EXPLOREMY LIBRARY
Travel & Outdoor
Kamp en Karavaan

Kamp en Karavaan

April 2020

Join our specialist adventure writers as we explore by car, caravan and motorhome! Kamp en Karavaan visits hidden gems throughout southern Africa, provides technical 'how to' guides, gives exclusive tips and advice, reviews the latest camping must-haves, and much more - every month!

Country:
South Africa
Language:
English
Publisher:
Caravan Publications PTY LTD
Read More
SUBSCRIBE
R210
12 Issues

in this issue

2 min.
welkom

Wie glimlag nou? Onthou jy nog die dag verlede jaar toe jou vriende daar aangekom het net voordat jy byna al jou goed ingepak gehad het vir julle jaarlikse vakansie? Jy het met die Porta-Potti in een hand gestaan en 'n sak toiletware in die ander, en hulle was op die punt om na die fantastiese Maldive-eilande te vlieg, aan die ander kant van die wêreld. Nie meer nie – met die Koronavirus wat die wêreld byna al sy poorte laat sluit het, is dit jou beurt om die laaste te lag, want hulle sal vanjaar, of wie weet hoe lank nog, moet tuisbly. Julle sal egter kan koers kies na minder dig bevolkte bestemmings in jul eie akkommodasie.Jy sal in die vrye natuur wees waar daar minder kans is om…

1 min.
digitale redakteur

Na 'n onlangse stemming op ons Facebookblad, is dit duidelik dat baie van ons lesers mal is oor die bosveld. Ek reken dit is hoekom die skermgreep van die hiëna wat in die Onder-Sabieruskamp in die Kruger-wildtuin rondstap, en van die toervoertuig wat deur 'n renoster gejaag is, so gewild was. Diegene wat dit nie gesien het nie, kan gerus op ons sosialemediabladsye in hierdie uitgawe kyk.Ek wil 'n ieder en 'n elk van julle bedank wat die moeite gedoen het om ons op ons verskillende sosialemedia-platforms te kontak, sowel as op ons Forum. Dankie dat julle jul reisavonture met ons gedeel het deur ons op Instagram en Facebook te merk. Dit is wonderlik om te sien waar julle was, en wat julle doen. Gebruik die hutsmerk #caravanoutdoorlife as jy…

1 min.
nuusredakteur

Vandeesmaand het ek die voorreg gehad om ons pikswart (Cosmic black) Isuzu D-MAX-dubbelkajuit met bypassende swart wielvellings en ons sleepeenheid met sy lang Howling Moon tent na Slanghoek, een van die pragtigste oorde wat ek ooit besoek het, te neem. Hierdie oase in die Slanghoek-vallei behoort op enige kampeerder se wenslys te wees. Dit is ongetwyfeld 'n wonderlike bestemming. Verwag welige grasstaanplekke, 'n rivier wat deur die kampterrein vloei, swembaddens en volkome stilte – met jou eie stort en ablusiegeriewe. Jy sal vir seker 'n paar dae langer wil bly. Ons besoek Doringlaagte 'n lekker plek vir die hele gesin, met baie aktiwiteite vir oud en jonk. Wonderland is ons derde oord vir April, en hoewel dit 'n gesinsoord is, is dit hoofsaaklik 'n visvangvenue. By Wonderland is visvanggereedskap 'n…

5 min.
kampvuurpraatjies

KAMP EN KORONAVIRUS Om die verspreiding van die Koronavirus te voorkom, het die president enige byeenkoms of vergadering van meer as 100 mense verban. Beteken dit dat karavaanparke waar meer as 100 besoekers is, buite perke is? Moet karavaanparke sluit? Gill Saunder Hoewel ek nie 'n mediese praktisyn is nie, dink ek dit sal gek wees om dit te doen, op grond daarvan dat daar 'n gesonde hoeveelheid ruimte tussen staanplekke is wat sal voorkom dat besmetting plaasvind, en hoewel ablusiegeriewe gemeenskaplik is, is daar gewoonlik nie 'n groot aantal mense op 'n slag nie. Afgesien daarvan bevat baie ryhuise en karavane alles binne-in wat benodig word, self 'n eie toilet en wasbakke. Om kampvriende te soengroet en met die hand te groet, is tans taboe, maar 'n stamp met die elmboog of vuis,…

2 min.
kontak ons aanlyn

VAN ONS FORUM Elke maand sal die interessantste teks wat na ons Forum gepos is in die tydskrif gepubliseer word. As jy wil hê jou vraag, resensie van 'n bestemming, ens. moet gepubliseer word, sorg dat jy dit na die Forum op ons webwerf stuur. KAMPVUURPRAATJIES Inligting oor grondseile benodig Ek soek een van daardie werklik dik grondseile om onder ons tent te sit om te verhoed dat dorings onder ons seiltent gate in die vloer daarvan veroorsaak. Ek onthou dat daar jare gelede sulke "fancy" grondseile te koop was – dikkes waardeur sand kon val, maar dit nie deur die grondseil kon opkom boontoe nie. Ek vind dit egter nie nou in enige winkels of aanlyn nie. Mel D KARAVANE, RYHUISE EN SLEEPWAENS Karavaan Hoogte Ek wil 'n nuwe of tweedehandse karavaan in onberispelike toestand koop,…

2 min.
van ons facebook

ONS HET GEVRA, JULLE HET GESTEM Verkies jy 'n kampbestemming naby die strand, of eerder 'n kampsafari êrens in die bosveld? Neem my strand toe! 21,2% Bosveld vir my asseblief! 42,6% Ek hou ewe veel van albei 36 . ,2% Laataandbesoeker in die Onder-Sabie-ruskamp, in die Kruger-wildtuin Richard Grant, van Richard Grant Photography op Facebook, het 'n video op Facebook gedeel van, soos hy beskryf, 'n “Laataandbesoeker aan ons Onder-Sabie-kampplek, Maandag hierdie week (2 Maart 2020).” Die video is deur sy buurman, Bob, geneem wat 'n "trail cam"-bewegingsensor aan sy karavaan het. Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het egter gereageer, en gesê dat die kampbestuur en die veldwagter bewus is van hierdie hiëna, en dat hulle reeds 'n hok vir hom opgestel het om hom te probeer vang. Kyk op ons Facebookblad as…