EXPLOREMY LIBRARY
Celebrity & Gossip
Huisgenoot

Huisgenoot 25-Jun-20

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
Read More
BUY ISSUE
R 25,60
SUBSCRIBE
R 998,40
51 Issues

in this issue

1 min.
gesels saam

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM 1 ‘SY HET BAKLEI TOT SY NIE MEER KON NIE’ Karin van Straaten (50) van Uitenhage het verbete geveg om haar kleinseuns, Leonard (3) en Lambert (9), teen die familie se rottweiler te beskerm. Sterkte aan die gesin. Ouma, jy was baie dapper. Die kinders moes deur erge skok gegaan het. Ek hoop hulle sal dit kan oorkom. Baie drukkies vir julle almal. CORRIE My kind is op twee deur ons eie honde aangeval. Hy het steke in sy gesiggie gekry en dit het darem nie merke gelaat nie. Maar dis iets wat ek niemand toewens nie. MARETNA Vriende se groot honde het my kinders gebyt. Ons het net klein hondjies. Hulle is vreedsaam, so ons het geen worries oor groot, aggressiewe honde nie. THERINA Ek sien rooi wanneer mense sekere honderasse as aggressief…

1 min.
my storie

AS vryersklong het ek vir Nonna op hul Bosveldplaas gaan kuier. Eenkeer moes ek haar pa help om jaaroudkalwers plat te trek, te brandmerk en te onthoring. Die koeie het weens die werkery in die kraal rondgemaal en later befoeterd geword. Toe waarsku die oom: “Haar oë sal wys wanneer sy gaan storm, dan moet jy uit die kraal spring.” So kon ek ’n paar keer die gevaar systap. Ná sewe jaar se kraaldiens staan die oom sy verskalfie aan my af. Vandag, vyftig jaar later, is sy geen verskalfie meer nie. Nonna het verouder en raak maklik kwaai, veral wanneer ek in haar kombuiskraal lol. Haar pa het destyds gewaarsku: “Jy sal in haar oë sien wanneer sy gaan storm, dan moet jy uit die kraal spring.” Ongelukkig het ek…

2 min.
briewe

WENBRIEF EK verlang na my geliefdes en vriende. En ja, ook na die vreugde van ’n warm omhelsing om uiting te gee aan die gevoelens van blye weersiens. Ek verlang na die lekker van ’n kampvuurtjie, met kindertjies wat onbevange en vrylik speel. Ek verlang na die wye uitkyk oor die veld tydens ’n motorrit deur die natuur, om die seesand tussen my tone te voel, die brandertjies wat oor jou voete skuim, om die skoon, souterige lug sonder ’n gesigsmasker in te adem. Na kaasbroodjies op die rooster as aptytwekker terwyl die son oor nog ’n perfekte buitedag sak. Tydens die kort, haastige doenlysiedinge van die inperkingstyd is daar weens die maskers geen herkenbare glimlagte nie. Vroue se voorkoms is versluier en verdof; geen tikkie mooi lipstiffie te siene nie. Slegs die…

2 min.
skryf aan ons

SMS’E Ek stem saam met die briefskrywer (SMS’e, 28 Mei). Wat gaan aan in Getroud met Rugby? Dis die hele liewe tyd net Blits wat Julia smeek om ’n baba, en Candice en Liam se treurmares met mekaar. Asseblief, verander tog die storielyne. HETTIE My suster, Petro Winterbach van Edenpark, Witbank, word Juliemaand 88 jaar oud. Sy trap elke dag 20 km op haar oefenfiets. Nie aanmekaar nie, maar so deur die dag terwyl sy blokraaisels en sudoku’s invul. Ons is baie trots op haar. KLEINSUS Haai, baie dankie vir die artikel oor Jo Black (Nét hoop in die storm, 11 Junie). Veral die foto’s was vir my pragtig. Hy is ’n pragtige man, en met die kort baard baie handsome. Jo, hou die baard so mooi kort. Van ’n ou tannie van 80 jaar. GERDA Aan…

6 min.
gery deur ses sterftes

BYNA twee dekades al probeer hy om nie na die vervalle en verlate huis te kyk wanneer hy daar verby moet ry nie. Maar selfs wanneer hy stip voor hom kyk, met sy hande om die stuurwiel geklem, is dit daar in die hoek van sy oog. En dan wel die herinnerings en seer weer op. Vir ander inwoners van die rustige Gautengse dorpie Heidelberg is Von Geusaurylaan 72 “die moordhuis”. Maar vir die 42-jarige Jaco Greyling is dit die plek waar hy en sy gesin gelukkig gewoon het – tot die wrede en sinnelose bloedbad wat alles verander het. Dit is nou 17 jaar gelede dat vier mense in die huis vermoor is: Jaco se destydse meisie, Liz-Mari Minny (19); Jaco se broer, Abrie (21); hul familievriendin Heloise van der Westhuizen…

6 min.
my bruilof sonder hom

ALLES was gereed en prentjiemooi vir haar groot dag. Op die gasteplaas tussen die lowergroen Overberge buite Swellendam was die tafels gedek, versier met woestynrose en heuningblommetjies. Eenkant het die pronkstuk, die troukoek, gewag om gesny te word. Ook die klankstelsel was reg vir die oomblik wanneer die dansbaan geopen word met Dirk van der Westhuizen se romantiese liedjie “Fairytale”. En Trudie Swanepoel hét soos ’n sprokiesprinses gevoel in haar bruidsrok; haar hare in ’n keurige kapsel gedoen. Ook die strooimeisies was reeds in hul mosterdkleurige rokkies geklee; die strooijonkers in spierwit hemde met leerkruisbande. Die 60 trougaste en die pastoor het reeds gewag. Die bruidegom was wel ’n bietjie laat . . . “Nie ek of my familie het vir een oomblik enige red flags gesien nie,” vertel Trudie (27) ons vandag. Eindelik…