ZINIO logo

Kuier 3/18/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

6 min
hallo my kuier-mense,

Daar is nie ’n storie oor ’n kindermoord in hierdie uitgawe nie. Nie omdat ons nié onskuldige kinders sedert ons laaste uitgawe verloor het nie, ons kan doodeenvoudig net nie meer byhou met al die sake nie. En dan het die Corona-virus ook nog sy opwagting in die land gemaak! Eerlikwaar, dinge het lanklaas so sleg gegaan! Maar hier is ook ’n geleentheid vir Suid-Afrika, want die stryd teen geslagsgebaseerde geweld móét die nuwe struggle word. Dit baat mos nie ons het die beste Grondwet ter wêreld as ons heeltyd in vrees lewe nie. En ons weet klaar, as hierdie land se mense besluit tot hier toe nie en nie verder nie, kan ons nie net wette nie, maar ons hele toekoms verander. So dis nou die tyd dat ons saamstaan…

f0004-01
5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Hoe maak ’n mens ’n behoorlike to do-lys? Ek het al so baie probeer, maar kom nooit by alles uit nie en dan voel ek soos ’n mislukking. ANONIEM ANTWOORD ’n Geskrewe to do-lys is die heel beste manier om jou geheue, wat alreeds so moeg is, ’n blaaskans te gee. Gee elke item op jou lysie ’n tydsduur (hoe lank dit gaan vat), byvoorbeeld, vyf minute of 15 minute. As jy besef jy het ’n paar oomblikke beskikbaar, gaan gou deur die lysie en kyk watter ander take jy in jou beskikbare tyd kan klaarkry. Daar is ook to do apps soos Google Keep, waar jy ’n reminder kan stel of ander waar jy jou take volgens soort kan sorteer. BRON: DORNFEST, A. 2016. PARENT-HACKS. WORKMAN PUBLISHING: NEW YORK. WENK GESOEK Die…

f0006-01
5 min
gered & geseën

Uit die hoek van sy oë het hy die taxi sien aankom, maar dit was te laat om iets te doen. Die taxi was te vinnig en sy bakkie se remme te stadig. Toe hy homself weer kom kry, het hy net ’n groot slag gehoor en alles het begin draai. Toe hy vir ’n oomblik bykom, het hy net glas oral gesien en sirenes gehoor. Leo dos Santos (32) van Johannesburg se lewe sou nooit weer dieselfde wees ná daai dag vyf jaar gelede nie. Hy onthou dat hy vir ’n oomblik die opgefrommelde oorblyfsels van sy Nissan NP200 gesien het toe nooddienste hom in die ambulans laai en daarna was alles net stil. Die hele tyd nadat hy sy bewussyn verloor het, onthou hy net ’n beskermende lig rondom hom.…

f0008-01
10 min
sy omhels die soet én seer

Maak nie saak wat die redes vir jou egskeiding is, of hoe die padmet jou loop nie, dis nooit maklik nie. Die pyn bly dieselfde. DESIRÉ GARDNER Niemand trou om te skei nie, maar, soos die ou treffer lui:“sometimes love just ain’t enough”. Tot nog onlangs het Suidooster-aanhangers vasgenael voor die kassie gesit en kyk hoe Carmen en Rhafiek (gespeel deur Desiré Gardner en Irshaad Ally), se huwelik telkens dreig om uitmekaar te spat. Tog weet baie min mense dat Desiré (34) self deur haar eie persoonlike hartseer en deurmekaarspul gegaan het toe sy en haar eksman, Chris (37), se paaie verlede jaar geskei het. “Ek is nou op ’n goeie plek. Ek is baie blessed dat ek op die oomblik soveel geleenthede het.” Tog was dit ’n moeilike paadjie om die stukke van…

f0010-01
10 min
stukkendná aanvalop plaas

Spaar my net, ek pleit by julle. Spaar my lewe…” Só moes ’n bekende Vrystaatse sakevrou en boer tydens ’n plaasaanval om haar lewe pleit. Die trauma sit steeds rou in Mimie Jacobs (52) se oë wanneer sy terugdink en vertel van die aand toe sy in Februarie vanjaar op haar plaas buite Bloemfontein deur drie gewapende mans oorval, aangerand, gemartel en met die dood en verkragting gedreig is. Die merke aan haar arms, waar die booswigte haar met toue vasgebind het, is steeds twee weke ná die aanval sigbaar. Hoewel sy steeds vreesbevange is en sukkel om te slaap, is boer steeds in haar hart en gaan sy aanhou om te boer, kom wat wil. Mimie kom uit ’n trotse familie van boere. Haar pa, Piet Jacobs, was ’n boer in murg…

f0014-01
1 min
só het plaasaanvalle toegeneem

• Plaasaanvalle het in die afgelope tien jaar landwyd toegeneem. In 2010 was daar 115 aanvalle en 64 moorde. • In 2019 is 552 aanvalle aangemeld en bevestig – 27% meer as 2018. • Altesaam 57 moorde is in 2019 gepleeg, drie meer as in 2018. • Daar was tot dusver vanjaar 48 aanvalle landwyd, wat 7 plaasmoorde insluit. • In Januarie vanjaar was daar 15 plaasaanvalle en nie een moord nie. In Februarie was daar 21 aanvalle en 7 moorde. • Die Oos-Kaap het die swaarste in Februarie deurgeloop met drie moorde, gevolg deur Gauteng met twee, Kwa-Zulu-Natal en Limpopo met elkeen een plaasmoord. • Die meeste aanvalle was op ’n Donderdag (16%), gevolg deur Vrydag (16%), Saterdag (15%) en Dinsdag (15%). • Sowat 22% van plaasaanvalle word tussen 18:01 en 21:00 gepleeg; 20% tussen middernag…