Huisgenoot 04 Nov 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 25,60
R 998,40
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 LAUREN DICKASON PLEIT ONSKULDIG Die dokter se regsverteenwoordiger het namens haar onskuldig gepleit op aanklagte dat sy haar drie dogters in Nieu-Seeland vermoor het Mense wat geen kennis van geestesgesondheid het nie, kan stilbly. Tel ’n boek oor die onderwerp op en lees. En bid dat, indien geestesteuring oor jul familie se pad kom, mense meer empatie sal toon. QUEEN JAE As sy wel skuldig is, ongeag die rede, moet sy boet. Om haar jammer te kry gaan nie haar kinders terugbring nie. Wag tot jul eie kinders iets oorkom, dan gesels ons weer. Dis onskuldige kinders wat ook ’n lewe gehad het. SORETHA Niemand van ons kan God speel nie. Die oordeel kom slegs vir Hom toe. So kom ons bid eerder vir mekaar. Ons almal het gebed nodig, want die duiwel loop heeltyd…

f0010-02
6 min
‘affairs’ van die vrou ‘wat alles had’

DIE son is skaars kooi toe, maar getrou aan sy reputasie gaan daar op die oog af bitter min aan op Pofadder. Die stofverwaaide strate is verlate, en in die enigste hotel is daar niemand om praatjies te maak met die kroegman nie. Maar in die binnekamers van die dorpshuise word steeds bespiegel oor die lot van ’n jong vrou en haar vermoorde man – en oor bewerings van ’n buite-egtelike verhouding. Dis nou net meer as ’n jaar sedert die lyk van Leon Brits (41), eienaar van die dorpshotel en boer, in die swembad van sy hoekhuis in Von Wiellighstraat gevind is. Sy moordenaars het hom met ’n mes gesteek; om sy nek was ’n hondeleiband waarmee hy klaarblyklik gewurg is. In dié deel van die Noord-Kaap ken almal vir almal. Die…

f0012-01
7 min
seks-trekpas: ‘dit was ’n komplot’

‘EK IS OOR EEN DING SEKER: MY MAN SOU NIÉ SO IETS DOEN NIE’ DIS asof sy al dae lank gevange gehou word deur haar eie seerkry. Lyne van smart is diep om die gryskopvrou se mondhoeke gekeep, en daar lê diep kringe om haar rooigehuilde oë. “Ek is absoluut stukkend,” sê Alicia Pieters (64) en glimlag wrang. “Ek het nie geweet dis menslik moontlik om deur soveel seer te leef nie.” Haar lewe as ’n predikantsvrou het eensklaps in ’n “duister, onwerklike nagmerrie” ontaard toe haar man, ds. Tewie Pieters (63) van die NG kerk Coligny-Oos, onlangs ná 10 jaar uit sy amp onthef is nadat ’n kerklike liggaam hom aan die oortreding van die sewende gebod – owerspel – skuldig bevind het. Die liggaam het ondersoek ingestel nadat die kerk beeldmateriaal bekom het…

f0014-01
6 min
verwoes deur die groot k – op 26

AS DIT nie vir die foto’s was nie, sou ’n mens skaars kon glo dat dieselfde vrou wat vandag dodelik siek hier sit eens as skoolmeisie die verhoog aan die brand kon dans. Dat sy op haar troudag ’n pragtige bruid was wat vol bruisende lewenslus aan haar man se sy gestaan het. Of dat sy geblom het as jong ma vir haar babaseuntjie. Maar nou moet jy diép in Carli van Aswegen se blou oë soek na die eens vrolike jong vrou. Op 26 berei Carli haar voor vir haar dood nadat sy net meer as ’n jaar gelede moes hoor sy het breinstamkanker. In Desember verlede jaar het dokters bevestig daar is niks meer wat hulle vir haar kan doen nie. “Ek is nie bang om dood te gaan nie,…

f0016-01
1 min
wat is ’n ependimoom?

Volgens prof. Michael Herbst, die Kankervereniging van Suid-Afrika se gesondheidspesialis, is ’n ependimoom ’n seldsame breingewas wat in die brein of rugmurg ontstaan en meestal onder kinders voorkom, hoewel dit ook in jong volwassenes gevind word. Die oorsake daarvan is onbekend. Simptome sluit gereelde hoofpyn, konvulsies, naarheid en braking asook onreëlmatige (rukkerige) bewegings van die oë, nekpyn en probleme met balans in. “Behandeling vir ’n nuut gediagnoseerde ependimoom bestaan gewoonlik uit chirurgie, met of sonder bestralingsterapie, en soms ook chemoterapie om enige moontlike oorblywende kankerselle te vernietig.” Oor die algemeen leef 84% van pasiënte langer as vyf jaar, maar dit hang af van die soort en die graad daarvan. “Die ouderdom en algemene gesondheid van die pasiënt beïnvloed ook dié oorlewingsyfer,” sê Michael.…

6 min
nie net meer ‘taliep se dogter’

MET ’n musieklegende-pa en ’n sangeres-ma was sy waarskynlik al van kleintyd vir die vermaakbedryf bestem– die talent het sommer diep in haar gene gesit. Tog was haar eie paadjie na roem ’n opdraande een voor sy eindelik as aktrise kon naam maak. Eers in die afgelope paar maande begin kykers van die kykNET-sepie Suidooster haar op straat herken en voorkeer en praat mense van haar as Jawaahier Petersen pleks van net “Taliep se dogter”. “Dit is vir my ’n vreemde ding, maar terselfdertyd laat dit my voel: Now I’ve stepped into my own,” sê die aktrise wat die rol van Kaashifa Mansour vertolk. “Ek dink soms dit is makliker vir mense om te sê Taliep se dogter, want Jawaahier is ’n moeilike naam om uit te spreek,” voeg sy by en lag en…

f0018-01