Huisgenoot Huisgenoot: Carmen Niehaus 100 beste resepte

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Weekly
R 25,60
R 998,40
51 Issues

in this issue

1 min
huisgenoot: carmen niehaus 100 beste resepte

Redakteur: Huisgenoot Yvonne Beyers Hoof: Handelsmerkuitbreidings en kreatiewe hoof Mari van der Berg Redakteur: Carmen Niehaus se 100 beste resepte Lara Atson Saamsteller Carmen Niehaus Eindredakteur Joan van Zyl Subredakteur Marthie Hand Voorblad-ontwerp Anton Sassenberg Ontwerper Elmarie Meyer Fotonavorser Jennifer Prime Produksiebestuurders Jacques du Plooy (hoof), Kurt Ohlson Produksiebestuurders Jacques du Plooy (hoof), Kurt Ohlson KOSSPAN Fotografie David Briers, Misha Jordaan, Megan Miller, Jacques Stander Stilering Carmen Niehaus, Sonja Jordt en Mari-Louis Guy Ontwikkeling, toets en bereiding van resepte Esther Malan, Carmen Petersen, Waleed Alexander en Hanje Niehaus VOORBLAD Foto Misha Jordaan Stilering Jarred de Kock Grimering Algria Ferreira Foto geneem by Cakebread-kosateljee, Vredehoek, Kaapstad MEDIA24 LEEFSTYL Hoof: Weeklikse Tydskrifte Nerisa Coetzee Afdeling-bedryfsbestuurder Edwina Lyners Kategoriebestuurder Armand Kasselman Kommersiële bestuurder Bea van der Vyver 011-217-3049 Nasionale advertensieverkope Wendy Clegg cleggy@mweb.co.za of 083-228-9025 Uitvoerende hoof: Media24 Ishmet Davidson Hoofbestuurder: Leefstyl en Nuus Minette Ferreira Hoofbestuurder: Leefstyl Nerisa Coetzee Finansiële hoof: Leefstyl Jameelah Conway…

1 min
voorwoord

TWEE-EN-DERTIG jaar. ’n Leeftyd lank. Wat ’n voorreg om vir daardie tydperk die kosredakteur te kon wees van die land se grootste tydskrifte, Huisgenoot en YOU. Vir my was die grootste lekkerte die bydrae watHuisgenoot se lesers altyd gelewer het. Die immergewilde Wenresepte met resepte wat lesers nog gepos het, is uitgebou na heerlike kosreise die land vol waarop ek vele uitstaande kokke op die mooiste plekke ontmoet het. Met die Huisgenoot-televisieprogramJy het ’n wenresep! het my paaie weer eens gekruis met wonderlike, begaafde kosmense. Ek het met vele gerekende sjefs in vroeë stadiums van hul loopbaan al kosstories gedoen – en hulle het nooit geskroom om hul geheime met my te deel nie. Tientalle assistente, stiliste, fotograwe en kookskool-studente het elkeen hul bydrae na die kookpot van dieHuisgenoot-toetskombuis gebring, waaruit…

f0003-01
6 min
5 sop-resepte

Ek is gek na sop, hetsy dik en bonkig of ’n geurige dun aftreksel in klein koppietjies geskink. As jong getroude met toe nog ietwat bedenklike vaardighede in die kombuis, was ’n pot sop dikwels my redding. Ek het dan mense oorgenooi vir ’n sopbuffet met allerhande lekkertes daarby. Ons het tog te gesellig gekuier, amper soos met desjare se fondue-aande. 1. WORTEL-PATATSOP MET GEKARAMELLISEERDE UIE Gerookte paprika gee dié sop ’n heerlike geur. LEWER 2,5 LITER BEREIDING: 15 MINUTE GAARMAAKTYD: 30 MINUTE SOP ◆ 30 ml (2 e) olyfolie◆ 1 ui, gekap◆ 2 knoffelhuisies, fyngedruk◆ 700 g wortels, geskil en opgesny◆ 300 g oranje patats, geskil en opgesny◆ 45 ml (3 e) balsemieke asyn◆ sout na smaak◆ 5 ml (1 t) elk komyn en koljander◆ 2 ml (½ t) paprika, gerook indien verkies◆ ’n groot hand…

f0004-01
6 min
4 ligte etes

1. BULGUR-RISOTTO MET SPEK Bulgur is ’n gebreekte volkoringgraan wat vooraf gekook word om vinniger gaar te word. Stampkoring of sorghum kan ook gebruik word, maar dit sal langer duur voor dit gaar is. GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 15 MINUTE GAARMAAKTYD: 20 MINUTE RISOTTO ◆ 2 klein uie, gekap◆ 125 g bladspek, in stukkies◆ gesny (opsioneel)◆ 2 knoffelhuisies, fyngedruk◆ 4 bruinsampioene, gekap◆ ’n bietjie olyfolie◆ 180 ml (¾ k) witwyn◆ 375 ml (1½ k) bulgur-OF◆ stampkoring OF sorghum◆ sowat 750 ml (3 k) groenteaftreksel◆ 50 g peperfetakaas◆ 60 ml (¼ k) elk gekapte◆ roket en koljanderblare◆ skil en sap van ½ suurlemoen AFRONDING ◆ 1 botterskorsie, in blokkies gesny en oondgebraai◆ 2-3 wiele ekstra peper-fetakaas◆ olyfolie◆ ekstra roket- en koljanderblare◆ OF mikrokruie 1 Risotto Braai die uie, spek (indien gebruik), knoffel en sampioene in die olie tot die…

f0009-01
2 min
2 pasta-geregte

By ons is pasta Saterdagmiddagkos. Dis vinnig en nie te vullend nie, sodat daar nog plek vir die aand se braai oorbly. In my koskas is daar altyd ’n paar pakke hol spaghetti (bucatini), tagliatelle of pappardelle, gemaak van 100 persent durumkoring. 1. PASTA MET OKKERNEUT-EN-BASILIEPESTO GENOEG VIR 3-4 MENSE BEREIDING: 10 MINUTE GAARMAAKTYD: 15 MINUTE PESTO ◆ 100 g okkerneute, grof gekap◆ 1 klein knoffelhuisie, gekap◆ 140 g basilieblare◆ 30 g pecorinokaas, gerasper◆ sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen◆ 375 ml (1½ k) ekstrasuiwer olyfolie PASTA ◆ 1 pak (500 g) skulpiepasta◆ 250 g langsteelbroccoli AFRONDING ◆ ekstra gekapte okkerneute en basilieblare◆ gerasperde pecorino 1 Pesto Verwerk die okkerneute en knoffel in ’n voedselverwerker tot effens grof gekap. Voeg die basilie en kaas by en kap fyn. Voegdie suurlemoensap en skil by.2 Voeg die olyfolie stadig deur die tuit…

f0013-01
3 min
2 pizza-idees

1. PIZZA MET ’N DUN KORS Dié metode vir die bak van “professionele” pizzas in jou gewone oond het ek by twee Johannesburgse kosmarkfoendi’s geleer. LEWER 4 PIZZAS BEREIDING: 30 MINUTE BAKTYD: 10 MINUTE KORS ◆ 5 x 250 ml (5 k) klipgemaalde witbroodmeel◆ 5 ml (1 t) suiker◆ 10 ml (2 t) sout◆ 1 pakkie (10 g) kitsgis◆ 500 ml (2 k) louwarm water◆ 45 ml (3 e) olyfolie◆ mieliemeel vir strooi TAMATIESOUS ◆ 700 g romatamaties, geskil en gekap◆ 175 g sondroë tamaties in vinaigrette, gekap◆ 5 ml (1 t) origanum BOLAAG ◆ mozzarellakaas, gerasper◆ fetakaas, maer spek, salami, chorizo-skyfies, biltong of parmaham, langsteelbroccoli, swartolywe, kersietamaties, rooi-uiskywe, babaspinasie, murgpampoentjies, kappertjiesaad/soetrissieblokkies, avokado en/of roket Voorverhit die oond tot 230 °C. Plaas 2 groot bakplate onderstebo in die oond om warm te word voor jy die pizzabasis bo-op plaas. 1 Kors Plaas…

f0015-01