MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 MOOI, MOOIER, MINKI! Van die eerste dag dat ons Minki van der Westhuizen leer ken het, het sy ons asem weggeslaan. Vandag lyk dié ma van drie nog net so beeldskoon. Minki is voorwaar ’n baie mooi mens – en dit van buite en ook van binne. Sy is waarlik besonders. Ek is absoluut mal oor haar. Sy is so ’n regte, egte mense-mens as wat jy maar sal kan hoop om te kry. DEBORA Ek het al die voorreg gehad om haar te ontmoet, al was dit dan ook danksy my beroep. Wat ’n beeld van ’n mens. Haar ma is net so mooi. En haar dogtertjies is ook ewe pragtig. Mooi bly mos maar mooi. LOUWTJIE Minki is beeldskoon op haar eie, natuurlike en onopgesmukte manier. Sy het eintlik glad nie baie grimering…