ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Crafts
Ideas

Ideas May 2016

Ideas is all about MAKING your world more beautiful. Packed with creative inspiration, fresh ideas, easy projects and step-by-step instructions, this magazine is the go-to guide for crafters, stitchcrafters, makers, cooks and DIY home decorators.

Read More
Country:
South Africa
Language:
English
Publisher:
IdeesFabriek
Frequency:
Bimonthly
SUBSCRIBE
R 330
6 Issues

in this issue

2 min.
van die redakteur

Die aantal hotelkamers sonder ’n bad gaan my verstand te bowe. As die trotse eienaar van krulhare wat met die geringste bietjie vog begin mince, soos ons Kapenaars graag sê, wil ek regtig nie staan en koes vir die water van bo nie. Ek wil boonop ná ’n stresvolle dag vol vergaderings en rondjaag in die verkeer net vir ’n rukkie ontspan in ’n geurige warm bad. Dalk is dit ’n vroueding, dié salige verhouding met ’n bad. Ek onthou hoe die vroue in ons gesin in die badkamer saamgekuier het terwyl een ná die ander bad, hoe ons drie op ’n ry in die koshuisbad gesit het met ons bene wat oor die rand hang, en hoe my beste vriendin op ’n hartbreekdag vir my ’n diep bad vol borrels…

4 min.
jou kalender vir mei

creativecalendarideas@gmail.com GEWILDE MARKTE • Die Wedgewood Family Market Ervaar die plattelandse lewe by dié kos-en-varsproduktemark wat op die tweede Saterdag van die maand van 9 vm. tot 2 nm. by die Wedgewood Golf and Country Estate in Port Elizabeth gehou word. Koop gebak, delivleise, ingemaakte produkte, jogurt, kase of boetiekbier, of loer in by een van die kostrokke. Toegang: R10 vir volwassenes, gratis vir kinders onder 12. Meer inligting: Soek Wedgewood Family Market op Facebook. • Die Woodmill Lifestyle Market Hierdie binnenshuise mark word van 5.30 nm. tot 10 nm. op die laaste Vrydag van die maand gehou by The Woodmill in Vredenburgweg, Stellenbosch. Bo en behalwe heerlike kos, drinkgoed en leefstylprodukte wag daar vintage-klere, leerhandsakke en dekoritems. Proe heerlike Indiese kos, Hollandse poffertjies of krokette, pannekoeke of ’n smoothie. Daar is ook musiek en…

1 min.
koop vars & plaaslik

DÍS IN SEISOEN IN MEI: Groente: Aartappels, beet, blaarkool, blaarslaai, blomkool, broccoli, brusselse spruite, ertjies, grasuie, groenbone, jerusalemartisjokke, komkommer, kool, murgpampoentjies, pampoen, patat, preie, radyse, rape, sampioene, seldery, skorsies, soetrissies, spinasie, tamaties, uie, witloof, witwortels, wortels. Vrugte: Appelliefies, avokado’s, koejawels, lemoene, papaja, piesangs, pynappel, suurlemoene. BLOMME BESKIKBAAR IN MEI: Angeliere, asters, barbertonse madeliefies, goueroede, gousblomme, Heliconia, inkalelies, irisse, kangaroepoot, krisante, leeubekkies, nerinas, Oosterse lelies, orgideë, papierblomme, pronkertjies, ridderspore, rose, sintjanskruid, sintjosefslelies, sonneblomme, stokrose, strelitzias, tjiekerientjees, tuberose, tulpe, veronikas.…

2 min.
leesgoed vir mei

Diana.Procter@media24.com HANDWERK & LEEFSTYL 50 lapblokprojekte – Ame Verso (Struik Leefstyl, R275) Lapblokke (fat quarters in Engels) is stukke materiaal van ’n kwartjaart groot wat dikwels in bondels verkoop word. Dié vinnige, maklike projekte sluit in idees vir dekor, bykomstighede, geskenke en meer – alles gemaak van lapblokke. Dis die ideale boek vir naaldwerkers met stapels lap wat wag om in kussingslope, teemusse, sakke, mandjies, speelmatte, kwilte en klere verander te word. Knitlandia – Clara Parkes (Adams Books, R200) Clara Parkes is ’n breiverslaafde wat haar reise herleef met dié boek oor hoe haar internasionale avonture haar kreatiwiteit gevoed het. Sy nooi lesers saam op 17 van haar onvergeetlikste reise – van die Yslandse fjords en ’n knus wolwinkeltjie in die 13de distrik van Parys tot ’n spinnery in Nieu-Mexiko. Al fokus sy op wat…

2 min.
blogs van die maand

the-kate-tin.blogspot.co.za Katelyn Williams sê kos is van kleins af al haar passie en ontvlugting. Sy is ‘een van daardie irriterende mense wat op agt al geweet het ek wil ’n sjef wees’ en beskryf haarself as die ‘ultimate food nerd’ met ’n abnormale groot versameling kookboeke en koekiedrukkers. Die blognaam The Kate Tin (’n woordspeling op haar naam) bevat al haar bakresepte en het haar twee jaar agtereenvolgens die prys vir die beste kosblog by die Suid-Afrikaanse Blogtoekennings in die sak gebring. onesheepishgirl.com Meredith Crawford is ’n gareliefhebber van Dallas, Texas, en haar blog is die plek waar sy haar liefde vir brei-, hekel-, borduur- en allerlei kleurryke handwerk deel. Meredith het haarself leer brei nadat sy The Friday night knitting club gelees het: ‘Ek was verslaaf nog voor ek my eerste steek…

4 min.
nuwe dinge

DEEL JOU NUUS! Nuwe winkels & handwerk: Dala Watts (dwatts@media24.com) Kosnuus: Louisa Holst (ideasmagazinefood@gmail.com) Dekor- en modenuus: Carin Smith (carin.smith@media24.com) JENEWER-TRIO Blaauwklippen het onlangs sy Triple Three Gins bekend gestel wat op die plaas gedistilleer word. Die 100% Juniper Berry spog met geure van essensiële ment-, dennenaald- en lemmetjie-olie en bonote van vanielje en roos. Sonryp lemoene en suurlemoene verleen geur aan die Citrus Infusion-jenewer, terwyl die African Botanicals-jenewer die ene boegoe, rooibos, naeltjies en seder- en dennehout is. Die bottels kos R300 elk. Jenewer is tans kaatjie van die drankiebaan – geniet dit net so, saam met tonikumwater, as ’n negroni of in ’n Martini. Gaan na blaauwklippen.com vir meer inligting. Tafelkuns Isabel Walsh ontwerp unieke tafeldoeke, lopers en kussings vir die huis of vir spesiale gesellighede. • Gaan loer na Isabel7 Tableware, Cushions etc op Facebook, of…