Huisgenoot 12 Aug 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 25,60
R 998,40
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 EK GAAN HOM OP DIE ORRELSTOEL MIS Die akteur Lieb Bester (72) het op 21 Julie weens covidkomplikasies aan nierversaking gesterf. Sy domineebroer, André, het sy troosdiens waargeneem Wat ’n voorreg om ook na die troosdiens op YouTube te kon kyk. Ons is hartseer, maar voel vertroos, want ons weet waar Lieb nou is, en hy sou dit nie wou verruil nie. Hy sal deur sy rolle voortleef in Suid-Afrikaners se harte. BARBARA Ds. André, dit was so ’n pragtige diens. Lieb sou regtig verskriklik trots op sy kleinboet gewees het. Mag Jesus vir julle sowel as die kinders en kleinkinders die krag gee om voort te gaan sonder Lieb. MAGDA Ai, my hart is so seer oor Lieb se afsterwe. Ek het hom nie persoonlik geken nie, maar hy was vir my soos familie.…

f0004-02
11 min
‘bedrog’ van die ‘goue’ diaken

OP DIE oog af sou jy beswaarlik ’n deugsamer egpaar kon vind: albei diakens van hul gemeente en steunpilare van hul kusgemeenskap met die asemrowende uitsigte op Tafelberg oorkant die blou water. Tydens eredienste in die NG kerk Melkbosstrand kon jy die aantreklike en welvarende Cloetes nie miskyk nie. Monique, met haar gladgestrykte swart lokke en skitterwit glimlag, het die aankondigings voor die diens behartig. Die charismatiese Jaco, met daardie tikkie grys aan sy slape, het Bybels uitgedeel en was altyd onder die voorsangers. “Jaco het tromme gespeel in die band, en as kerkraadslid was hy die voorsitter van die eiendomskommissie. Verder was hy ’n prima weldoener … As die kerk ’n braaier nodig het, dan gaan koop hy een. As ’n kragopwekker ontbreek, dan sorg hy,” vertel Pieter*, ’n jare lange…

f0006-01
6 min
hof toe oor my vrou se as

HY WAS in sy vroeë 40’s toe hulle mekaar ontmoet het. Hy is toe met die liefde van sy lewe getroud – en hul huwelik van vyf jaar kon beswaarlik gelukkiger gewees het. Stephanie* het saam met Oliver* opwindende wêreldreise aangepak en voluit geleef. En al het Stephanie ’n stram verhouding gehad met haar jong volwasse dogter uit ’n vorige huwelik, Zoey*, het die egpaar moeite gedoen om haar in hul lewe in te sluit. In Januarie vanjaar het Oliver (48) se lewe egter aan skerwe gespat. Stephanie (50) is weens komplikasies van covid oorlede. Maar die virus se vernietigingswerk het nog skaars begin … Kort ná Stephanie se dood het ook sy eie ma, skoonsuster en skoonma slagoffers van die covidpandemie geword. Stephanie en haar ma se gedenkdiens was op dieselfde dag,…

f0010-01
6 min
klippies vir ’n tikkie hoop

DIE jaarlikse herdenking van ’n geliefde se dood kan ’n pynlike ervaring wees wat jou wonde keer op keer oopkrap. Toe die eenjaarherdenking van haar dogter se dood nader kom, het Ronel Vermaak, ’n ma van Kaapstad, geweet dit gaan ’n tyd wees dat sy haar seer weer van voor af beleef. Maar dit was toe dat sy besluit het om haar dogter te eer deur dié dag in iets meer as net ’n dag van hartseer te omskep. Sy wou haar dogter se lewe vier, en gelyktydig vir ander hoop en troos bied. Twee maande voor dié dag het Ronel (51) daarom klippies met die hand begin versier. Sy het haar dogter Amorei se gunstelingaanhalings daarop geverf en daarna ’n reis van 400 km afgelê om die klippies op die plekke…

f0012-01
6 min
ma-wees: ek leef my droom

EENS op ’n tyd, nie so lank gelede nie, was daar ’n leemte in haar lewe wat sy getwyfel het sy ooit sou kon vul. In daardie eensame jare het Nadia Beukes haarself daarmee versoen dat sy haar waarskynlik in haar loopbaan as aktrise sal uitleef, maar sonder om ooit die vreugde van ma-wees te ervaar. Maar vandag lyk die prentjie van die lewe van die voormalige Boer soek ’n vrou-aanbieder en aktrise van Getroud met rugby- faam heel anders – dit is dié van ’n gelukkige gesinslewe saam met die man van haar drome en twee woelwaters net so blond soos sy. “Ek het baie lank baie eensaam gevoel; nou wens ek soms vir ’n stukkie alleentyd!” erken Nadia (38) en lag. Sy en haar man, David de Villiers (36), met wie…

f0014-01
7 min
ons trots: sa se goue meisie

SILWER én goud in die Olimpiese swembad op die Spele in Japan, en sommer ’n wêreldrekord daarby. Maar as jy so ’n paar jaar gelede vir Tatjana Schoenmaker (24) gesê het sy gaan goud op die volgende Olimpiese Spele wen, sou sy jou dalk nie geglo het nie, want dit was so hittete of sy het swem afgesweer toe sy nie vir die Spele in 2016 gekwalifiseer het nie. Dankie tog sy het nie … want nou gons dit oor Tatjana, ’n boorling van Roodepoort aan die Wes-Rand van Johannesburg, se sukses op die Spele. Sy het op 30 Julie die eerste vrou in die geskiedenis geword wat die 200 m-borsslag in minder as 2:19 kon voltooi, met ’n tyd van 2:18.95. Daarmee saam was die oorstelpte Tatjana ook die eerste Suid-Afrikaanse vrou wat…

f0016-01