Huisgenoot 16 Sep 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
SPECIAL: Get 40% OFF with code: READ40
R 25,60
R 998,40
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘HELP! MY MEISIE SLAAN MY’ Baie mans wat deur vroue aangerand word, swyg daaroor uit skaamte. ’n Gautengse sakeman praat oor sy ontberings om so die stigma te besweer Ek is so jammer dat jy deur so iets moes gaan. Hou moed, die regte een sal oor jou pad kom. Vir haar wil ek net sê: Ek skaam my vir jou. Hoekom weerhou hy die vrou se naam? Mans moet teen haar gewaarsku word. AMANDA Ja, daar is vroue wat hul mans slaan, nes daar mans is wat hul vroue slaan. Dis ook verkeerd om vroue te verdedig wat dit doen. Dit is hoekom mans wat dit oorkom, stilbly, want hulle word óf uitgelag óf daarvoor blameer. Dis hartseer. SPOOK Daar is baie vroue wat hul mans aanrand. Dit is nie net mans wat hul…

f0004-02
9 min
ja, pas getroud – vir die 2de keer

VANDAG is hier g’n sprake van trousenuwees nie – die tweede keer is mos baie minder spannend as die eerste keer. Veral as jy weer met dieselfde vrou – jou lewensmaat van twee dekades – trou. “Lekker man, lekker!” sê die sanger en Kwêla-veldaanbieder Pieter Koen vrolik waar hy in sy swart troupak vir die kamera pronk. “Twintig jaar gelede het ek dieselfde ding gedoen!” Dis sowat twee uur voor sy trouseremonie, maar die bruidegom is so ontspanne soos kan kom. “Ek is so kalm soos ’n psalm!” sê Pieter. En dis geen wonder nie. Hy ken immers die vrou wat onder in die paadjie vir hom gaan wag deur en deur, en ná twee dekades as man en vrou weet hy (47) en Lotie (45) wat die getroude lewe behels. Dit is 20…

f0006-01
6 min
boerseun-liefde

WEKE lank al word gegis oor die geheimsinnige man aan die sjarmante boer se sy – die een wat in elke foto niks meer as net ’n skadufiguur bly nie. Almal wou weet: Wie is die kêrel oor wie boer Damian Engelbrecht van Boer soek ’n vrou-faam so koer? Die man aan wie hy op Instagram liefdesbriefies skryf wat lui: “Koffie op die stoep is soveel beter met jou hand in myne.” Maar wie dié man is wat hom so laat glimlag, wou Damian (39) nie verklap nie – tot nou. Vandag erken Damian in ’n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot trots: Hy is dolverlief op Flippie van den Berg (28), sy “doodnormale boerseun”. “Ek is ontsettend gelukkig en erg verlief op hom,” vertel Damian en gooi sy arm om Flippie, ’n onderwyser, se nek.…

f0010-01
10 min
spogskool se vrees vir hoof

’N GOEIE skool is aan die hart van ’n hegte gemeenskap. Dis waar jou kinders opgevoed en geslyp word om hulle die beste kans op sukses te gee wanneer hulle die wêreld as jong volwassenes binnevaar. Dit is waar goeie waardes en beginselvaste rigtingwysers vir die grootmenslewe ingeprent word. En aan die kern van ’n goeie skool is ’n toegewyde, gesonde onderwyserskorps – en ’n hoof wat sy span suksesvol kan lei. Dekades lank was die Hoërskool Eldoraigne dié skool in Centurion. Ouers het tougestaan om hul kinders daar in te skryf. Maar toe begin die uittog van onderwysers. En gou was die leerders ook blykbaar nie gelukkig nie. Sedert Januarie 2015 het 153 onderwysers by dié skool bedank – en dikwels nie vir groener weivelde in ander stede of provinsies nie. Minstens…

f0012-01
7 min
nog lank nie klaar nie

HAAR naam is afkomstig van die Griekse “philippos”, wat “’n liefde vir perde” beteken. En gesels jy met Philippa Johnson-Dwyer, besef jy gou: Perde is onlosmaaklik deel van haar lief en leed. Want elke keer dat die lewe haar afgegooi het, het sy altyd weer in die saal geklim. En daar was nie net een of twee moeilike terugslae nie; daar was sommer báie. Dié Paralimpiese ruiter se agtste plek in die finaal van die dressage-kompetisie by die Paralimpiese Spele in Tokio, Japan, was dalk nie die uitkoms waarop sy gehoop het nie. Tog was Philippa (46) net so verheug as toe sy in 2008 goud by die Spele in Beijing gewen het. Want ondanks al die terugslae in haar lewe bespeur jy nooit ’n sweempie swaarmoedigheid by dié boorling van…

f0016-01
6 min
afgemaai om te swyg

SY WAS die soort vrou wat haarself sou verontrief om ander by te staan; die soort mens wat enigiets vir haar naastes sou doen. Toe haar ouer broer en sy vrou ’n paar weke gelede siek word met covid-19, het Babita Deokaran hulle genooi om by háár huis te kom isoleer. Daar was niemand anders om na ouboet Sunil en sy vrou om te sien nie, het Babita gedink. Sy het meer as genoeg plek tuis gehad en het daarop aangedring om hulle te ondersteun terwyl hulle teen die siekte baklei. Maar ’n dubbele tragedie het ná daardie liefdesdaad afgespeel. En op ’n wrede manier het albei tragiese sterftes met die pandemie verband gehou, maar op verskillende maniere. Want Sunil het sy stryd teen covid-19 verloor, en nou, net weke later, is sy…

f0018-01