Huisgenoot 19 Aug 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 25,60
R 998,40
51 Issues

in this issue

6 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘DIE ERGSTE WAS OM HEELTYD TE WONDER’ Liam Nortjé (2) is in 2017 deur sy pa, Nantes, ontvoer en vermoor. Nou het DNS-toetse bevestig dis Liam se oorskot wat langs ’n treinspoor gevind is Watter soort ouer doen iets so vreeslik – so wreed – aan sy eie, pragtige kind? Hy was so klein, weerloos en onskuldig. Sy pa is nou dood, maar ek weet hy sal moet rekenskap gee. Ek is so jammer vir sy mamma. ROCHELLE Hoe kon die pa sy eie pragtige kindjie vermoor? Wat was dit wat hom daartoe gedryf het? Ek het so gehoop dat die pa klein Liam vir iemand anders gegee om te versorg en dat sy mamma hom eendag wel sou opspoor. SOLVEIGH Weet net dat die pa sal moet rekenskap gee voor God. Hoe op dees…

f0004-02
1 min
redakteursbrief

EK LEES nou onlangs op die webtuiste van The Guardian ’n fassinerende artikel oor die amptelike dokumentêr wat gemaak is oor 1964 se Olimpiese Spele in Japan. Dié Spele is destyds beskou as ’n simbool van Japan se opstanding en herlewing ná die Tweede Wêreldoorlog met sy atoombomme oor Hirosjima en Nagasaki. Bull beskryf van die triomfantelike hoogtepunte in die Spele-fliek, maar ook van die intieme en soms hartverskeurende tonele, soos die een van Ahmed Issa, die enigste deelnemer van Tsjad. “Issa was an 800m runner who finished sixth in the second round, so didn’t make the final. Ichikawa shows him training alone, eating alone, competing alone, and, at one point, walking the busy streets alone. Among the footage of the bubbling crowds, between all the bromides about how the Games bring…

f0005-01
10 min
devilsdorp

DIS ’n reeksmoordriller uit die dieptes van die hel, so donker en ontstellend dat die duiwel self die draaiboekskrywer kon wees. Maar dis alles die grusame, verbysterende waarheid. Die moordkliek beheer deur die dominerende Cecilia Steyn het hulself “Electus per Deus” (Gekies deur God) genoem, maar duiwelswerk gedoen. Hul bloedspoor van 2012 tot 2016 staan in die Suid-Afrikaanse misdaadgeskiedenis opgeteken as die “afspraakmoorde” of die “Krugersdorp-reeksmoorde”. Die opspraakwekkende moordverhoor van die kliek van ses het die land met afgryse vervul. Elf slagoffers is vermoor tydens hul gewetenlose geweldstog deur-spek met ’n obsessie oor die okkulte. Dit was ’n boosheid só erg, baie mense wou eerder wegkyk en nie daarvan weet nie. Maar dit is dié donker verhaal wat aan die hart van die Wes-Rand afgespeel het wat nou opnuut oopgevlek word in die…

f0006-01
1 min
die speurder wat hulle vasgetrek het

Ben Booysen was sedert 2016 die hoofondersoekbeampte in die moordsake. In ’n stadium was hy ernstig siek, maar het uit sy hospitaalbed aanhou met werk. “Net die dood sou my kon weghou,” het hy destyds oor sy volgehoue speurwerk vertel. “Dis vir my vreeslik weird om myself op kamera te sien,” sê Ben, nou afgetree, oor Devilsdorp. “Ek like nie die kameras nie, maar terselfdertyd is dit hier teen die einde van my loopbaan ook ’n eer dat daar ’n dokumentêr gedoen word van ’n saak waarby ek betrokke was. Ek voel humbled.” Ben sê hy dink nie dit sal ooit vir hom moontlik wees om ten volle aan te beweeg van die saak nie, want waar hy kom, wil mense dit met hom bespreek. Dit het ook ’n emosionele impak op…

1 min
die man in die vervaardigerstoel

Wim het rede om trots te wees. Devilsdorp is die heel eerste Showmax Originalwaremisdaaddokkiereeks. Dis op Donderdag 29 Julie bekendgestel en met vyfsterresensies begroet. “Dis boaan die Showmax SA Top 20 en het ’n nuwe rekord opgestel vir die reeks op Showmax wat die meeste ure gekyk is in die eerste vier dae nadat dit uitgereik is,” sê Kevin Kriedemann van Showmax. Wim se span by Idea Candy is ook die vervaardigers van die laataand-aktualiteitsprogramme op kykNET, en hy vertel hulle was dus deurentyd bewus van die Krugersdorp-moorde omdat hulle gewoonlik op hoogte van die nuus bly. “Ons het geweet dit kan goed werk; dit kan ’n lekker storie wees.” Altesaam 18 maande se werk is in die projek ingesit. “Ons het deur al die artikels en hofstukke gewerk, ons het met al…

6 min
eindelik onskuldig

VAN jongs af het sy daarvan gedroom om eendag nes haar ma en ouma ’n onderwyseres te wees. Sy wou voor ’n klas staan, kinders hul talente help ontdek en ’n liefde vir die tale by hulle kweek. Maar ná 20 jaar in die onderwys het daardie droom in ’n nagmerrie ontaard toe Carin Pinkham daarvan beskuldig is dat sy vyf seuns in haar gr. 4-klas by die Laerskool Kommando op Brakpan aangerand het. Ná ’n spanningsvolle twee jaar sedert sy by die skool aangesê is om haar handsak te vat en te loop en later skuldig bevind en afgedank is, is sy onlangs op alle klagte vrygespreek. “My naam is deur die modder gesleep. Ek het vriende verloor, maar nie vir een enkele oomblik het ek dit oorweeg om op te hou…

f0010-01