Huisgenoot 30 Sep 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 25,60
R 998,40
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 DIE DAG TOE DIE WÊRELD STEIER Dis 20 jaar sedert die verbysterende 9/11-terreuraanvalle in Amerika, en Suid-Afrikaners daar vertel van hul ervarings. Waar was jy? Ek was nog op skool. Die onderwysers het vreeslik rondgeskarrel daardie dag. Dis ’n dag wat niemand ooit sal vergeet nie. Ons het as 16-jariges daardie dag so verskriklik in die klaskamer gesit en huil. MAGDA My baas se dogter was in haar woonstel in New York toe sy hom bel. Sy het dit as ’n aardbewing beskryf. Die rook was dik. En die vrees wat daarmee saamgaan. Alles het gaan stilstaan. Dis ’n wond wat altyd sal bly. AMANDA Ek was in gr. 4 of 5. Ons was in die klaskamer en die hoof het ’n aankondiging gemaak oor die aanval dat ons asseblief vir Amerika moet bid. Ek…

f0010-02
7 min
ondenkbaar x 3

DIE drie pragtige blondekoppies op die foto steel dadelik jou hart. In die middel kniel die oudste sussie, Liane (6), en mik speels haar weggooikamera in die rigting van die fotograaf – haar pa, die ortopediese chirurg, Graham Dickason. Selfs agter haar gesigmasker blink haar oë van opgewondenheid. Aan weerskante van haar, elk met een voetjie vrolik-parmantig voor die ander, staan die tweeling, Maya en Karla (2). En styf in hul handjies vasgeklem is drie identiese, sagte kiwipoppe – die simbool van hul nuwe tuiste. In die regterhoek van die foto sien jy net die been en wit tekkie van nog ’n volwassene – waarskynlik dié van hul ma, Lauren (40), ’n mediese praktisyn. Die foto, geneem op ’n lughawe, spreek van opwinding oor ’n nuwe avontuur in Nieu-Seeland, waarheen dié oënskynlik…

f0012-01
10 min
bok en sy blaar weer bymekaar

‘ONS IS SO GOED WANNEER ONS BY MEKAAR IS, MAAR DIE LANGAFSTAND MAAK DIT MOEILIK’ HULLE is ’n droompaartjie – die Wêreldbeker-rugbyheld wat nie skroom om ’n prins in ’n swembroekie te ontmoet nie, en sy platop-die-aarde-Noord-Kaapse meisie. Trouens, die Springbokskrumskakel Faf de Klerk en Miné van Niekerk pas op die oog af so goed by mekaar met hul eenderse blonde lokke en skitterwit glimlagte dat hulle gereeld moet hoor hulle lyk soos broer en suster. Maar ’n langafstandverhouding in die tyd van die pandemie is geen grap nie, en ja, hulle het verlede jaar vir ’n ruk uitgemaak, erken Faf en Miné vandag. Met die Bok wat in Manchester, Engeland, rugby speel en woon, en Miné wat op Postmasburg as apteker werk en woon, was dit allermins aldag gelykpad. Maar ná ’n onlangse versoening…

f0014-01
6 min
my kamma-huwelik

VYFTIEN jaar lank was sy die gevangene van ’n huweliksmaat wat haar lewe hel gemaak het. Haar kans op geluk is verwoes, sy kon nie werk of selfs ’n eie rekening oopmaak nie. Dag ná dag, jaar in en jaar uit, het sy teen haar omstandighede getier, maar uitkoms was daar nie. Sy was radeloos en boonop in armoede gedompel. Toe, in Augustus vanjaar, breek die oomblik aan waarvoor Elize O’Brien (41) so lank geveg het: In die hooggeregshof in Pretoria is haar huwelik nietig verklaar. Haar verligting om weer vry te wees was onbeskryflik. Maar waarom dan soveel jare van drama voor sy eindelik geskei is? Hoekom nie vroeër nie? Die probleem, antwoord Elize, is dat sy getroud was met ’n man wat sy nog nooit ontmoet het nie – ’n gesiglose bedrieër…

f0018-01
1 min
hoe gebeur vals huwelike?

Binnelandse sake kry jaarliks met meer as 2 000 sulke gevalle te doen, sê Thomas Sigama, adjunk-direkteur-generaal. Dit gebeur in gevalle waar ’n korrupte amptenaar en ’n bedrieër saamwerk, of wanneer desperate werkloses hul dokumente en vertroulike inligting aan bedrieglike werwingsagentskappe oorhandig. Die departement het nou sy sekuriteit met ’n outomatiese biometriese toegangsbeheerstelsel verskerp. Dit sorg vir ekstra sekuriteitsfaktore soos vinger- en hakafdrukke, selfs die skandering van oë. Sedert dié opskerping kan huwelike by binnelandse sake ook nét geregistreer word wanneer albei partye teenwoordig is, sê Thomas.…

6 min
ek mis ‘daardie meisie’ van voor die skietery

DIS asof die honderde motoriste haar nie raaksien hier waar sy langs die besige pad staan en vreesbevange in die bek van die pistool vaskyk nie. Sy probeer om hulp skree, maar kan geen geluid uitkry nie. Die skoot klap oorverdowend… Dan, op presies dieselfde oomblik as soveel nagte tevore, skrik Carine van Staden (32) uit haar herhalende nagmerrie wakker. Natgesweet en angsbevange. “Dis ’n toneel wat oor en oor by my spook,” sê Carine. En elke keer voel dit soos die aaklige werklikheid – nes die oomblik vier jaar gelede toe ’n voormalige korporaal in die weermag, Jacob Marakalla, haar geskiet het. Ja, sy was gelukkig om te oorleef, maar haar durende trauma is ’n soort dood. “Ek leef dalk, maar ek is ’n skadu van die mens wat ek eens was.” Carine…

f0020-01