Huisgenoot 14 Oct 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 25,60
R 998,40
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 NS-MOORDE: WAS MA DEPRESSIEF? Lauren Dickason is in Nieu-Seeland aangekla van die moorde op haar dogters, Liane, Maya en Karla, nadat die gesin van Suid-Afrika soontoe geëmigreer het Depressie is ’n baie ernstige siekte. Sy was dood binne haar as sy dit gedoen het. So iemand het geen meer gevoel of enige simpatie met enigiemand nie. Jy is ’n robot. Mense wat wil oordeel, gaan vind uit van die donkerte van die siekte. FRANLISCA Onbehandelde kliniese depressie kan tot ernstige disfunksie en selfmoord lei. Vir enige ma om dít te doen, moes daar ’n breuk van die werklikheid gewees het. Sy sal vir die res van haar lewe met die verlies, blaam en hartseer moet saamleef. MELANI As jy nog nooit die dood as al uitweg gesien het, gaan op jou knieë om dankie te…

f0004-02
6 min
skuldig, my bloedsuster?

DONKER onweerswolke hang vandag laag oor die stofdorpie se windverwaaide grondpaaie. Op die horison flits weerligstrale; kort-kort weergalm ’n verdowende donderslag deur die uitgestrekte vlaktes. Hier op die voorstoep van ’n afgeleefde huisie op Oranjeville in die Vrystaat waai rukwinde alles vol rooi stof. Dis ’n mistroostige dag, en eintlik so gepas vir die storms wat ook in haar eie gemoed woed, sê Sanet Henderson (37). Net ’n week gelede, op 23 September, is die erg verminkte liggame van haar ma, Dottie van Staden (58), en oupa Johannes van Vuuren (80) in hierdie einste huis aangetref. Haar “sagte mammie” was vermink soos sy met ’n graaf doodgeslaan is; haar oupa se skedel vergruis toe hy met ’n staalemmer geslaan en met messe bygedam is. Die grusame moorde was maar die eerste van twee skokke wat…

f0006-01
6 min
boer hentie: my huisie by die see sonder my hantie

DIT het gelyk of hulle vir mekaar bedoel was, asof Hentie en Hantie pasmaats is – soos vinkel en koljander, soos verlief en verloof raak… Maar nou het die liefdesverhaal van die gewilde paartjie uit die 12de seisoen van Boer soek ’n vrou tot ’n einde gekom – en dis nie die gelukkige einde waarop kykers van die kykNET-maatsoekreeks gehoop het nie. Pleks daarvan dat Hentie Kruger (53) en Hantie Fourie (50) hul skapies bymekaarjaag, het hul paaie uitmekaargedraai. “Daar was nie drama nie,” sê die voormalige rooibosteeboer. “Ons verhouding het nie gewerk nie. Dis nie anders as ander paartjies daar buite nie. Die verskil is maar net dat ons in Boer soek ’n vrou was,” voeg hy by. Hantie, die blondine uit Pretoria op wie Hentie sy hart voor die TV-kameras verloor…

f0008-02
11 min
nóg vreugde met baba no. 2

‘EK VOEL SOOS DIE MEES GESEËNDE, GELUKKIGSTE VROU OP AARDE. AL MY DROME HET WAAR GEWORD’ DIE bedrywige krulkoppie se gesiggie is die ene verwondering terwyl sy met groot, nuuskierige oë kyk hoe haar ma se blonde lokke gestileer word. “Myne ook!” roep die kleinding opgewonde uit en gryp na die twee stywe bollatjies op haar kop. “Ek wil ook!” Dis oomblikke soos dié wat haar herinner hoe kosbaar ma-wees vir haar is, sê die aktrise Reandi Grey, klein Heidi (2) se trotse ma. En nou sien sy en haar man, Dewald, daarna uit om vroeg in die nuwe jaar nog ’n kindjie in hul huis en lewe te verwelkom. “Ek’s vyf maande swanger,” deel sy die nuus eksklusief met Huisgenoot. “Heidi gaan ’n sussie kry, en ons kan nie blyer wees nie.” Al is…

f0010-01
6 min
die donker kant van emigrasie

DAAR is ’n woord vir die seer wat daar in die verte in jou binneste kan kom sit nadat jy byna als wat jy ken en liefhet, moes groet. “Emigrasiedepressie”. Dis die verlange na jou mense; die verlange na jou land; die verlange na die lewe wat eens joune was. En dinge is so anders as wat jy gehoop het dit sou wees. Vir baie Suid-Afrikaners wat besluit om te emigreer bring dit wat hulle glo ’n uitkoms sou bied – die belofte van ’n nuwe toekoms in ’n land met minder uitdagings – soms ’n soort seer wat lank net nie wil wyk nie. ‘WANNEER JY EMIGREER EN NA SUID-AFRIKA VERLANG, VOEL DIT OF JY JOUSELF VERWERP HET’ “Ek het soms in my bed gelê en my bors letterlik vasgehou, want dit het…

f0014-01
1 min
raad van ’n emigrasiementor

Die sielkundige uitdagings wat emigrante ervaar, is die deel van die ysberg onder die water wat niemand sien of oor praat nie, sê Zarélsie van der Merwe, ’n emigrasiementor wat al 20 jaar in Nieu-Seeland woon. Haar onderneming steun emigrante vandat hulle die besluit neem om te emigreer tot hulle ingeburger is. Sy sê dis veral die emosie van oorweldiging wat emigrante telkens kelder. “Jy voel oorweldig omdat letterlik alles nuut en onbekend is. Van ’n nuwe taal, bome, plante, voëls, kultuur en sosiale byeenkomste tot die maniere waarop mense met jou interaksie het. Jy word gebombardeer met dinge wat buite jou gemaksone is en die klein dingetjies raak groot goed. “Ons praat van die vol-damsindroom. Jy moet alles wat jy ervaar, prosesseer, en daar is in ’n stadium net nie genoeg kapasiteit…