagte blaaskans, kom die inperking en die kans om meer tyd saam deur te bring. En al is dié tyd van die coronavirus-pandemie ’n seer stryd vir ons land en is hulle maar alte goed bewus van die uitdagings, is die tyd saam soos ’n kleinood wat hulle altyd sal koester. Want die aktrise Marguerite van Eeden (22), wat die hoofrol in die fliek Vergeet my nie vertolk en tans as Alex te sien is in die kykNET-reeks Fynskrif, en haar kêrel, die Spoegwolf-sanger Danie du Toit (27), het nou weer tyd vir mekaar. “Dit gaan regtig baie goed met ons. Ons het so ’n geseënde tyd agter die rug,”…

7 min.
die wáre kerkorrel

HY WAS die groot troebadoer van plaaslike protesmusiek, die rietskraal sanger wat ’n generasie jong Afrikaanse mense aangemoedig het om apartheid en die konvensies van ’n Calvinistiese bestel te bevraagteken en selfs te bespot. By konserte dwarsoor die land het die gehore “Sit dit af, sit dit af !” gebulder wanneer hy sy satiriese liedjie oor PW Botha gesing het. Hoor ’n mens daardie lirieke 30 jaar later, is dit kompleet asof jy die stroewe gesig van die Groot Krokodil en sy waarskuwende vinger weer op die televisieskerm sien opdoem . . . As een van die groot geeste van die groep musikante bekend as die beweging was Johannes Kerkorrel ’n legende van die laat 1980’s en ’90’s – ’n tyd van politieke en sosiale verandering in Suid-Afrika. Hy en sy Gereformeerde…

6 min.
nuwe hoop op geregtigheid

DIE slaapkamer lyk soos enige ander gelukkige en beminde dogtertjie s’n. Vrolike pienk mure, gloeiende sterre op die plafon, ’n netjiese ry poppe en teddiebere. Maar in dié kinderkamer is 13 jaar laas gelag. Dit is asof die tyd gaan stilstaan het in klein Madeleine McCann se kamer in haar ouerhuis op die dorpie Rothley in Engeland. En al glo die meeste mense sy sal nooit lewend gevind word nadat sy op driejarige ouderdom uit haar ouers se vakansiewoonstel in Portugal verdwyn het nie, lyk haar kamer nog dieselfde. Die Britse meisietjie se raaiselagtige verdwyning op 3 Mei 2007, toe haar ouers haar sonder toesig in die hotelkamer op die dorpie Praia da Luz gelaat het, gryp steeds die wêreld aan. En telkens word die saak heropen vanweë nog ’n nuwe leidraad,…