MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 ‘SA SAL ALTYD IN MY HART WEES’ Ná ’n lang besoek aan haar geboorteland is die voormalige Suid-Afrikaanse swemmer prinses Charlene van Monaco terug na haar paleislewe Tot weersiens, Charlene. Alles van die beste vir jou, jou man, Albert, en jul lieflike kroos. In ons harte sal jy altyd ons Suid-Afrikaanse prinses wees, al is jy daar ver in die vreemde. Ons is so trots op jou. DELENE Daar is mos geen beter plek op aarde as jou eie huis nie. En natuurlik is jou huis ook waar jou hart is, en dit is in Monaco by jou pragtige kinders en jou man. Mag God jou seën. SELMA Ek is so bly dat Suid-Afrika nog steeds vir jou ’n bekoring inhou. Ons land is beslis die mooiste in die wêreld. Vergeet tog van die politiek…