ZINIO logo

Kuier 4/1/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

7 min
kuierhoekie

HALLO MY KUIER-MENSE, Die lewe soos ons dit geken het, sal nooit weer dieselfde wees nie. Die corona-virus is hier en dit gaan ons op maniere slaan wat ons voorheen nog net in flieks gesien het. Dis die nuwe normaal, al voel dit heeltemal abnormaal … In Suid-Afrika lyk dit asof ons nog in die eerste fase van besmetting is en dis klaar duidelik die virus gaan ’n hewige tol eis. En in hierdie geval is“ons”regtig almal, want die hele wêreld word geraak. En dit maak nie saak wie jy is of waar jy is nie, ons sal regtig almal ons deel moet doen om anderkant uit te kom. En die eerste ding wat ons almal móét doen, is om die erns van die saak te besef. Hoe meer mense wat wil…

f0004-01
5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Hoe kan ’n mens seker maak jou gesin (veral die kinders) bly gesond en veilig te midde van die corona-virus? ANONIEM ANTWOORD Met die wêreld wat tans gebuk gaan onder die gevreesde COVID-19 (corona-virus), is daar ’n paar goed wat jy kan doen om jouself en jou gesin te beskerm. Maak só: • Was jou hande gereeld vir ten minste 20 sekondes met seep en water of maak jou hande skoon met hand sanitiser wat minstens 60% alkohol bevat. • Probeer om minstens 1,8 m weg te staan van ander mense, veral as hulle nies of hoes (dit word social distancing genoem). Moet ook nie so na aan mense staan wanneer jy in ’n queue êrens staan nie. • Moenie aan jou oë, neus en mond vat nie. Die virus kan hier in jou liggaam…

f0006-01
9 min
sasha-lee op dietroon

EK HET BAIE PLANNE GEHAD WAT TOE SAAM MET DIE TITEL VERDWYN HET. SASHA-LEE OLIVIERDIT IS AAKLIG EN DIT IS MOEILIK OM DAN ONMIDDELLIK TE MOET SMILE EN MAAK ASOF ALLES OUKEI IS. SASHA-LEE OLIVIER Vr drie maande moes sy die hartseer en teleurstelling verwerk voordat haar droom om Mej. Suid-Afrika te word, uiteindelik waar geword het. En al het sy nie op Vrouedag verlede jaar met die kroon weggestap nie, het Sasha-Lee Olivier (26) haar oomblik gehad nadat Zozibini Tunzi gekroon is as Mej. Heelal en Sasha-Lee die titel moes oorneem. Hoewel Sasha-Lee bars van trots oor Zozi se kroning as die nuwe Mej. Heelal, het sy geweet dit sou groot skoene wees om as Mej. SA te vul en dis nie aldag maklik nie. Vir Sasha-Lee was die afgelope paar maande ’n…

f0008-01
14 min
corona dis ’n ramp!

Die skrikwekkende syfers vertel die storie van die coronapandemie wat binne enkele maande regoor die wêreld amok gesaai het. Honderdduisende is besmet, die dodetal styg elke minuut en die wêreldekonomie wankel erg. Die grootste stede in die wêreld lyk soos spookdorpe, lande sluit hul grense en daar is omtrent nie meer vliegtuie in die lug nie. Miljoene wêreldwyd moet tuis bly om te keer dat die nuwe corona-virus (COVID-19) verder versprei. COVID-19 is ’n hoogs aansteeklike respiratoriese siekte wat gepaardgaan met die virus wat as Severe Acute Respiratory Syndrome Coronavirus-2 (SARS-CoV-2) bekend staan. Die meeste skole is ook gesluit en na raming is meer as 850 miljoen leerders wêreldwyd tuis. Die bevestigde gevalle wêreldwyd trek by ’n kwartmiljoen en meer as 10 000 mense wêreldwyd het reeds die stryd teen COVID-19 verloor. Maar dit…

f0012-01
6 min
’n pa se pyn

Jy bring nie kinders in die lewe om jou te mishandel of seer te maak nie. Dwelms verander ons kinders. Dit verwoes nie net die gebruiker se lewe nie, nee, dit verwoes gesinne. Dit vernietig gesinne …” Dít is die hartseer woorde van Titus Swartz (54) van Robertson in die Boland nadat hy in Januarie in die gemak van sy eie huis deur sy 26-jarige tikverslaafde seun, Marco, aangeval is. Die pa en seun het gestry en kort voor lank het Marco ’n kokende pot kos van die stoof af gegryp en sy pa daarmee gegooi. En al is die bedroefde pa nou aan die herstel, vertel hy in ’n openhartige onderhoud met Kuier dat die pad na fisiese genesing veel makliker is as dié van geestelike genesing.“Ek is van die gelukkiges…

f0016-01
6 min
gevangene van velsiekte

Sorgvrye kinderdae is nie iets wat Cherish Adams (8) van Ravensmead in die noordelike voorstede van Kaapstad ken nie. Enkele dae ná haar geboorte is Cherish gediagnoseer met epidermolysis bullosa dystrophica. Dit is ’n baie seldsame velsiekte wat slegs een uit elke 50 000 mense aantas. Dit is gewoonlik oorerflik en daar is geen geneesmiddel of behandeling nie. Kinders met dié siekte word“butterfly children”genoem omdat hul velletjies letterlik so sag en broos soos ’n skoenlapper s’n is. Enige seerplekkie, of selfs as jy oor die vel vryf of krap, of as dit net te warm kry, veroorsaak dit ’n enorme blaas. Cherish se ma, Ellouise (39), vertel haar man, Jacques (53), het eerste opgelet iets is fout toe Cherish net twee dae oud was. “Toe ek in haar saal kom, sien ek haar vel…

f0018-01