MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 GLANSPAARTJIE WEER LIEFIES NÁ DRAMA Dit het gebrom oor bewerings dat die rugbyspeler Jacques Potgieter rondloer, maar in aanlyn plasings lyk hy en sy vrou, Angelique, weer smoorverlief Maak nie saak wat nie: Hulle het besluit om hul huwelik te laat werk. Deesdae is dit te maklik om net aantebeweeg. Huwelike is harde werk; dis nie net vir opgee as dinge moeilik raak nie. CORNÉ Wat my pla, en ek praat nie van dié twee nie: Baie mense probeer so ’n front voorhou dat hulle gelukkig is, maar dan bars die borrel. Ons ken die lewe; dis nie elke dag maanskyn en rose nie. ANSIE Ek het dit mos so geroep! Daardie Instagram-“hack” en al sy foto’s wat so skielik verwyder is van al haar profiele af … Girl! Maar dankie tog. Eindelik iets anders…