Huisgenoot 25 Nov 2021

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 25,60
R 998,40
51 Issues

in this issue

8 min
menings oor stories op huisgenoot.com

1 ‘VAN RUSLAND, MET LIEFDE’ Daar was omtrent vonke toe die skoonhede van die VIA-reeks Ram vir ’n Rus opdaag. Sommige meen die manne moet eerder op eie werf romanse soek Die Russiese girls lyk dan niks lekke’ nie! Ek sou liewer op Ventersdorp uithang en braaibroodjies maak op Bles se musiek. Regte boere-ouens waardeer dit baie meer! MAVIS Een van my goeie vriende is met ’n Russiese vrou getroud. Teen alle verwagtings in is hulle nou al 10 jaar lank saam en baie gelukkig. Sy is so goed vir hom en hy vir haar. RINA Die “ramkatte” se Engels klink maar eisj. En as hulle nie eens ’n Suid-Afrikaanse meisie kan vasvat nie, hoe de duiwel gaan hulle dit met ’n Russiese wodka doen. MARINDA Lekker kykgenot en baie om oor te lag. Kan skaars wag vir…

f0010-02
6 min
‘god seën jou, oom’

HY WAS besig om sy winkel vir die aand toe te maak toe hy die hulproep hoor. Rendani Vhulade het eers gedink dis sy verbeelding – dit was al ná agt, en sy kitskosonderneming se kombuis was al gesluit. “Ek het eers gedink ek hoor verkeerd,” sê hy. “Toe ek by die hek kom, het ek vier Indiërseuns in skoolklere daar sien staan.” Dit het hom onkant betrap – dié orrelpypies met hul oop gesiggies op ’n plek waar ’n mens die vier seuns nie sou verwag nie. “Dit was reeds ’n verrassing, want ons sien nie dikwels Indiërmense hier nie,” verduidelik hy. Hy het sy meisie, Stephina Kulani Simango, gaan roep, en sy het dadelik besef wie die vier seuns is: die Moti-broers, Zidan (7), Zayyad (11), Alaan (13) en Zia (15)…

f0012-01
6 min
‘geestelik sterker ná rowwe tyd’

DIT is net ’n blitsbesoek, maar vir sy naastes is dit darem iets … Dit is vandag die eerste keer in 20 maande dat die charismatiese televisie-evangelis Andries Enslin weer in sy kerk instap; die eerste keer in 20 maande dat hy sy gemeente hier in die oë kyk. Ook die eerste keer in 20 maande dat hy by sy mense kuier nadat hy kort tevore hier op eie bodem geland het op ’n vlug uit Amerika, waar hy deesdae woon. Oor agt dae vlieg hy weer landuit, maar vir eers is hy hier. En een van sy groot behoeftes noudat hy tuis is? Om weer sy ma se blatjanghoender en haar sjokoladekoek te eet. So vertel sy ma, Barbara (80), wat saam met haar man, Andries sr. (79), van Mosselbaai af Alberton toe gereis…

f0014-01
9 min
my nuwe pad ná mej. wêreld

VIR die wêreld het sy gelyk soos die vrou wat alles het waarvan gewone sterflinge maar net kan droom. Sy was beeldskoon genoeg om eers as Mej. Suid-Afrika en toe as Mej. Wêreld van 2014 gekroon te word. Sy was briljant genoeg om die streng keuring vir mediese skool te slaag en toe reeds drie suksesvolle studiejare agter die blad te hê. En toe sy ná die glansryke jare as skoonheidskoningin haar mediese graad voltooi in dieselfde jaar dat haar eersteling gebore is, was dit duidelik Rolene Strauss is ’n raakvatter soos min. Maar juis toe sy haar babaseun geborsvoed het terwyl sy met ’n boek in die hand sit en studeer, het die knaende onsekerheid in haar binneste die oorhand gekry. “Ek het gevoel ek is nie ’n goed genoeg mamma nie, nie…

f0016-02
2 min
fw: hoe word hy onthou?

TOE die nuus bekend word dat oudpres. FW de Klerk dood is, was dit asof iemand die deur na ’n golf van gemengde gevoelens oopgesluit het. Al het hy in die laaste jare voor sy dood aan longkanker op 85 grotendeels uit die openbare oog verdwyn, het sy laaste asem op 11 November ’n stortvloed uiteenlopende stemme laat opklink. Hy was Suid-Afrika se oorgangspresident wat oplaas die dapper stap geneem het om Nelson Mandela ná 27 jaar in die tronk vry te laat, die verbod op die ANC op te hef en die eerste tree na ’n demokratiese, nuwe Suid-Afrika te neem, het sy voorstanders laat hoor. Hy was die laaste president van ’n rassistiese bestel en het nie genoeg gedoen om die vergrype en misdade van die apartheidsregime te ontbloot of…

f0020-01
2 min
die mense in sy lewe

TOE HY MARIKE ONTMOET, WAS DIT ‘WERKLIK LIEFDE MET DIE EERSTE OOGOPSLAG’ Frederik Willem de Klerk is op 18 Maart 1936 in Johannesburg gebore as die jongste van Jan en Corrie de Klerk se twee seuns. “Die politiek was in my bloed,” het hy in sy outobiografie, met die subtitel Die Laaste Trek: ’n Nuwe begin, geskryf. Sy oupa was Willem de Klerk, ’n teoloog en as jong man ’n krygsgevangene gedurende die Anglo-Boereoorlog, wat hom later as parlementslid verkiesbaar gestel het. Sy pa, Jan, was eers ’n onderwyser en skoolhoof, maar later ’n senior kabinetslid en president van die destydse senaat. Daarby was J.G. Strijdom, die NP-premier wat in 1954 aan bewind gekom het, sy oom. Jan het die jong FW dikwels na politieke vergaderings saamgeneem en hom aan “grootmensgeselskap” laat deelneem. FW…

f0021-01