Huisgenoot 26 Aug 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 25,60
R 998,40
51 Issues

in this issue

6 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 DIE HEKS EN HAAR MOORDKLIEK Die dokkie Devilsdorp – oor Cecilia Steyn, haar bende en die Krugersdorpmoorde – het die TV-kykende publiek omtrent aan die praat Dis vir my verbysterend hoe goedgelowig sommige mense kan wees. Dat een vrou nou soveel mense so kon manipuleer! Nee wat. Ek glo elkeen van hulle verdien al die straf wat na hulle kant toe kom. CHANTALL Wat my verstom: Wat dryf iemand soos Marinda, ’n opgeleide mens, om sulke wrede en koelbloedige moorde te pleeg – en boonop haar kinders daarby in te sleep? Sy het hul lewe verwoes. Wat gaan in haar kop aan? SONJA Waar is Cecilia se man en kinders? Hoe kon hulle niks weet wat in daardie woonstel gebeur het nie? En die polisieman wat daar gekuier het? Dis net ’n paar van my baie vrae.…

f0004-02
2 min
editor letter

EK HET nooit gedink ek sal hier skryf oor Barbie nie. As ek reg onthou, het ek net een van dié poppe gehad toe ek klein was. Sy het golwende hare, ’n dun middeltjie, lang bene en pienk klere gehad. Ek het min met haar gespeel, want ek het nie geweet wat om met haar te doen nie, en ek wou eerder lees, buite met my broers baljaar of lang stukke met my immer geselsende ma gesels. Barbie was, wel, dalk net té perfek vir my deurmekaar verbeeldingswêreld. Tog het sy ’n impak op my kinderselfbeeld gehad. ’n Pop soos Barbie is nie net ’n pop nie – dis die beeld van wat ’n vrou kan wees. Later het ek in boeke ander rolmodelle ontdek: Eers die parmantige Kobie in Maasdorp en die rabbedoe Saartjie,…

f0005-01
5 min
‘toe sien sy bloed’

OOR sy oogbank lê ’n litteken van 13 cm lank – ’n laaste, blywende herinnering aan ’n verwoede aanval waarin die hamerhoue op hom neergereën en sy oogbank oopgekloof is. Die bloed het daardie dag oor sy wang gestroom en van sy ken afgedrup. Sy aanvaller was geen inbreker wat op heterdaad betrap is nie; geen gewelddadige rower op straat nie. Nee, die hande wat om die steel van die vyfpondhamer geklem was, was dié van ’n vrou – een wat hy eens liefgehad het. As jy ’n paar jaar gelede vir James* sou sê dat hy ’n slagoffer van gendergeweld sou word, sou hy waarskynlik in ongeloof gegrinnik het “In daardie stadium het ek soos die meeste ander mense gedink genderSoms gebaseerde geweld word net teen vroue gepleeg,” vertel James in ’n…

f0006-01
1 min
ook mans loop deur

Veldtogte teen gendergebaseerde geweld fokus meestal op vroue, maar mans loop ook daaronder deur, sê Martin Pelders, die stigter van Matrix-Men in Randburg, ’n ondersteuningsgroep vir mans bo 18 jaar wat seksueel aangerand of fisiek mishandel word. “Ek kry tot vyf oproepe per maand van mans wat erg deur hul vrou fisiek geslaan en emosioneel afgekraak word. Hulle het nêrens heen om te gaan nie, want daar is geen veilige hawe vir hulle nie. “En die meeste mans weet as hulle uit die verhouding loop, sal hulle waarskynlik nie toesig oor hul kinders kry nie.” Hy vertel van ’n onlangse voorval toe ’n man se vrou hom met ’n mes gesteek en sy neus gebreek het. Met sy aankoms by die hospitaal wou die personeel dit nie glo nie.” Mense moet weet mans is ook…

7 min
waar is ons r6 miljoen?

HY WAS Suid-Afrika se goue seun van tennis. Op die baan het hy reuse soos Pete Sampras en André Agassi aangepak; en ook buite die kalkstrepe het hy harte verower met sy sproetgesigsjarme. Maar die afgelope jare wissel Wayne Ferreira (49) – deesdae ’n inwoner van Nashville in Amerika – houe met die Johannesburgse sakeman Norman Cherry (61) oor dié se belegging van byna R6 miljoen in Wayne se voormalige atmosferiesewatermaatskappy, EcoloBlue. Norman beweer hy is ingeloop en dat hy, selfs met die uitspraak van ’n Amerikaanse hof in sy guns, vergeefs sy geld probeer terugkry. Vandag verduidelik Norman aan Huisgenoot dis Wayne se legendariese passie wat hom sowat vyf jaar gelede oortuig het om in EcoloBlue se masjiene te belê wat water uit die atmosfeer ekstraheer. “Die konsep was fantasties en Wayne…

f0008-01
11 min
my nuwe seisoen

OP DIE plaas net langs ’n besige R21-hoofweg lê die bewyse van ’n koue winter oral om jou: Hoë bome staan blaarloos op die uitgestrekte vlaktes; in ’n kamp agter die ou plaashuis kou ’n groepie boerbokke aan droë gras. Alles is kleurloos – behalwe die duisende groen koolkoppe wat in netjiese rye net anderkant die huis geplant is. Vanoggend het Ruan Josh – nes elke ander oggend – weer skuins ná ses opgestaan. Met ’n beker koffie in die hand het hy in die koollandery gaan loop om te kyk vir rypskade van die vorige aand se koue, maar dié keer het iets hom getref. “Ek het hier in die koolland gestaan en skielik besef: Dís oorvloed,” sê Ruan (31). “Ek het besef die Here is hier teenwoordig – dat daar vir…

f0010-01