MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 OSCAR SKRYF AAN REEVA SE OUERS Die voormalige Paralimpiese atleet, wat vroeër vanjaar vir parool in aanmerking gekom het, het ’n privaat brief aan die Steenkamps geskryf Oscar, ek glo nog steeds in jou. Hou net jou kop hoog. Laat almal daar buite maar gal braak soos hulle wil. Want jy weet, en die Here weet, dat jou saak reg is met Hom. KITTY Oscar, jy het gedoen wat jy gedoen het, en jy sal altyd ’n moordenaar bly. Jy het daardie keuse gemaak, en daarom sal jy vir die res van jou lewe daarmee moet saamleef. QUINTIN Wat met Reeva gebeur het, is verskriklik; ek wens dit niemand toe nie. Vir haar ouers om gesond hier uit te kom, sal hulle moet kom op ’n punt waar hulle hom kan vergewe. CHARLENE Ek dink eerlikwaar Oscar…