ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Kuier

Kuier

22 Jul 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

3 min
vra dr. patricia

Covid-19 Vraag KOM REUKSINTUIG REG? My man kan steeds nie ruik ná hy Covid-19 gehad het laas maand nie. Gaan dit regkom? BEKOMMERD Antwoord BESTE BEKOMMERD Reukverlies is inderdaad een van die simptome van Covid-19 en kan jou lewensgehalte negatief beïnvloed omdat ruik en smaak belangrik is in alledaagse lewe. ’n Mens mis die heerlike aroma van koffie en reuke wat herinneringe opflikker soos vars gebakte brood.Dit is ook belangrik vir veiligheid omdat rook, gas en vrot kos gemis kanword. Dan is die feit dat dit afgemaak word as ’n onbenulligheid ook ’n groot irritasie.Gelukkig is daar heelparty mense in die Covid-19-era wat sal verstaan omdat hulle met dieselfde probleem sit. Dis voorwaar baie algemener as twee jaar gelede. Die mediese term vir reukverlies is anosmie en verminderde reukvermoë is hiposmie. Wat pasiënte eerstens wil weet, is wat die…

6 min
red en rek elke rand

Dit was’nrowwe jaar en sodra dit net lyk asof dinge beter gaan, slaan nóg ’n vlaag van corona-chaos die wêreld wat elke keer ons sakke ruk.Suid-Afrikaners raak al hoe armer soos die ekonomie sukkel om die mas op te kom. Volgens Statistieke Suid-die helfte van Suid-Afrika word ongeveer Afrikaanse gesinnee as arm geag, terwyl sowat 30% in die middelklas val. Volgens ’n Pew Research Center-studie verdien die Suid-Afrikaanse“middelklas” tussen R147 en R294 per dag terwyl die werklike“arm”of“lae”inkomsteklas op minder as R29 per dag oorleef. Studies dui egter daarop dat 34% (meer as ’n derde) vanSuid-Afrikaanse huishoudings uit die middelklas gaan sak en skuld is ’n groot faktor–met ’n toename van’nskok-kommerwekkende R33 kende en biljoen skuldrande net in 2020. En met die petrol-, elektrisiteit én kospryse wat net aanhou styg en styg, lyk…

5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Wat kan ek doen om ’n sticker se taai kol te verwyder wat nie wil weggaan op ’n kledingstuk nie? ANONIEM ANTWOORD Wat jy nodig het: Spons, stomp mes, spatula of ou bankkaart, sagte borseltjie (opsioneel), ou, wit handdoek, witasyn, prewash stain remover of vloeibare wasgoedseep. Stappe: 1. Voor jy begin, kyk na die kledingstuk se label om seker te maak jy kies die regte was-siklus. 2. Maak die witasyn warm in die microwave. Doop die spons daarin en druk dit oor die area uit waar die sticker-gom vassit tot dit deurweek en die asyn geabsorbeer is. Die gom behoort nou los te raak en op te rol sodat jy dit met die mes, spatula of bankkaart kan verwyder. 3. Spoel dit area uit met koue water en behandel die vlek met prewash stain remover…

7 min
die enigste uitweg

“Ek het genoeg gehad, Lionel. Los ons net uit…”Lionel se vrou, Tina, sit die foon in sy oor neer en hy kry ’n knop in sy keel. Hy het soveel hartseer gesaai in sy gesin se lewens. Hy kan hulle nie verkwalik dat hulle hom afgeskryf het nie. “Lionel… Nog twee minute,”kom dit oor sy gehoorstuk. Sy sorge moet vir eers agterbly. Soos gewoonlik. “Goeienaand, almal!”Die gehoor ontplof van ekstase toe hulle Lionel se fluweelstem hoor. Hy is dié Lionel Legend. Die een wat almal beny. Die een wat almal wil wees. Die een wat almal wil hê. Op die verhoog betower hy sy bewonderaars met die een liedjie ná die ander. Hy leef homself uit in ’n wêreld wat hom aanbid. Dit is hier op die verhoog waar hy die lewendigste…

10 min
kolbe lewe vir dié drie

Die beste rugbyspeler ter wêreld – dít is hoe Cheslin Kolbe (27) deesdae beskryf word. Cheslin is van Kraaifontein in die Kaap, maar woon deesdae in Frankryk. Mense kom van heinde en verre om hom op die rugbyveld te sien uitdraf en teen die einde van 2019 het hy reeds elke groot toekenning in Franse rugby verwerf. Tydens die Wêreldbeker in daardie jaar, het hy ook die beste drie van die seisoen gedruk. Die drie wat hy ter elfder ure teen Nieu-Seeland gedruk het, het hom ’n liefling onder Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners gemaak. Fast forward na 2021 (in 2020 het die pandemie die seisoen gekniehalter) en Cheslin gaan steeds van krag tot krag. Die Franse media beskryf hom as die beste oorsese speler in Frankryk se Top 14 (’n kompetisie) en hy is…

6 min
delta val sa aan

COVID-19 DELTA Suid-Afrika gaan tans gebuk onder die derde vlaag van Covid-19 en dis amper meer vreesaanjaend as vroeër, want die Delta-variant, wat vir die eerste keer in Indië opgemerk is, saai verwoesting en niemand kan voorspel hoe erg dinge nog gaan raak nie. Teen druktyd het dit woes gegaan in Gauteng, wat tans die meeste gevalle in Suid-Afrika tydens die derde vlaag het. Die skerp styging in die aantal positiewe gevalle het pres. Cyril Ramaphosa einde verlede maand genoop om die land na vlak 4 van die inperkings te skuif. Hoewel SA se inentingsprogram aan die gang is, vind dit nie vinnig genoeg plaas nie en die grootste deel van die bevolking is nog nie ingeënt nie. Teen 5 Julie was 3 459 660 mense reeds ingeënt. Dis amper 6% van die…