RUS SAG, DAPPER VEGTER
HY WAS ’n man vir groot oomblikke, oomblikke van hoog vlieg en seer val. Maar telkens het hy die stof afgeskud, opgestaan en voortgebeur. Hy was immers Joost van der Westhuizen – rateltaai rugbyreus, aantreklike hartebreker, feilbare mens. In sy laaste oomblikke – as ’n uitgemergelde pasiënt – was hy net ’n skaduwee van die eens gespierde skrumskakel van 92 kg en 1,88 m. Tog het sy aanhangers bly hoop die voormalige Bokkaptein sou hulle weer verstom met die veggees wat hom deur soveel stormagtige tye in sy lewe gedra het. Maar toe breek die dag op 6 Februarie 2017 aan: Die terminale, verlammende motorneuronsiekte (MNS) waarteen hy jare lank so moedig geveg het, het die lewe van ’n Suid-Afrikaanse legende op 45-jarige leeftyd kortgeknip. Joost het reeds as laerskoolkannetjie in Pretoria op…