Huisgenoot 18 Nov 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 25,60
R 998,40
51 Issues

in this issue

1 min
teken in op huisgenoot

OPSIE 1 GEDRUKTE TYDSKRIF R101,40 per maand DIE GEDRUKTE TYDSKRIF WORD WEEKLIKS B Y JOU HUIS AFGELEWER OF VIR JOU GEPOS. OF OPSIE 2 DIGITAAL R99 per maand TOEGANG TOT HUISGENOOT.COM EN ONS E-TYDSKRIF OP JOU REKENAAR, TABLET OF SELFOON, ASOOK ALS OP NETWERK24. OPSIE 3 DRUK & DIGIT AAL R176,39 per maand • DIE TYDSKRIF WORD WEEKLIKS BY JOU HUIS AFGELEWER OF VIR JOU GEPOS. • JY KRY OOK TOEGANG TOT HUISGENOOT.COM EN ONS VOLLEDIGE E-TYDSKRIF (WAT NES DIE GEDRUKTE TYDSKRIF LYK). • TOEGANG TOT BEELD, DIE BURGER, RAPPORT, VOLKSBLAD EN 27 PLAA SLIKE K OERANTE IN ELEKTRONIESE FORMAAT. • ONBEPERKTE TOEGANG TOT DIGITALE TYDSKRIF - INHOUD EN 10 AFRIKAANSE TYDSKRIFTE IN ELEKTRONIESE FORMAAT. OM IN TE TEKEN SMS “Huisgenootplus” en jou naam na 32361. 087-353-1333 087-353-1300 intekenare.nuut@media24.com…

C0002-01
8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘ONS GROOTSTE GESKENK’ Die koms van Bok van Blerk en sy vrou, Hanna, se derde kind sorg vir groot vreugde nadat dokters om die aktrise se lewe moes veg Baie geluk en voorspoed met die herstelproses. Elf jaar terug het ek dieselfde deurgemaak. Ek was onder spinale blok en het uitgebloei. Familie is gesê om te kom groet. Lewe hierdie tweede kans ten volle! ELIZE Baie geluk, Bok en Hanna, met die geboorte van jul pragtige dogtertjie. Hanna, ek is so bly dat jy beter is. Jy het so ’n mooi hart. Baie sterkte vorentoe, en mag jy en jou dogtertjie gesond bly. Liefdegroete. DIANE Baie geluk aan julle tweetjies met jul dogter se geboorte. Dit is nou ’n nuwe kans vir julle. Hanna, ek hoop jy herstel vinnig, en dat jy en Bok nou…

f0004-02
7 min
verdeeld oor oscar

DIT was ’n dag wat Barry en June Steenkamp geweet het vroeër of later sou aanbreek – die dag dat Oscar Pistorius sal uitstap uit die gevangenis waar hy sy vonnis vir die moord op hul dogter, Reeva, uitdien. En nou lyk dit asof daardie dag dalk veel vroeër kan kom as wat hulle verwag het. Hulle het gemeen minstens ’n dekade ná Reeva se skietdood op Valentynsdag 2013 sou verloop voor die tronkdeure voor haar skieter oopswaai, maar nou is daar sprake dat die voormalige Paralimpiese atleet moontlik vroeër op parool vrygelaat sal word. “June en Barry het nog altyd gesê die reg moet sy gang gaan. Hulle weet en verstaan dat enige oortreder ná ’n sekere tydperk in aanmerking kom vir parool. Hulle verstaan die reg. Maar hulle is steeds…

f0006-01
1 min
wanneer wink parool?

Die wet bepaal ’n gevangene kan vir parool in aanmerking kom wanneer die helfte van sy vonnis uitgedien is, sê die strafregkenner dr. Llewelyn Curlewis. Wanneer hierdie tydperk verby is, kan die gevangene ’n aansoek om parool voor die paroolraad bring. “Die paroolraad moet deskundige verslae inwin, soos dié van ’n maatskaplike werker, sielkundige en die hoof van die gevangenis. Al is dit nie noodwendig ’n bepalende faktor in die besluit oor parool nie, moet die oortreder ook voor die sitting met behulp van die departement met die slagoffers van sy misdaad in kontak kom.” ’n Sogenaamde slagoffer-oortreder-dialoog kan dan plaasvind. Wanneer die paroolsitting plaasvind, kan familie van die oortreder én die slagoffers insette lewer. Die paroolraad sal ’n aanbeveling maak aan die kommissaris van die gevangenis, wat op sy beurt weer ’n aanbeveling aan…

6 min
verpletter ná dubbele tragedie

WEENS werkvereistes het die twee verloofdes honderde kilometers uitmekaar gewerk en mekaar maar min gesien. Maklik was dit beslis nie, maar tog het hul liefde dié uitdagings oorkom. Op hul sosialemediaprofiele lyk Jason Jonker (26) en Rochelle Drury (24) van Bloemfontein dolgelukkig saam. En einde verlede jaar het hulle ouers geword van ’n oulike babaseun. Middel Oktober het hulle besluit om uitmekaar te gaan. Maar kort daarna het hulle besluit om wel hul vriendskap weer ’n kans te gee. En hulle het uitgesien na klein Deaan* se eerste verjaardag in Desember. Ook Rochelle se ouers, Pieter (54) en Myrtle (49) Drury, het uitgesien na hul kleinseun se verjaardag en ’n familiefeestyd. Maar toe gebeur die ondenkbare – en weens ’n dubbele tragedie is klein Deaan en sy boetie, Lukas* (3), nou wees. In die vroeë…

f0008-01
6 min
jolig ná ons swaar jaar

VIR ’n oomblik is dit asof Boet self hier voor jou sit en so half peinsend oor sy stoppelbaard vryf voor hy antwoord: “Ek weet hoe voel twee 5 L-kanne met water, en dis hoe die kinders nou vir my voel wanneer ek hulle ronddra …” Ian Roberts gee daardie bekende laggie, so asof hy pas weer die spot gedryf het met Swaer, sy medekarakter wat deur Norman Anstey gespeel is in toeka se Castrol-advertensies. Dit is eers wanneer die kleingoed skaterlag dat jy onthou julle is in die agterplaas van ’n Lydenburgse gastehuis en nie op die stoep van Boet en Swaer se Kalahari-motorherstelplekkie nie. En dit gaan jolig hier. Ian (69) en sy lewensmaat van die afgelope ses jaar, Francoinette le Roux (37), kyk laggend hoe hul tweeling, Ian-Keith en Lynn-Sophie…

f0010-01