Huisgenoot 07 Oct 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 25,60
R 998,40
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 MA IS IN HEGTENIS NÁ KINDERS SE DOOD Graham Dickason het op die lyke van sy drie dogtertjies afgekom en sy vrou, Lauren, word aangekla van hul moord Ons bid aanmekaar vir dr. Graham Dickason daar in Nieu-Seeland. Hy is die beste dokter wat ek ken. Hy het soveel omgee en sagtheid in hom vir sy pasiënte. Wat ’n voorreg om hom eens te kon ontmoet en deur hom behandel te word. MARIKA Ek hou albei ouers en families in my gebede. Ek kan nie ’n oordeel vel nie, want ek weet nie wat in die ma se gemoed aangegaan het nie. Ek weet wel daar is geen groter liefde as dié van ’n moeder s’n nie. Iets het verskriklik skeefgeloop. VALERY Ons kan nie oordeel nie. Net daardie mamma sal weet hoekom en wat…

f0004-02
11 min
weg, die man wat my kom heelmaak

JARE lank het sy dié gewraakte woorde van haar aanvaller geglo: “Ek sal seker maak dat geen man ooit weer in jou belangstel nie.” En in die nege jaar sedert Ina Bonnette (52) van Modimolle in Januarie 2012 wreed deur haar eksman, Johan Kotzé, gemartel, geskend en verkrag is en hy haar ook laat verkrag het, wás dit toe so. Sy was die “slagoffer van die Modimolle-monster” – gebrandmerk en alleen. Maar toe gebeur die wonderwerk in April vanjaar. Riaan Grobler (57), ’n plaasbestuurder van Modimolle, stap haar kantoor en haar lewe binne en raak halsoorkop op haar verlief. “Ons het net gekliek. Ek het dadelik op my gemak gevoel by hom,” vertel Ina oor die man wat haar hart ná haar pynlike reis kom heelmaak het. Haar hare is vandag ’n natuurlike…

f0006-01
10 min
nie ons laurie nie

VIR hulle was sy net “liefste Laurie” – ’n toegewyde vrou en vriendin, en ’n ma wie se lewe om haar drie lieflike dogtertjies gedraai het. Sy was dit alles én nog meer, sê Lauren Dickason se hegste vriendinne. Maar ’n moordenaar? En dít van haar eie kinders? Dít sou niemand hulle ooit kon indink nie. “Ek verstaan nie wat gebeur het nie,” sê ’n verslae Hanli Hunt van Pretoria vandag. “Dis iets wat my met ’n groot vraagteken los.” Toe sy hoor Graham Dickason het op 16 September in die gesin se splinternuwe tuiste in die hawestad Timaru in Nieu-Seeland op klein Liane (6) en die tweeling Maya en Karla (2) se lewelose lyfies afgekom, was haar eerste vermoede dat hulle die slagoffers van ’n geweldsmisdaad was, vertel ’n hegte vriendin wat anoniem…

f0010-01
2 min
hoe sal die saak vorentoe verloop?

’n Dag ná die dood van haar drie kinders op 16 September is Lauren Dickason in hegtenis geneem. So sal die proses nou ingevolge Nieu-Seeland se strafregstelsel verloop: Waarneming Met haar eerste verskyning in die distrikshof in Timaru op 18 September is Lauren van moord aangekla en sy is vir psigiatriese evaluering na ’n kliniek in Christchurch verwys. Dit word gedoen om te bepaal of sy toerekeningsvatbaar was tydens die gebeure rondom die dood van haar kinders, sê Crispin Anderlini, ’n woordvoerder van Nieu-Seeland se departement van justisie. Daar sal ook vasgestel word of sy gegewe haar geestesgesondheid wel verhoor kan word, sê die Nieu-Seelandse regter Pippa Sinclair. Voor die verhoor Wanneer Lauren ná die waarneming weer op 5 Oktober in die hooggeregshof in Timaru verskyn, kan ’n datum vir haar moordverhoor reeds bepaal…

f0013-02
8 min
gereed vir ons grootste rolle nog

MET SY baard, breë glimlag en vonkelende oë het hy vroue reg oor die land laat swymel in die rol wat hom alombekend gemaak het. Die rol van die boerseun Hugo Derks in Huisgenoot se fliek Vergeet my nie was gemáák vir die akteur Sean-Marco Vorster. Maar nou staan hy reg vir die grootste rol van sy lewe – dié van pa. Hy droom al van kleins af hieroor, vertel ’n stralende Sean-Marco (29) vandag. ’n Klein mensie wat hom naboots en mettertyd sy of haar eie persoonlikheid sal kry. Iemand wat kan groot droom en, nes hy as kind, kaalvoet in die modder sal kan baljaar. “Ek wou nog altyd ’n pa wees, en ek het my altyd verbeel ek gaan ’n dogtertjie-pa wees, en kyk nou net … Ons verwag…

f0014-01
5 min
aweh, ôs taal se nuwe kraal

AFRIKAANS sit nie in ’n hoekie nie. Dit het baie kamers. En uit een daarvan klop sprekers ál harder aan om erkenning vir “ôs taal”. Al was Kaaps of Afrikaaps bedoel om “yt te sterf ”, het dit tog voortgeleef “innie angedrade stories vannie ou mense”, soos die bekroonde digter en vertaler Nathan Trantraal dit stel. En nou beleef Afrikaaps die blye dag dat dit die eerste keer in ’n woordeboek opgeneem word, saam met sogenaamde Standaardafrikaans en Engels. Oor dié projek vir ’n Drietalige Woordeboek van Kaaps (DWK), wat onlangs deur die departement van sport, kuns en kultuur goedgekeur is, is Nathan en die miljoene sprekers van Afrikaaps baie opgewonde. “Wan ’n mens kannie liewe in ’n anne mens se woorde nie,” skryf hy in sy bekroonde rubriek in die Sondagkoerant Rapport. En…

f0018-01