Huisgenoot 23 Sep 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 25,60
R 998,40
51 Issues

in this issue

1 min
teken in op huisgenoot

OP JOU VOORSTOEP OF OP JOU SKERM! OPSIE 1 GEDRUKTE TYDSKRIF R101,40 per maand DIE GEDRUKTE TYDSKRIF WORD WEEKLIKS BY JOU HUIS AFGELEWER OF VIR JOU GEPOS. OPSIE 2 DIGITAAL R99 per maand TOEGANG TOT HUISGENOOT.COM EN ONS E-TYDSKRIF OP JOU REKENAAR, TABLET OF SELFOON, ASOOK ALS OP NETWERK24. OPSIE 3 DRUK & DIGITAAL R176,39 per maand • DIE TYDSKRIF WORD WEEKLIKS BY JOU HUIS AFGELEWER OF VIR JOU GEPOS. • JY KRY OOK TOEGANG TOT HUISGENOOT.COM EN ONS VOLLEDIGE E-TYDSKRIF (WAT NES DIE GEDRUKTE TYDSKRIF LYK). • TOEGANG TOT BEELD, DIE BURGER, RAPPORT, VOLKSBLAD EN 27 PLAASLIKE KOERANTE IN ELEKTRONIESE FORMAAT. • ONBEPERKTE TOEGANG TOT DIGITALE TYDSKRIF-INHOUD EN 10 AFRIKAANSE TYDSKRIFTE IN ELEKTRONIESE FORMAAT. OM IN TE TEKEN SMS “Huisgenootplus” en jou naam na 32361. 087-353-1333 087-353-1300 intekenare.nuut@media24.com…

C0002-01
7 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘GELUKKIG EN DANKBAAR’ Sonja Herholdt het ook ’n moeilike jaar agter die rug. Maar met ’n nuwe liefde aan haar sy, waai daar weer goeie winde van verandering deur haar lewe Ek love jou nog so baie, Sonja! En ek is baie bly vir jou dat dit goed gaan. Jy is al deur so baie dinge in jou lewe, maar sonder dat jy gedurig daaroor in die open-baar gaan staan en kerm het. CHRISTIAAN Ek was al baie lief vir hierdie vrou toe ek nog maar ’n bog snuiter was. En ek is nog steeds. Ek kon haar stem ook nog altyd baie goed naboots. Mag jy net geluk, vreugde en vrede hê. KASHIFA Sonja, ek is so bly vir jou. Jy is so ’n spesiale mens en jy verdien alles van die mooiste en…

f0006-02
6 min
die wolke van bo af

DIT was ’n passie wat hulle saamgesnoer het met ’n band wat deur niks gebreek kon word nie – behalwe die dood. Vir die viermanskap het niks soveel vreugde gebring as om van hoog bo die wolke aarde toe te vryval nie. “Ons was soos broers,” sê Joggie Botma oor hom en sy medespringers, Hilmar Backer, Rudi Serfontein en Dylan Whitehair. “So ’n hoërisikosport laat ’n mens noue bande vorm – sterker as bloed.” Die tragedie wat op Sondag 5 September by ’n valskermklub naby Delmas, Mpumalanga, afgespeel het – toe Hilmar (44) in ’n fratsongeluk hoog bo in die lug gesterf het – het hulle in rou gedompel. Die drie oorlewendes van die avontuurlustige viermanskap treur oor hom soos oor ’n broer. “Daar is ’n een uit ’n miljoen kans vir so…

f0008-01
6 min
ons baba, weggeruk

IN DIE kas tref ’n sagte, grys olifant en ’n pienk Supergirl-speelpakkie jou oog. Teen die muur is haar naam in goue letters uitgespel: Milané. Vir haar ouers, Christo Grobler (34) en Adela Malan (24), was klein Milané se koms soos ’n wonderwerk nadat hulle in Januarie 2019 ’n baba verloor het. Adela was ses en ’n half maande swanger toe Christiaan, soos hulle hom genoem het, doodgebore is. Maar vandag hoor jy geen babageluidjies in die ruim woonstel waar haar babakamer ingerig is nie. Want op 31 Augustus, op die ouderdom van net sewe weke, is klein Milané dood aan covid-19. Adela klem gespanne aan haar foon vas. So asof sy hoop op die nuus dat dit alles ’n vreeslike misverstand was. “Ek skrik steeds saans wakker en vang myself dat…

f0010-01
1 min
hoe veilig is jou baba teen covid?

Dr. Shakti Pillay, ’n neonatoloog verbonde aan die Groote Schuurhospitaal, sê babas kan deur enige draer aangesteek word, selfs al is die persoon asimptomaties. Ernstige covid onder babas is seldsaam. “As ’n baba wel baie siek word, is daar waarskynlik ’n ander rede daarvoor eerder as die coronavirus self. Baie babas sal ligte of geen simptome toon nie. Die meeste babas herstel volkome. Al sal babas met die virus onder lede dit aan ander kan oordra, is die risiko baie laag wanneer goeie infeksiebeheer toegepas word.” Sy sê dit is noodsaaklik dat ouers alles moontlik doen om nie siek te word nie, soos om gereeld maskers te dra en hul hande te was. “Ouers moet enigiemand vermy wat hoes of nies. Ma’s wat self hoes moet ’n masker dra wanneer hulle borsvoed of…

11 min
‘my heelal in een mens’

JY SOU vandag ’n tjoepstil huis verwag het. ’n Klein mensie het immers net twee weke tevore hier sy opwagting gemaak en woon nou in dié huis met sy prentjiemooi uitsig op Houtbaai se hawe. En vir baba om te slaap, moet daar mos stilte wees? Maar nee, hier woon nóg twee klein lyfies, en hulle neem hul werk as waghonde wat baba en sy gesin beskerm ernstig op. Die yorkies Lizzie en Pepe blaf verwoed selfs nog voor jy ’n voet by die deur insit. Die geblaf pla baba Jack allermins. Hy lê snoesig teen sy ma se skouer en slaap toe die aktrise en Kwêla-aanbieder Therese Bam verskyn. Blond en beeldskoon, soos altyd, al hou die outjie háár snags soos enige baba uit die slaap. Hy lyk soos ’n engeltjie…

f0012-01